top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Dit gaan oor Hom, nie oor my nie
Dit gaan nie oor jou nie! Ek praat van jou geloof. God werk nie vir jou nie. Nie eens jou gebede is geleenthede om allerlei opdragte aan Hom te gee oor wat Hy vir jou en ander moet doen nie. Dink mooi hieroor na, want te veel mense, wat ek ken, loop deesdae dikmond oor God rond. Hy het hulle glo nie gehelp, toe Hy moes nie. Hy het nie die siekte weggevat of die misdadigers gekeer nie. Ook het Hy nie vinnig genoeg kos op hulle tafel gesit nie. Daarom dat hulle nou agteraf loop
Stephan Joubert
Apr 2, 2021


Ligloop vir vals vryhede
Die Gees het ons vrygemaak. Ons is lankal nie meer die mense, wat ons vroeër was nie. Gister se gemors is vir goed verby. Vandag is hier, die Here se vandag. Maar dit beteken nie ons het die vryheid om te doen wat ons wil nie. Allermins. Ook het ons nie die vryheid om ons nou besig te hou met beuselagtighede nie. Daarom kan ons nie, soos sommige Korintiërs, onsself troos met ‘n valse gerustheid dat alles nou wettig is vir ons nie. Want, sê Paulus, nie alles is noodwendig nutt
Stephan Joubert
Mar 26, 2021


Verandering is permanent
Na Paulus se tragiese beskrywing van sommige Christene se gedrag jeens mekaar in 1 Korintiërs 6:1-8, vertel hy hoe God in ons almal, wat gewas is in die bloed van die Lam, se lewens kom ingryp het. Nou is ons van ons tone tot by ons krone oorgemaak, nuutgemaak, gekoop, afgesonder en eenkant gesit vir die Here. Nou het die Gees ons kom verander tot die permanente uitstalvenster van die Here se genadegawes. Nou is ons anders, nuut, vars!
Stephan Joubert
Mar 19, 2021


Luister na die eggo’s van jou woorde
Het jy al in ‘n kloof gestaan en geluister na die eggo van jou eie woorde? Dit laat my net besef wat die effek van my woorde is. Sodra dit my lippe verlaat, eggo my woorde in ander se ore. My woorde het oneindige moontlikhede. Ek kan kies, soos die dwaas na wie Spreuke 12:18 verwys, om my woorde as messteke te gebruik om ander mense se lewe vol gate te maak, presies soos wat die Korintiërs aangevang het deur mekaar voor die hof te daag. Of ek kan kies, soos die wyse, om my wo
Stephan Joubert
Mar 12, 2021


Mobiliseer om die Groot Opdrag te voltooi
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees en hulle te leer om alles te onderhou, wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd . (Matteus 28:18 – 20)
Coen Slabber
Mar 10, 2021


Vry van bitterheid
Bitterheid byt jou twee keer… nee, eintlik sommer drie, vier, vyf maal … Dit gebeur die eerste keer as iemand jou skade aandoen; die tweede keer as jy dit onthou; die derde keer as jy met woede daaraan terugdink en die vyfde en twintigste keer as jy dit nogmaals in jou kop herhaal. Of dit dalk vir die dertigste keer oorvertel. Bitterheid maak jou ‘n slaaf van diegene wat jou benadeel het. Jy verander in hulle slagoffer. Dalk het hulle al lankal vergeet van die seer, wat hulle
Stephan Joubert
Mar 5, 2021


Vermy binnegevegte
Konflik is ‘n onnodige maar lastige probleem in die kerk. Soms is dit direk, openlik en ander kere weer onder die oppervlak, latent. Daar’s te veel hiervan in kerklike kringe. Dit hoort nie tussen Geesgevulde mense tuis nie. Nee, Christene hoef nie altyd saam te stem nie. Dis vals. Mense verskil een of ander tyd. Maar die vraag is hoe ons verskil. Gee ons aan mekaar ruimte om ons opinies te lug en op ‘n geestelik volwasse manier vir mekaar te sê ons stem nie saam nie? Of gaan
Stephan Joubert
Feb 26, 2021


