top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Dis nie sommer net ophou glo nie
Nee, jou geloof is nie so broos soos wat sommige mense jou wil laat glo nie. Ek praat nou van diegene wat gedurig wil ophou glo as moeilikhe
Stephan Joubert
Jan 27, 2023


Aanwesig
‘n Geprivatiseerde godsdiens waar ek my geloof in isolasie van die daaglikse werklikhede bedryf, is gevaarlik. Kort voor lank laat dit my glo dat die ganse wêreld boos is en te alle koste vermy moet word. Dan sien ek God later maar net as ‘n afwesige Huiseienaar wat eintlik nog net opdaag vir Bybelstudies en eredienste by die kerk, maar wat nie omgee wat elke dag in die wêreld gebeur nie. Wel, feit is dat God sy wêreld met oorgawe liefhet. Elke mense op planeet aarde het ‘n e
Stephan Joubert
Dec 9, 2022


Die Here stel nie swaarkrytoetse op nie
Mense sê graag die Here gebruik slegte omstandighede om hulle te leer om meer afhanklik van Hom te wees. Maar is dit korrek? Doen die Here dit regtig? Ten minste leer die Bybel ons dat slegte omstandighede nie deur die Here veroorsaak word bloot net om sekere lesse vir ons te leer nie. Anders gesê, slegte dinge is nie God se skuld nie. Ons kan nie die vinger na Hom toe wys, as die lewe vol toetse en versoekings is nie. Jakobus 4 leer pertinent dat sulke slegte dinge deur mens
Stephan Joubert
Dec 5, 2022


Is jou geloof onverantwoordelik?
Diegene, wat aan Christus vashou, word dikwels in die media voorgestel as minder intelligent en soms ook afgemaak as onwetenskaplik en naïef. Die hoëgrond behoort blykbaar net aan twyfelaars, wat hul geleerde taal om elke hoek en draai in die openbare media uitstal. Maar wag, dis ewe naïef om te dink dat alle mense, wat in God se bonatuurlike werkinge glo, aan ‘n uitgediende “escape from reality”-sindroom ly, of dat hulle in een of ander kerklike donkerte gevange gehou word.
Stephan Joubert
Aug 26, 2022


Onbedreigd
Ons leef in ‘n tyd waar verdraagsaamheid die wagwoord is en waar die waarheid altyd ‘n paar ekstra kante het. Nou ja, wanneer die Gees in ons lewens werk, is ons nie bang vir ander opinies nie. Ons word nie uit ons geloof geskud elke keer wanneer iemand die Christendom aanvat, of wanneer ateïste hulle ongeloof in ons omgewing bely nie.
Stephan Joubert
Aug 12, 2022


Meer as oppervlakkige kennis gevra
Om maar net klakkeloos te sê die Bybel is God se Woord, is lankal nie meer genoeg nie! Dit was inderwaarheid nog altyd onvoldoende. Sulke belydenisse moet keer op keer opgevolg word met die regte kennis van daardie einste Woord, wat die hartklop van die Christelike geloof vorm. Jy en ek moet self weer ontdek dat die Christendom nie gebou is op naïewe waarhede, wat deur primitiewe mense geglo is nie. Hulle geloof was ook nie net ‘n gewaagde sprong in die donkerte nie. Ware gel
Stephan Joubert
Aug 5, 2022


Die dwaasheid van die kruis is God se krag
As ekself ’n godsdiens moes uitdink, sou ek definitief nie die Christelike geloof uitgedink het nie. Jesus se aardse pad is net te vreemd, te vernederend, en te anders as dié van enige ander godsdiens. Paulus besef dit baie goed wanneer hy in 1 Korintiërs 1:18-25 skryf die kruis van Jesus is dwaasheid vir die Grieke, en aanstootlik vir die Jode. Die Grieke het geweet hulle gode kan eintlik nie ly onder hulle nie. Hulle gode is net te sterk en vol glorie. Die Jode weer het gem
Stephan Joubert
Jul 28, 2022


Navolgers van Christus is nie toeskouers nie
“Baie mense dien nie meer die Here nie.” “Dit gaan sleg omdat die mense van Suid Afrika nie vir God eerste stel nie.” “As mense net terugkeer na die Here toe, sal Hy ons land seën.” “As mense net wil kerk toe kom, sal dit beter gaan met ons mense.” Elke keer as ek sulke uitdrukkings hoor, is ek uitasem. Ek meen, wanneer sal diegene wat sulke dinge sê, tevrede wees?
Stephan Joubert
Jul 11, 2022


