top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Alles in 'n naam
Gister ontmoet ek toe mos vir Khanyisa. Sy het ons bestelling vir ons ontbyt kom neem. Ons is besig met allerhande feesvierings. Ek voel altyd so in my skik as ek die betekenis van iemand se naam kan herken, want dit is gewoonlik lekker om dan daaroor te gesels. “You are the one who brings light wherever you go,” glimlag ek. Ja, sowaar, daar doen haar gesig presies dit. Dit is eers haar oë wat onmiddellik begin glinster. Dan breek haar mond trots oop en haar tande glinster sa
Siegfried Louw
Jan 11, 2022


Maak tee vir Christus!
Een van die grootste lesse van my lewe het ek as ‘n jong outjie by ‘n kerklike kongres geleer. ‘n Klompie belangrike sprekers het ons oor nuwe maniere van kerkwees toegespreek. Tussendeur het ‘n vriendelike tannie elke dag vir ons almal daar by die kongres tee gemaak. Op die laaste dag gaan sê een van my vriende toe vir haar dankie. Haar antwoord het hom (en my) skoongeboul: “Ag Meneer, ek het net een gawe by God ontvang en dis om lekker tee te maak. Daarom maak ek oral vir m
Stephan Joubert
Dec 24, 2021


Kom kyk wat is in Jesus se hand
Terwyl die dissipels besig was om weg te kruip agter geslote deure op daardie Sondagaand na Jesus se dood, daag Hyself by hulle op met ‘n oop hand, ‘n hand vol hemelse vrede. Soos wat dit die Joodse gebruik in daardie tyd was, sou Hy Sy regterhand in die lug opgesteek het, terwyl Hy Sy dissipels groet met die woorde: “Vrede vir julle!” Maak seker dat jy ook hier in Kersfeestyd Jesus se oop hand raaksien, Sy hand vol genade,liefde en beskerming. Dit is hierdie einste hand, wat
Stephan Joubert
Dec 23, 2021


Sien jy die arm, hartseer of eensame Jesus raak?
Agnes Bonxha Bojaxhiu, ‘n eenvoudige, maer, vroutjie vol plooie, is een van my rolmodelle. Sy is beter bekend as Moeder Teresa, ‘n non, wat in Indië onder siekes, armes en weeskinders gewerk het. Die omstandighede waarin sy gewerk het, was haglik en vuil. Soms het sy honger gely, omdat sy haar kos met die armes gedeel het. Toe iemand haar eenkeer vra waarom sy dit doen, het sy gesê: “Ek sien Jesus in elke mens. As ek iemand sien wat honger is, dink ek ek moet vir hom kos gee
Helena Smith
Dec 14, 2021


Jesus Christus: Vigilante of wetsgehoorsame?
Op ’n keer ry Jesus Christus Jerusalem op ʼn donkie binne. Paasfees is om die draai en Hy is op pad na sy Vader se huis. ’n Onaangename verrassing wag by die tempel: Duisende drom saam. Die lawaai is oorverdowend en die gejil en gekibbel maak aanbidding in die voorhof onmoontlik. Wie gee nou om of die heidene kan aanbid of nie? Woekeraars en verkopers verleen ’n vlooimarkagtige atmosfeer en almal is vrolik, in ’n vakansiebui.
Liezel Lüneburg
Nov 30, 2021


Al wat saak maak, is Christus
Om mense tevrede te hou, is een van die vermoeiendste dinge, wat daar is. Vra maar vir onderwysers, verkoopsassistente, leraars, werktuigkundiges, sjefs, tuinwerkers, huiswerkers … Baie mense is eintlik met niks tevrede nie. Jesus self het op ‘n dag in Matteus 11 gesê dat nóg Hyself, nóg Johannes die Doper dit kon regkry om mense tevrede te stel - nou hoe sal jy en ek dit dan ooit regkry? Maar dis gelukkig ook nie ons werk as ons Jesus se volgelinge is nie. Hy roep ons daarom
Stephan Joubert
Nov 26, 2021


Kry jou kop reg
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raaksieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s
Stephan Joubert
Nov 19, 2021


