top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie ’n geestelike dreigement wees nie
Jare lank wou ek graag nuwe dinge vir God doen. By elke kerkdiens het ek “alles op die altaar” geplaas. Ek het myself moedeloos op groot deurbrake gewag. Tussendeur het ek my ore uitgeleen aan almal, wat my gedreig het dat een of ander herlewing nog op pad is. Elke keer wanneer ek met al hierdie godsdienstige gewaggery ongeduldig geraak het, is ek daaraan herinner dat deurbrake op pad is. Maar dit was altyd net toekomstaal. Amper nooit het enigiemand in die teenwoordige tyd,
Stephan Joubert
Jul 17, 2023


God het geen kwotastelsel in plek nie
Jesus is God se Een-Man-soekgeselskap hier op aarde. Hy is dag en nag op die hakke van sy Vader se verlore eiendom, wat in die wind en die weer van sonde rondlê. Hy is ook op die hakke van al God se kinders,wat op slegte afdraaipaaie uithang. Wanneer Jesus dus ons naam en adres het, moet ons weet: ons kan hardloop, maar nooit weghardloop nie. Ons kan vlug, maar nooit wegvlug nie. Ons kan in ons eie oortredings rondkruip, maar nooit kan ons vir Jesus wegkruip nie.
Stephan Joubert
Jul 10, 2023


Vryheid
Die Gees en vryheid loop hand aan hand. Maar wat beteken hierdie vryheid presies? Paulus spel dit deur die loop van 2 Korintiërs 3 op verski
Stephan Joubert
Jun 30, 2023


Jou lewe word nie gebou in jou eie fabriek nie
Jy is nie die argitek van jou eie lewe nie. Jy het nie al jou lewensplanne eiehandig ontwerp nie. Jy het ook nie jou lewe in jou eie fabriek aanmekaar gesit nie. Nog minder speel jy gedurig eienaarbouer, wat leef soos wat dit jou pas. Jy is hier op aarde weens God se genade. Jy is hier omdat Hy dit so wil. Daarom vertrou jy jouself gedurig toe aan Sy Gees as bouer en as binnehuise versierder van jou lewe. Jy bou jou lewe dag vir dag op die Here as jou Rots, soos wat Jesus in
Stephan Joubert
Jun 1, 2023


Om te huil en te lag
Soms wil jy net huil oor al die sinnelose geweld en hartseer in die lewe. Jesus het dit regtig gedoen. Hy het op ‘n dag hardop gehuil oor ‘n
Stephan Joubert
Apr 7, 2023


Genade = die Gees Persoon-lik!
Nee, dis glad nie so volop in ons dag as wat ‘n mens dink nie! Ek praat van genade. Vra maar vir Maarten Luther, die groot hervormer, wat ja
Stephan Joubert
Mar 17, 2023


Klein dingetjies het ‘n groot impak
Iemand vertel my een keer van ‘n vriend van hom, wat ‘n besigheid gekoop het. Tot sy ontsteltenis vind hy uit dat die vorige eienaar nooit d
Stephan Joubert
Feb 24, 2023


God kom vir ons in 2023
’n Paar jaar gelede het Leif Peterson ’n aangrypende getuienis by die begrafnis van sy pa, Eugene Peterson, gelewer. Hy was onder andere die vertaler van “The Message” wat miljoene mense se lewens aangeraak het. Leif het vertel sy pa het eintlik net een boodskap gehad, wat hy gedurig op verskillende maniere oorgedra het. Elke aand as Eugene vir hom in sy kinderdae nag gesê het, het Eugene daardie een boodskap in Leif se oor gefluister: “God loves you. He's on your side. He's
Stephan Joubert
Jan 9, 2023


Moeg vir die gewone
Is jy moeg vir jou geloofslewe soos wat dit tans daar uitsien? Is dit vaal, vervelig en boonop ook hoogs voorspelbaar? Wel, dan is dit tyd d
Stephan Joubert
Dec 23, 2022


Teen die einde van die jaar is ek opnuut dankbaar vir genade
Ek is dankbaar vir die Here se genade. Altyd, maar veral in hierdie tyd. Vanjaar was lank en hard, maar ek is dankbaar dat God se getrouheid elke dag verlig het. Ek is dankbaar dat ek nooit in 2022 met God vir Sy hulp hoef te onderhandel het nie. Of dat ek nie enige teenprestasies aan Hom hoef te gelewer het in ruil vir Sy hulp nie. Of dat ek beloftes aan Hom hoef te gemaak het, wat ek moes nakom om Sy guns te behou nie. Ek is dankbaar dat ek vanjaar ’n teks soos Romeine 11:3
Stephan Joubert
Dec 8, 2022


Die goeie lewe
Hoe klink jou eie definisie van die goeie lewe; daardie soort lewe wat jou tuis laat voel? Wel, ‘n oorsese studie het onlangs bevind dat die gemiddelde persoon van veertig jaar die goeie lewe primêr identifiseer met groot huise, die regte motors; ‘n vakansiehuis en vakansies by eksotiese plekke. Vir die onder-veertigs hou die goeie lewe weer verband met die regte voorkoms, styl, voertuie, elektroniese speelgoed, en besoeke aan die regte uithangplekke.
Stephan Joubert
Dec 2, 2022


Van A-Z is my lewe genade-aangedrewe
Daardie goeie dinge, wat ons vir die Here moet doen, kry ons nie aldag gedoen nie. Ons struikel soms. Ons maak partykeer droog. Tog weet ons dit gee nooit aan ons die reg om in sondes rond te lê te nie. Inteendeel! Ons weet ons moet reg leef. Ons het geen verskoning as ons dit nie doen nie. Nogtans weet ons God het ons onvoorwaardelik lief. Daarom steun ons so swaar op Sy genade. Met alles in ons hou ons vas aan Hom, watons elke keer genadig is.
Stephan Joubert
Aug 11, 2022


