top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Probeer is nie genoeg nie, geloof moet geoefen word
God is goed. Dit word helder en duidelik in die lewe dood en opstanding van Jesus gedemonstreer. Daarom wil ons ook goed wees. Goed soos Jesus. Trouens, Paulus stel dit uitdruklik dat ons vir goeie werke geroep is. (Ef 2:8-10). Ons besef dit; daarom probeer ons hard. “Ek probeer ...” is die woorde, wat mense dikwels vir my sê, wanneer hulle van ‘n sondige gewoonte, soos ‘n humeur-probleem, bewus raak, of soos ongeduld of sommer net suiwer selfsug. Maar wat ek ook dikwels sien
Roedolf Botha
Jun 17


Oppas vir geestelike mentalpause
Veels te min volwassenes hou lewenslank aan om op kreatiewe maniere te leer en te groei. Volgens die fisikus, Moshé Feldenkrais, leer die me
Stephan Joubert
Apr 15, 2024


Verwondering eerder as verwonding
Die Nobelpryswenner, Herman Hesse (1877-1962), het ’n mooi artikel oor skoenlappers geskryf, waarin hy ook oor verwondering en skoonheid nad
Stephan Joubert
Feb 12, 2024


Moenie dat nood jou leer bid nie, laat die Here jou leer
“Nood leer bid.” So lui die spreekwoord. Moenie dit met toe oë glo nie, want dan gaan jy altyd bid soos wat jy in tye van nood bid. Dan gaan al jou gebede eintlik net om jou eie nood draai. Of om jou behoeftes. Doen eerder wat Jesus se dissipels in Lukas 11 gedoen het. Gaan vra vir Jesus om jou te leer bid. Hy is die regte Leermeester. Hy sal vir jou die “Ons Vader”-gebed leer bid. Dan sal jy weet gebed gaan heel eerste oor God se eer en oor sy koninkryk. Dan sal jy elke dag
Stephan Joubert
Nov 24, 2022


Hou op om jou foute in die oë te kyk
“Ek moet ’n slag my foute in die oë kyk,” sê iemand tydens ’n gesprek. “Om wat daarmee te maak?” vra iemand anders. Hierdie vraag het ons almal onkant betrap. Oorhaastig raak ons dinge kwyt soos: “’n Mens moet leer uit jou foute.” Maar doen ons dit ooit? Leer ons regtig uit ons foute? Dan sou ons dit tog nie herhaal het nie. Kyk ons ooit ons probleme in die oë? Dan sou ons dit tog raakgesien het wanneer daardie einste foute weer voor ons oë opduik.
Stephan Joubert
Oct 6, 2022


Die Gees doen die oortuigingswerk, nie ek nie
Feite oortuig mense nie … nie altyd nie. Of genoegsaam nie! Een studie, wat ek gelees, het bevind dat pogings om mense met harde feite te probeer oortuig om hulle gedrag te verander, is sowat 3% effektief. Wanneer mense egter met empatie begelei word om hulle gedrag te verander, dan doen 37% dit. Dit geld ook wat Bybelse waarhede en inhoude betref. Ons hoef nie oor die waarheid te skree nie. Ons hoef nie al ons hoop te plaas op massas feite nie, selfs al is Bybelse feite nooi
Stephan Joubert
Mar 3, 2022


Om weg te stap van sukses
Ek het nie die universiteit verlaat en tussen gestremde mense gaan leef, omdat ek hulle wou help nie. Die eintlike rede hoekom ek dit gedoen het, is omdat ek beter leermeesters in my lewe nodig gehad het. Dit het die bekende skrywer, Henry Nouwen, gesê toe hy sy akademiese loopbaan opgeoffer het om as ’n priester gestremde mense gaan dien in die L’Arche Daybreak-gemeenskap in Ontario in Kanada. Dit het hy gedoen tot en met sy dood in 1996. Gewigtige woorde, dié van Nouwen. Go
Stephan Joubert
Nov 1, 2021


Dank daardie goor leermeesters af
Toe ek lees van ’n tennisspeler, wat sy afrigter afgedank het, dink ek daar’s ook ’n paar “leermeesters” in my lewe, wat finaal die trekpas moet kry. Ek praat eerstens van my foute. Vir te lank het ek die spreekwoord geglo: “’n Mens moet uit jou foute leer.” Hierdie leermeester het my eintlik wys gemaak ek moet aanhou foute maak om aan te hou leer. Of so-iets! Jesus vertel my van ’n baie beter Leermeester, die Heilige Gees. In Johannes 14:26 hoor ek Hy lei ons in die waarheid
Stephan Joubert
Aug 26, 2021


Van vervelig na opwindend
In 'n Australiese studie lees ek dat die gemiddelde mamma 228 vrae op 'n dag beantwoord. Kinders vra vrae. Hulle wil weet en leer. Vierjarige dogtertjies vra die meeste vrae, ongeveer 390 per dag. Mammas moet bronne van inligting wees en moet al die vrae kan beantwoord.
Marietjie Joubert
Oct 6, 2020
bottom of page
