top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Jy is toe al die tyd jouself
’n Paar koerante in die 1920’s het die storie vertel dat Charlie Chaplin een keer ingeskryf het vir ‘n kompetisie iewers in die VSA vir mense wat die meeste na Charlie Chaplin lyk. Een koerant het berig dat hy uiteindelik ’n 20ste plek losgeslaan het, maar ’n ander een het vertel dat hy 27ste gekom het. Hoe dit ook al sy, Charlie Chaplin lyk toe nie soos homself nie. Sulke dinge gebeur egter nie net in kompetisies nie.
Stephan Joubert
Jun 29, 2020


Ons bou nie ons lewens in ‘n fabriek nie
Ons lewe is nie ’n produk wat iewers in ‘n fabriek op ‘n vervoerband aanmekaar gesit word nie. Ons ontwerp dit nie haarfyn op ‘n tekenbord, en daarna bou ons dit stelselmatig van hierdie plan af nie. Ons lewens speel af in die regte lewe. Ons het al baie kere beleef ons maak ons planne, maar dan gebeur daar onvoorsiene dinge op die lewenspad. Daarom weet ons dat ons met God moet rekening hou.
Stephan Joubert
Jun 1, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


’n Vinnige meesterklas oor die liefde
God is liefde. Hy het ons heel eerste lief. Hy het ons al die pad lief. Dit kos Hom ’n kruis om sy liefde vir ons te wys. Die Here vra dat ons Hom terug moet liefhê met alles in ons. Ook vra Hy dat ons mekaar moet liefhê. Om lief te hê, behoort vir ons maklik te wees. Dit is tog deel van ons identiteit as kinders van God. As ons nie liefhet nie, dan maak ons ’n bespotting van God se liefde vir ons en ons geloof in Hom. Die eerste Johannesbrief sê sommer padlangs dat ons leuen
Stephan Joubert
May 4, 2020


Jy kies nie die kaarte nie, maar jy kies hoe jy speel
Do all you can, with what you have, in the time you have, in the place where you are - Nkosi Johnson het dit gesê. Hy is op 12 jarige ouderdom dood. Tot op daardie stadium was hy ’n kampvegter vir kinders wat HIV slagoffers is, soos hyself. Aan sy eie klein lyfie het hy beleef die lewe is nie regverdig nie. Ongelukkig was dit nog nooit regverdig nie. Dit sal ook nooit wees nie. Nie almal kry gelyke kanse nie. Nie alle kaarte in die pak is eweredig uitgedeel nie. Party mense d
Stephan Joubert
Apr 20, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020


Hierdie Vuur brand skoon
Vuur brand. Wie weet dit nie? Daarom speel mens nie met vuur nie. Dis lewensgevaarlik. Maar vuur maak soms ook skoon. Dit brand dooie dinge uit die pad. Op verrassende maniere is vuur soms die pad na nuwe lewe toe, soos op daardie oggend in Jerusalem toe hemelse vure skielik begin brand het. Toe die winde van verandering begin waai het, het die vure van vernuwing ook begin brand.
Stephan Joubert
Mar 13, 2020


Nuusmakers versus meningsvormers - kies jou kant!
Jare gelede het die redakteur van een koerant vir my gesê hy dink nie juis aan die kerk as meningsvormers nie. Hulle is egter nuuswaardig wa
Stephan Joubert
Feb 24, 2020


Toe skryf God ’n laaste eenlyner oor iemand
Die slotreël van ons eie lewensverhaal moet ’n goeie een wees. So wens ons almal. Maar partykeer is dit nie die geval nie
Stephan Joubert
Feb 13, 2020


Hou op om ’n lafaard met ’n gewete te wees
Een van die moeilikste dinge in die lewe is om te erken dat jy ’n lafaard is. Wag, daar’s nog iets erger - dit is om weet jy is ’n lafaard m
Stephan Joubert
Feb 6, 2020


Ken die verskil tussen dringendheid en gejaagdheid
Daar’s ’n verskil tussen dringende mense en gejaagde mense: Gejaagde mense verstaan hulle lewe in terme van eindelose take wat vir die Here
Stephan Joubert
Jan 23, 2020
bottom of page