Tempels moet soos tempels lyk!
Dit is belangrik dat ons vandag nog eens vir mekaar sê dat die Heilige Gees permanente en eksklusiewe regte op ons lewens het, omdat ons aan Christus behoort. Ons is Syne hier en nou en vir altyd. Hy is ons nuwe Eienaar, omdat Jesus ons tussen die sonde gaan uitsnuffel het en ons toe met sy kosbare bloed gekoop het. Van daardie oomblik af is ons lewens onder hemelse bestuur. God woon voltyds in ons. Daarom kan ons nie doen wat ons wil of leef soos ons wil nie. Die Here duld d
Stephan Joubert
Feb 19, 2021


Een met die Here
1 Korintiërs 6 is ‘n aangrypende hoofstuk. Dit vertel van die slegte dinge, wat daar in die Korintiër-gemeente gebeur het, soos dat sommiges hulle opgehou het met prostitusie. Dit het Paulus baie omgekrap. Daarom dat hy nou ‘n groot geestelike beginsel vir hulle leer, naamlik dat as Jesus jou gekoop het en die Gees sy intrek in jou lewe geneem het, dan is jy een met die Here. Dan is jy lewenslank Syne. Dan behoort nie net jou siel aan Hom nie, maar ook jou liggaam. Daarom dat
Stephan Joubert
Feb 12, 2021


Heiligheid wen
Te veel kere wen sonde in godsdienstiges se lewe. Ek moet eerlik wees, dis nie vir my lekker om gedurig in die koerante te lees van nog ‘n godsdienstige wat een of ander groot misstap begaan het nie. Die Gees verlang heiligheid in ons lewe. Hy verander ons van godsdienstiges tot voltydse, lojale navolgers van Jesus. Godsdiens en ware navolging van Christus is daarom nie een en dieselfde saak nie.
Stephan Joubert
Feb 5, 2021


Geniet ook die Gees se daaglikse versorging
My pa het dikwels vir my gesê: ‘Eet stadiger. Geniet jou kos!’ Ek het dikwels gewonder hoekom hy dit vir my sê, maar toe ek groter word, het ek opgelet hoe hy sy kos geniet. Dit was asof hy homself afgeskakel het van almal rondom hom, terwyl hy die tekstuur van elke happie kos geproe en veugdevol geëet het.
Stephan Joubert
Jan 29, 2021


Vier fees - die Gees is hier
‘n Amerikaanse navorsingspan het bevind dat wanneer ons gevoelens van frustrasie, woede of bitterheid ervaar, dan raak ons hartklop onreëlmatig, maar wanneer ons intense dankbaarheid beleef, dan is ons hartklop rustig. Gevoelens van dankbaarheid oefen ook ‘n kalmerende invloed op ons neurologiese en endokriene sisteme uit. Hoe groter ons gevoelens van vreugde is, hoe meer is ons totale menswees in resonansie. Dit beteken dat ons hartklop, bloeddruk, asemhaling, spysvertering
Stephan Joubert
Jan 22, 2021


Die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!
Die Here werk anders as aardse bouers. As Hy die dag die tender op jou lewe uitgereik het om daar te kom bou en die tender ook aanvaar, dan kan jy maar weet: Hy verskuif nooit weer nie! Die Here werk lewenslank aan elke aardse bouperseel van Hom. Nooit hou Hy op om te beitel aan jou lewe nie, ook nie aan ander Christene s’n, waar Hy reeds werkspersele ingerig het nie. Op elke gelowige se aardse bouperseel is daar ‘n permanente hemelse bouprojek aan die gang. Nuwe geestelike k
Stephan Joubert
Jan 15, 2021


Die tweede hemelse Spesialis
Hier’s ‘n tweede stukkie goeie nuus, saam met verlede week s’n dat Jesus ons op die markplein van die sonde kom koop het. Dit is dat, nadat Hy ons gekoop het, Hy ons dadelik oorgegee het in die hande van die spesialisnuutmaker binne die Drie-eenheid - die Heilige Gees.
Stephan Joubert
Jan 8, 2021


