top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Staan jy aan die begin van ‘n nuwe seisoen?
Die wêreld verander vinniger as wat ons kan aanpas. Soms kies ons vir verandering in ons lewens, maar ander kere kies dit ons. Net soos wat seisoene verander, is verandering in ons lewensseisoene onvermydelik.Die verandering kan opwindend of pynlik wees. 2026 kan dalk beteken dat jy van werk verander of dat jy nou ‘n nuwe seisoen as afgetredene beleef. Dalk is jou lewensmaat onlangs oorlede, of jy is geskei en jy moet nou aan die nuwe normaal gewoond raak. Julle het dalk na
Helena Smith
Dec 23, 2025


Dit gaan oor Jesus, nie oor ons nie
Die feesseisoen het reeds ’n paar weke gelede afgeskop, maar tans versnel dinge behoorlik. Tafels moet in gereedheid gebring word vir die groot Kersfeesete. Kos moet voorberei word en geskenke moet toegedraai word. Dis geen wonder dat hierdie dae vir party mense ’n spanningsvolle tyd is nie. Ma’s moet van vroeg tot laat vir familie en vriende regstaan; pa’s moet braai dat dit klap; kinders moet help huis skoonmaak… Miskien is dit nodig dat ons almal vandag net een tree terugs
Stephan Joubert
Dec 26, 2022


Lente
So met die lente in die lug en die bietjie somerhitte, wat ons beleef, voel dit altyd dié tyd van die jaar dat ek vir soveel dinge wil dankie sê. Ek is glad nie ‘n wintermens nie. Ek hiberneer, sit onder ‘n kombers, is onaktief, doen net wat ek moet doen en hoop die res sal sommer self gedoen word. Die oomblik wat die bome begin bot en die helder groen blare verskyn, voel dit asof daar skille van my lyf afval. Ek ontwaak so saam met die lente. Ek ontvries.
Marietjie Joubert
Oct 4, 2022


Wees op die regte Plek
“Location, location, location!” So sê eiendomsagente graag. Die regte adres is alles. Dit geld ook vir navolgers van die Here. Met name is die regte adres vir ons almal die Here se wingerd. In Lukas 13:6-9 vertel Jesus van hierdie wingerd waarvan Sy Vader die Eienaar is. Hyself is hier voltyds aan die werk as Tuinier. Hier sorg Jesus vir vrugte in oorvloed. Hier versorg Hy ook daardie een vyeboom wat nutteloos en sonder vrugte in die wingerd rondstaan. Jesus plaas sy eie repu
Stephan Joubert
Aug 27, 2020
bottom of page