Moenie net vas vir Jesus nie, vier ook fees saam met Hom
“Vir wat is julle so liberaal?” Dit is eintlik wat die Fariseërs vir Jesus in Markus 2:18-22 vra, as hulle wil weet hoekom Sy eie dissipels nie vas nie. Toe Jesus op aarde was, was vasgebruike immers een van die heel belangrikste bewyse van mense se godsdienstigheid. Die Fariseërs het selfs twee dae per week gevas, vanaf sonop tot sononder. Op Maandae en Donderdae het hulle sonder kos klaargekom en met lang gesigte rondgeloop. Jesus en Sy dissipels se vrolike etes op daardie
Stephan Joubert
Oct 4, 2021


Leef binne-in Jesus se verhaal
Thomas Aquinas (1225 -1274) word beskou as een van belangrikste denkers en teoloë, wat die wêreld nog opgelewer het. Hy was legendaries vir sy harde werk en vir sy skerpsinnige nadenke. Sy nederigheid en sy toewyding aan God was ook wyd en syd bekend. Teen die einde van sy kort, maar invloedryke lewe, het Aquinas God egter so intens beleef dat hy nie woorde oorgehad het om hieroor te praat nie. Aquinas het die laaste paar maande van sy lewe in stilte deurgebring. Sommiges mee
Stephan Joubert
Sep 9, 2021


Bou jou lewe op Rots wat nooit wankel nie
“I’ll huff and I’ll puff and I’ll blow the house down.” Onthou jy nog wolf se bekende woorde, kort voordat hy twee van die drie varkies se huisies omgeblaas het wat van strooi gebou was? Maar die derde een se huisie was van steen gebou. Daarom was wolf se asem dié keer nie sterk genoeg nie. Nou ja, groot krisisse blaas deesdae kliphard aan wie weet hoeveel mense se lewenshuise. Baie se hoop word deur Covid, misdaad en armoede weggeblaas. Hulle geluk, drome en veiligheid gaan
Stephan Joubert
Sep 2, 2021


Hoe reageer jy as jou wêreld geskud word?
In Julie vanjaar is die inperkingsmaatreëls verskerp, daar was proteste en plundery in Kwazulu Natal en Gauteng en boonop was dit yskoud in die meeste dele van die land. Dit was nie net die spreekwoordelike storm in 'n teekoppie nie, dit was érg! In 'n groot gedeelte van Pretoria was daar toe ook 'n kragonderbreking gedurende een van die koudste weke van die dekade. Toe ek 'n vriendin, wat ook deur die kragonderbreking geraak is, vra hoe dit gaan, was haar ongelooflike posit
Helena Smith
Aug 24, 2021


Dinge wat Jesus gesê het, wat ons vergeet
Waarom noem julle My ‘Here, Here’ maar julle doen nie wat Ek sê nie? (Lukas 6:46). As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen. (Johannes 13:17)
Coen Slabber
Jul 21, 2021


Nuwe Hoop
Terwyl ek besig is om hierdie te skryf, staan die land se Covid 19-syfers in Gauteng op 47,7% uit ‘n 100 mense wat Covid-positief is. Dit is absoluut skrikwekkend en ontstellend. Ons ken almal iemand, wat in isolasie is. Ons is bang, onseker, kwaad, gefrustreerd, raadop, dalk siek of aan die herstel. Dalk is jy hartseer oor geliefdes, wat van jou weggeneem is! Ek voel ontneem van my sosiale lewe en my vriende.
Marietjie Joubert
Jul 13, 2021


Het Jesus dalk afgetree?
Toe ek een keer in my kinderdae vir my oupa vra wat hy doen, het hy geantwoord: “Nie te veel nie, want ek is met pensioen.” Ek het nie verstaan wat dit beteken nie. Toe verduidelik my oupa vir my dat hy afgetree het. Dadelik vra ek toe vir hom of Jesus ook op pensioen is. Hy wou weet hoekom ek so iets vra. Ek het toe verduidelik dat dominee vir ons vertel het Jesus se werk was afgehandel, nadat Hy aan die kruis gesterf het. “Dit is hoekom Hy nou met pensioen in die hemel moet
Stephan Joubert
Jun 14, 2021