Gekoop!
Paulus gebruik ‘n aantal aangrypende beelde oor Jesus en die Gees se werk in 1 Korinthiërs 6:18 - 20. Hy sê eerstens in vers 20 dat ons gekooptes is. Ons behoort nie langer aan onsself nie. Dis presies wat dit beteken as jy iets vir jouself gekoop het, nie waar nie? Dan is daardie item die eiendom van jouself as die nuwe eienaar. Nou ja, Jesus het ons op ‘n dag op die markplein van die sonde raakgeloop, toe ons bankrot in ons eie sondes daar uitgehang het. Toe het Hy ons met
Stephan Joubert
Jan 1, 2021


Al timmerend!
N. P. van Wyk Louw het iewers ’n aangrypende gedig oor ’n beiteltjie geskryf. Hierin vertel hy van ‘n klein beiteltjie wat aan ’n groot rots kap. Aanvanklik lyk dit nie asof die beiteltjie hond haaraf met die stuk klip gaan maak nie. Dan, uit die bloute, breek dit in duisende stukke. Ongesiens het die aanhoudende gekap van die beitel sy werk gedoen. Die Heilige Gees werk ook so. Hy kap dikwels stilweg, maar aanhoudend in mense se lewens.
Stephan Joubert
Dec 25, 2020


Op die Gees se snykant
Ek het ‘n voorneme vir die res van my lewe: om daagliks saam met Paulus uit te roep: “Vir my is om te lewe Christus.” Ek wil hê die evangelie moet my slyp en ek wil op die snykante begin leef. Middelmatigheid moet verbode taal in my woordeskat wees. Ander se vreugde en nood moet my hartklop wees en integriteit voor God my voltydse passie. Nee, ek wil nie langer “redelik” wees nie, dan is ek maar net “redelik” toegewyd. Radikaal uitverkoop aan die Heer – dis wat van nou af in
Stephan Joubert
Dec 18, 2020


Ook vir eendag
Ja, natuurlik gebeur geloof hier en nou. Ons sit nie ydel in die kerk rond en wag op beter dae nie. Ons is elke dag besig om aan ‘n geestelike nalatenskap te werk, wat of navolgingswaardig is vir hulle rondom ons en hulle wat ná ons kom, of een wat liefs vergeet moet word.
Stephan Joubert
Dec 11, 2020


My geestelike nalatenskap
Watter geestelike erfporsie laat jy na aan almal, wat met jou te doen het? Teveel mense werk hulle morsdood om ‘n aardse erfporsie na te laat, wat slegs met materiële dinge te doen het. Wat laat ons egter na as navolgers van Jesus? Kyk net na die nalatenskap van Petrus en die ander apostels in Handelinge 5. Hulle lewens het getuig dat Christus die Here is. Dit het almal dadelik besiel.
Stephan Joubert
Dec 4, 2020


Maak ‘n verskil van een
Vandag is alweer op ons. Nee, dit het nie uit die bloute op ons afgekom nie. Ons het dit eintlik lankal sien aankom - gister reeds. Gaan dit ‘n opwindende dag wees? Gaan jy vandag die hele dag lank ‘n lewende verskil van een wees, soos Petrus en die ander apostels voor die Joodse Raad? Gaan jy in die Naam van die Here as ‘n een-man-weermag of ‘n een-vrou-weermag aanmeld?
Stephan Joubert
Nov 27, 2020


Dit kos guts om alleen te staan
Petrus se lewe na Pinksterdag was radikaal anders. Hy het dapper in die openbaar opgestaan om oor die Here Jesus te getuig, selfs voor die Joodse Raad! In die teenwoordigheid van al die Joodse leiers vertel hy van Jesus wat gesterf het, maar ook opgewek is. Petrus sê trouens dat hy nie anders kan as om te doen wat hy doen nie, omdat hy meer gehoorsaam aan God as aan mense moet wees. Ware woorde! Ongelukkig leef vele kerklikes hierdie woorde van vers 29 nie elke dag uit nie, w
Stephan Joubert
Nov 20, 2020
bottom of page
