top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


God kyk ons raak
Ander mense se oë is altyd op ons. Of ons in ‘n tou staan by die winkel en of ons in ‘n geselskap sit - ander sien raak wat ons sê en doen. Ons is altyd binne mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself darem ook nie aan elke liewe kyk te steur nie. As party mense ons uitkyk, of as hulle ons op en af kyk, of as hulle ons middeldeur kyk, of as hulle stukkend kyk, is dit nie nodig om eindelose stres hieroor te hê nie. Anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Apr 26, 2021


Gelukkig is die Here nie slegs per afspraak beskikbaar nie
“Mag jy ’n ontmoeting met die Here hê!” Dit word soms aan die begin van eredienste gesê. Maar dit help my nie so baie nie. Meen diegene...
Stephan Joubert
Sep 10, 2020


Die waarheid is ’n een-lyner lank
Eenlyners is baie gewild - daardie kort en kragtige uitsprake van een of ander bekende figuur wat jou ietwat anders oor die lewe laat...
Stephan Joubert
Sep 3, 2020


God sê iets moois oor ons
In Engels praat hulle van die “impostor syndrome,” die nabootser sindroom. Dit is daardie gevoel dat jy eintlik maar ’n klug is. Jy voel iemand gaan nog eendag jou bluf roep. Jy is toe nie so oulik, slim, suksesvol, gelowig, of wat ook al soos wat almal dalk dink nie. Jy voel altyd jy skiet te kort. Selfs ’n suksesvolle persoon soos Albert Einstein het soms so gevoel. Hy het een keer opgemerk: “I feel compelled to think of myself as an involuntary swindler.”
Stephan Joubert
Aug 17, 2020


God laat Homself vind
Die boek Job is juis ’n lewensgrootte worsteling met lyding en met God se rol hierbinne. Nadat Job self al sy kinders aan die dood verloor het, saam met al sy aardse besittings, worstel hy om sin te maak van die lewe en van God. Dan ontdek Job vir God op ’n nuwe manier in sy lyding. Hy loop in God vas, nie in rasionele antwoorde nie. Of is dit andersom? God loop in Job vas! Job ontdek dan dat die Here hom nie afgeskryf het nie. Hy leer God ken as die Een wat sy liefde en alma
Stephan Joubert
Jul 30, 2020


Een dag in die poskantoor…
“Die diens is goor,” kla iemand voor my in die ry by die poskantoor. Sy kyk na my in die hoop dat ek haar woorde sal beaam. Maar ek sê niks. Toe sit sy haar hoop op die mense agter my. Uiteindelik kry hulle ‘n kwaai gesprek van soorte aan die gang oor hoe dinge in die land agteruit gaan. Net toe dit lyk of die beswaarde dame ‘n klein paleisrewolusie op die been gebring het, is dit haar beurt by die toonbank. Sy praat kwaai en beduie met haar hande. Toe dit my beurt is, sien e
Stephan Joubert
Jun 15, 2020


Maak jou kop weer jou vriend
Jou kop is nie aldag jou beste vriend nie. Jou kop het allerlei onbewuste “padkaarte” wat jou lewe “programmeer.” Jy weet dit nie eens nie, maar baie van jou negatiewe gevoelens en emosies word hierdeur aangevuur. Jy moet ingryp op jou kop.
Stephan Joubert
Jun 11, 2020


My manifes vir Korona-tyd
Die Here is my Herder. Hy lei my deur elke donker vallei en langs elke groen weiveld. Ek laai graag ander se laste op my skouers. Dit gaan nie net oor myself in hierdie tyd nie. Omdat Christus my dra, is daar spasie vir ander mense in my lewe. Ek luister, bid en help graag waar ek kan.
Stephan Joubert
Jun 8, 2020


Kop eerste, woorde tweede
Iemand skryf iewers ons beursie is die laaste ding in ons lewe wat tot bekering kom. Dalk is daar iets wat nog moeiliker tot bekering kom. Ek praat van ons tong. Jakobus sê dis ontembaar en lewensgevaarlik. Ons woorde is wapens. Wag! Dit hang van onsself af of dit wapens van opbou is, of wapens van massa vernietiging. Die krag van opbouende taal, asook die gevare van mond-sondes word gereeld aangeroer in die Bybel. Ten minste moet jy die volgende doen(!) om jou tong te belyn
Stephan Joubert
May 28, 2020


Ken die verskil tussen dringendheid en gejaagdheid
Daar’s ’n verskil tussen dringende mense en gejaagde mense: Gejaagde mense verstaan hulle lewe in terme van eindelose take wat vir die Here
Stephan Joubert
Jan 23, 2020
bottom of page