Swak keuses wat jou naam skade doen
As Christen word ‘n mens soms onder ‘n vergrootglas dopgehou. Elke ding wat jy doen, word gesien en bespreek. Hierdie besprekings gaan definitief nie oor hoe oulik jy as Christen optree nie. Jy word aan flarde geskeur en nog geskop vir die doodskoot ook. Kortom, jou dade en optrede word dopgehou. Die slegte is dat ons verkeerde keuses maak en dan dra ons die gevolge van ons dade.
Marietjie Joubert
Aug 9, 2022


Die dwaasheid van die kruis is God se krag
As ekself ’n godsdiens moes uitdink, sou ek definitief nie die Christelike geloof uitgedink het nie. Jesus se aardse pad is net te vreemd, te vernederend, en te anders as dié van enige ander godsdiens. Paulus besef dit baie goed wanneer hy in 1 Korintiërs 1:18-25 skryf die kruis van Jesus is dwaasheid vir die Grieke, en aanstootlik vir die Jode. Die Grieke het geweet hulle gode kan eintlik nie ly onder hulle nie. Hulle gode is net te sterk en vol glorie. Die Jode weer het gem
Stephan Joubert
Jul 28, 2022


Meld aan en help dat lewens gered word
Volodymyr Zelensky, die leier van die Oekraïne, is gevra hoe sou hy ’n oorwinning beskryf in die skrikwekkende oorlog met Rusland. Toe antwoord hy: “Victory is being able to save as many lives as possible.” Tot soveel as 10 miljoen van sy land se mense het reeds gevlug volgens sommige skattings. Hulle stede is aan flarde geskiet. Hulle huise is verwoes. Vroue en kinders slaap in openbare sale in buurlande terwyl hulle
Stephan Joubert
Jul 21, 2022


Eerste Ervarings
Nie alle eerstes is lekker nie. ʼn Eerste see-vakansie, valskermsprong, halfmarathon of musiekkonsert is gewoonlik lekker. Of om jou eie eerste motor vir die eerste keer te bestuur. Natuurlik is dit ook lekker om vir die eerste keer op jou eie die paaie in te vaar nadat jy jou bestuurslisensie gekry het.
Siegfried Louw
May 3, 2022


Hê minder, hê oorgenoeg!
Alexander die Grote, het op ‘n keer besoek afgelê by die filosoof Diogenes (412-323 vC). Hy het buite Korinte in ’n houtvat gebly. Alexander het gevra wat hy nodig het. Toe antwoord Diogenes: “Wat jy van my af weggevat het, kan jy nie weer teruggee nie.” Alexander het dadelik gevra wat hy bedoel. Hierop het Diogenes geantwoord: “Jy staan in my son.” Diogenes het kennelik min nodig gehad.
Stephan Joubert
Mar 24, 2022


Doen die Bybel in drie sinne
Ek kan die hele Ou Testament in drie sinne vertel, sê iemand vir Len Sweet, ’n Amerikaanse teoloog en skrywer. Toe doen hy dit: “Ander volke het ons probeer doodmaak.” “Deur die Here se goedheid het ons oorleef.” “Kom ons eet!” Toe sê die persoon vir Len hy kan ook die Nuwe Testament in drie sinne opsom: “God sê: Ek het jou lief in Christus.” “Ek vergewe jou.” “Kom ons eet!”
Stephan Joubert
Nov 29, 2021


Ek kan nie ander mense se lewensbeker volmaak nie, maar…
Op ’n dag het ek besef ek kan nie ander mense se lewensbekers volmaak nie. Vir baie lank in my lewe het ek geglo dit is wat ek moet doen. Toe besef ek dit is my roeping om slegs my eie lewensbeker aanhoudend leeg te maak in God se diens. Ek is geroep om myself te gee, afgesien van die resultate hiervan. In Jesus se woorde in Johannes 7:38-39 is ek geroep om die Gees se lewende water vanuit my binneste te laat vloei en nie om resultate na te jaag nie. As sulke leegmaakaksies a
Stephan Joubert
Nov 25, 2021


Ek wens partykeer God wil optree soos wat ek dink Hy moet
Net wanneer ek dink ek verstaan God, tree Hy anders op as wat ek dink.” Ek sal nooit hierdie woorde vergeetwat ’n vriend jare gelede kwytgeraak het nie. Dit was nie ligsinnig bedoel nie. Alles behalwe. Hy het dit opreg bedoel. Vandag besef ek dit is ’n diep waarheid, wat daardie vriend gedeel het. Ek besef al hoe meer God is groter, genadiger, heiliger, nader, maar ook anders as wat ek dink. Nooit kan ek God in my eie beperkte klein boksies vasgevang kry nie. My nadenke en my
Stephan Joubert
Oct 25, 2021


God is ook daar waar deernis afwesig is
“Ubi caritas et amor, Deus ibi est.” “Waar daar mededeelsaamheid en liefde is, daar is God.” So lui die woorde van ’n ou bekende Christelike lied. Inderdaad! Ons sien God se genade raak, wanneer gelowiges Sy liefde teenoor mekaar uitleef en medelye aan ander bewys. Maar beteken dit God is slegs op daardie plekkeaanwesig, waar sy liefde gesien en ervaar word? Nee! Hy is ook daar waar Hy nie raakgesien word nie. Hy is ook daar waar haat en dood aanwesig is. Jesus se kruis vert
Stephan Joubert
Oct 7, 2021
bottom of page
