top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Fokus op nietighede
Hoe kan ons ophou tyd spandeer aan minder belangrike besonderhede? Ons spandeer ure aan onproduktiewe vergaderings. Ons lees honderde e-posse wat nie die probleem oplos nie. Dan, wanneer ons ‘n belangrike besluit moet neem, is daar nie genoeg tyd om daaraan te bestee nie. Hoe los ons dit op? Eerstens moet ons besef dat ons in nietighede vasgevang word. Daarna moet ons na strategieë kyk hoe om te verander na nuttige insette en tyd om dit te oorweeg.
Coen Slabber
Jul 22, 2020


Diep-luister leierskap in ‘n toon-dowe wêreld
Diep-Luister is een van die mees kritieke vaardighede wat leiers moet hê, en tog, om verskillende redes, het baie leiers dit eenvoudig nie. Hier praat ons dus nie net van luister omdat ons moet nie. Maar luister omdat ons ten volle teenwoordig is, wil leer, en nie net advies en wyshede wil uitdeel nie. Ek lees die ander dag ‘n twiet wat sê: “Some people don’t want to hear your opinion; they want to hear their opinion coming out of your mouth.”
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Jul 15, 2020


Leierskap in ‘n (post-) Korona wêreld
Dis al ‘n cliché. Almal sê dit. Niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Alles gaan anders wees. Dit weet ons nou al. Maar wat my frustreer is dat niemand praat oor presies wát anders gaan wees nie. Dalk is dit omdat ons self nog nie presies weet nie. Daar is egter beslis een saak wat meeste kenners oor eens is, wat anders gaan wees as vantevore, en dit is leierskap. Besigheidsleiers praat al lankal – reeds voor die huidige pandemie – van transformasie-leierskap, dit wil sê, l
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Jun 10, 2020


Hou jongmense in die kerk
Dit is algemene kennis dat jongmense, veral as hulle ouerhuis verlaat, nie meer enige verbintenis met ‘n kerk het nie. Tog is daar gemeentes wat daarin slaag om hulle jongmense te behou en selfs jongmense te trek. Wat hou jongmense in die kerk?
Coen Slabber
Jun 3, 2020


Besembos geleentheid in lockdown
Die wêreld het versnel. Jare se tegnologiese ontwrigting, politieke onstuimigheid, en werkplekke wat nie ‘n “offline” knoppie geken het nie, het ons uit asem gelos. Die stof lê dik op leiers se emosionele gesondheid- en veral dié in die kerk. Omtrent elke predikant is geïnteresseerd in afskaal, in Minimalisme, in eenvoud, of om soos Elia die fluistering in die windstilte te hoor of beleef. Maar die inperking het ‘n sterk ontnugtering vir baie leiers gebring: “we have made bus
Roedolf Botha en Ivor Swartz
May 13, 2020


Lesse vir kerkleiers van Martin Luther King Jr
Martin Luther King was seker een van die verdelendste leiers in die VSA. Sy bekende toespraak “I have a dream” word vandag aanvaar as ‘n waterskeidingstoespraak. Hy is later in Memphis vermoor.
Coen Slabber
May 6, 2020


Christene en die Korona-virus
Hierdie nuusbrief verskil van die gewone nuusbriewe. Prof N. T. Wright het ‘n brief in Time Magazine geskryf oor Christene en die Korona-virus. Omdat dit heelwat opslae gemaak het, het ek besluit om ‘n samevatting daarvan te maak. Weens sy klem op klaaglied/lament het ek oor ‘n artikel oor klaagliedere/lament aangeheg.
Coen Slabber
Apr 29, 2020


Hiersonder kan géén leier lei nie
Daar is inderdaad één onontbeerlike eienskap waaroor ‘n leier moet beskik om effektief te kan lei. In vorige briewe het ons gepraat van Gregory Berns se boek Iconoclast, waar hy veral praat oor drie karaktereienskappe van die mees effektiewe beïnvloeders in die geskiedenis. Eerstens het Berns gesê dat leiers realiteite letterlik anders sien en observeer as ander mense. Tweedens kan effektiewe leiers hulle eie vrees beheer en oorkom sodat hulle nie verlam word daardeur nie.
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Apr 8, 2020


Die digitale kerk
Kerkleiers is verward. Die vinnige verspreiding van die Koronavirus skep ‘n ekklesiologiese raaisel. Wat beteken dit om “kerk” te wees in ‘n tyd soos hierdie? Is dit werklik belangrik dat ons aanhou vergader te midde van die vrees en onsekerheid? As ons fisies aanhou vergader is ons vasberade of roekeloos?
Coen Slabber
Apr 1, 2020


Leierskap en vrees
Ek glo nie daar bestaan iets soos ‘n vreeslose leier nie. Eintlik weet ons almal dit maar niemand wil dit hardop sê of erken nie. In twee ve
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Mar 18, 2020


Jesus se radikale leierskap
Om mense te lei soos Jesus hulle gelei het is ingewikkeld, vereis wysheid en onderskeidingsvermoë. As ons na Jesus se leierskap kyk en ons vergelyk dit met ons Westerse model van kerkwees (groter, beter, meer, vinniger) sien ons radikale verskille.
Coen Slabber
Mar 4, 2020


Herwin jou selfrespek
Ons het tegnologie volledig in ons lewens aanvaar. Daar is geen tyd om stil te staan en hierdie verhouding te heroorweeg nie. Tegnologie het ons kultuur en manière verander. Selfrespek en etiket het uit ons lewens verdwyn – dit is nou nie meer slegte manière om aan die eettafel op jou foon te praat nie. Ons werk het nie meer ‘n plek of tyd in ons lewens nie. Ons is op roep vir enigeen enige tyd van die dag, ons is permanent verbind aan slegte base, veeleisende kliënte en verv
Coen Slabber
Feb 19, 2020


Die metaal van ‘n leier
Die Bybel leer ons dat leierskap ‘n gawe is. Maar wat maak ‘n leier ‘n leier? Mense is soms baie vining om dadelik te antwoord dat dit karak
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Feb 5, 2020


Die Messias
Vir baie mense is Kersfees nie volledig sonder dat hulle ‘n vertoning van Die Messias bygewoon het nie. George Frideric Handel het in sy dertigerjare van Duitsland na London verhuis. Handel het homself gesien as ‘n komponis van operamusiek. Maar die openbare belangstelling in operas het in Engeland getaan In 1741 het die mismoedige Handel gedink dat sy aftrede naby was. Hy staan voor ‘n beroepskrisis en baie mense het gedink dat hy na Duitsland sou terugkeer.
Coen Slabber
Jan 29, 2020


Die doel van invloed
Wat maak vir Jesus saak. Kyk na sy eerste preek. Ons kan nogal heelwat uit Lukas 4 van Jesus se prioriteite leer. Daar stel Hy die agenda vir die res van sy bediening. Jesus het gesê: die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig (Lukas 4:18 – 19).
Coen Slabber
Jan 22, 2020
bottom of page