Lei jy vanuit jou karakter, of jou gereedskap?
Wat ek hoor, wanneer ek na hierdie soberende aanhaling luister, is dat geestelike leiers se verhoudings met God so oppervlakkig is dat mense nie die hemel sien, hoor en voel, wanneer hulle met dié mense in aanraking kom nie. Ons Christene lei nie altyd vanuit ‘n ryk innerlike wêreld, wat aan die brand gesteek is deur die Heilige Gees nie. Buddhistiese leiers lei immers vanuit hulle innerlik gevormde karakter en diep spiritualiteit, terwyl die meeste Christen-leiers poog om te
Roedolf Botha
May 12, 2021


Hoe moet ons dit verstaan dat Jesus “na drie dae” opgestaan het uit die dood?
In Matteus 12 sê Jesus vir ’n klomp godsdienstige leiers, wat wondertekens van Hom vra, dat Hyself drie dae en drie nagte in die aarde se hart sal wees. Baie mense gebruik vandag hierdie woorde om die tydperk van die kruisiging en opstanding anders te bereken as hoe die Nuwe Testament dit doen. Hulle kom na vore met nuwe dae, waarop sowel die kruisiging as die opstanding plaasgevind het. Groot fout! Markus 15:42 beskryf die dag, waarop Jesus gekruisig is, glashelder in Grieks
Stephan Joubert
May 3, 2021


In die Here se nabyheid gee die spoke pad
‘n Vrou het een keer vir die Engelse digter, Samuel Taylor Coleridge, gevra of hy in spoke glo. Toe antwoord hy so ewe: “With truth and simplicity – no, madam. I have seen far too many myself.” Dit herinner my vir ’n oomblik ook aan die dissipels se reaksie in Matteus 14. Terwyl hulle in die middel van die nag in ’n storm op die See van Galilea vasgekeer is, kom Jesus op die water na hulle toe aangeloop. Hulle verwar Hom egter met een of ander spookagtige figuur uit die onder
Stephan Joubert
Apr 29, 2021


Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus
In “Prince Caspian,” die tweede boek in die Narnia-reeks van die bekende skrywer C. S. Lewis, vind daar ‘n mooi gesprek tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies in hierdie verhaal plaas. As sy vir Aslan na ‘n lang tyd raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan haar: “That is because you are older, little one.” “Is jy dan nie groter nie?” vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy: “I am not. But every year you gr
Stephan Joubert
Feb 25, 2021


Die Stormloper is naby
Een van die vroegste simbole wat die eerste Christene gebruik het, was dié van ’n visserskuit. Jesus se stilmaak van die storm en sy waterloop daar in Mattheus 14 was diep in hulle geheue ingeprent. Hulle het geweet die kerk is nie ’n veilige hawe doer eenkant, doer ver buite die storm nie. Hulle het geweet hulle almal was aan boord van ’n klein skuitjie op die stormsee van die lewe. En Jesus, hulle Heer, was steeds hier op die stormwaters aan die soek na drenkelinge orals ro
Stephan Joubert
Jan 21, 2021


Gekoop!
Paulus gebruik ‘n aantal aangrypende beelde oor Jesus en die Gees se werk in 1 Korinthiërs 6:18 - 20. Hy sê eerstens in vers 20 dat ons gekooptes is. Ons behoort nie langer aan onsself nie. Dis presies wat dit beteken as jy iets vir jouself gekoop het, nie waar nie? Dan is daardie item die eiendom van jouself as die nuwe eienaar. Nou ja, Jesus het ons op ‘n dag op die markplein van die sonde raakgeloop, toe ons bankrot in ons eie sondes daar uitgehang het. Toe het Hy ons met
Stephan Joubert
Jan 1, 2021


Bou Jesus se legkaart met jou lewe
Ons lewe is ook soos ‘n legkaart waaraan ons elke dag ’n paar stukkies bou. Dit is baie belangrik dat ons moet weet hoe die groter prentjie van hierdie legkaart waaraan ons bou lyk. As ons dít nie weet nie bou ons dalk vir jare lank aan ’n lewensdroom net om op ’n goeie dag agter te kom dit is toe al die tyd die verkeerde prentjie. Kom ons leer by die apostel Paulus. Hy het sy eie lewe se legkaart geskoei op Christus. In Filippense 2:5 - 11 deel hy hierdie visie van sy Heer,
Stephan Joubert
Dec 28, 2020
bottom of page