Geloof gebeur op die Here se terme
Geloof is nie ’n selfverbeteringprogram nie. Geloof help jou nie maar net om ’n beter mens te word nie. Dit laat jou volgens Jesus se beginsels leef. Sy standaard is baie hoog. Sy standaard is dié van selfopofferende liefde. Sy liefde veroorsaak dat jy jouself prysgee in diens van God en ander. Sy liefde veroorsaak dat jy jou voorkeure, jou gerief, jou keuses, en jou leefroetes aanpas by dit wat God eer en wat ander mense bevoordeel. Dit veroorsaak dat jou keuses nie langer o
Stephan Joubert
Jun 9, 2022


Geestelike intelligensie
Gepas en ordentlik - dis die vereiste wat Paulus stel vir alle byeenkomste van gelowiges. Nee, Paulus is nie teen die vrye werking van die Heilige Gees nie, maar hy laat ook nie toe dat selfsug in die naam van godsdiens die oorhand kry nie.
Stephan Joubert
May 20, 2022


Geen ouderdomsbeperking op geloof nie
“Jongmense kom nie meer kerk toe nie,” hoor ek iemand sê. “Hoe gaan ons tieners bereik met die evangelie?” vra iemand anders. Terwyl almal hieroor praat, onthou ek dat ek iewers gelees het die woord “teenager” het eers in 1673 in ‘n Engelse leksikon verskyn. Die idee van generasiegapings het eers vanaf die negentiende eeu af opgeduik. Toe besef ek opnuut dat die Bybel nooit in terme van ouderdom dink, wanneer die uitleef van geloof ter sprake is nie. Anders gesê, mense is noo
Stephan Joubert
May 12, 2022


Ons weier dat hoop verlore raak wanneer oorlog opdaag
“I’m fed up to the ears with old men dreaming up wars for young men to die in.” So het George McGovern gesê. Inderdaad! Ons harte skeur as ons sien watter wreedhede in die Oekraïne gepleeg word. Niemand is ooit wenners, wanneer oorlog uitbreek nie. Die grootste verloorders is uiteindelik al die onskuldiges, wat in die kruisvuur beland. Dit herinner my aan die tragiese woorde van Openbaring 18:22-24, wat vertel hoedat oorlog alle skoonheid vernietig.
Stephan Joubert
May 5, 2022


Ander se voordeel is die enigste wagwoord
Die man, wat sekerlik die diepste geestelike ervarings van almal daar in die Korintiërgemeente gehad het, naamlik Paulus self, doen die verstommende deur sy eie ervarings met die Here nooit as bewys vir sy eie geestelike volwassenheid te gebruik nie. Dis juis oor hierdie punt dat die apostel en sy gemeente gedurig haaks was. Want hulle het gedurig bewyse van sy geestelike diepte in sy ervarings met die Here gesoek, soos wat Paulus later in 2 Korintiërs 10-13 vertel. Maar Paul
Stephan Joubert
Apr 8, 2022


Persoonlike geestelike ervarings is nie waaroor dit gaan nie
Dis jammer dat daar in verskillende groepe ‘n skeiding tussen die Gees se werk en ons denke bestaan. Vir hulle beteken Paulus se uitsprake hier in vers 15-17 oor gebed in my gees dat hierdie “dieper geestelikheid” eintlik teenoor my verstand staan. Om oor God te dink en Sy wil na te speur, is hiervolgens eintlik maar nog net die beginstadia van geloof. Eintlike geloof is daar waar die Gees oorneem en ek in geestesvervoerings raak of in my gees bid. Die punt is dat hierdie inn
Stephan Joubert
Apr 1, 2022


Van selfopbou na mekaar-opbou
Daar’s niks mee verkeerd dat ek omsien na my eie geloofsopbou nie. Ek moet dit juis doen. Hier op die vlak van persoonlike geloofsopbou hoort die spreek-in-tale-gawe volgens Paulus tuis. Maar die fokus van die gawes van die Gees is nie ten eerste my eie geloofsopbou nie. Gawes gaan oor ander; dit gaan oor mekaar opbou. Profesie is daarom so belangrik.
Stephan Joubert
Mar 25, 2022


Vanaf voltyds verveeld tot ’n voltydse volger…
Verveeldheid en ’n siniese ingesteldheid tot die lewe is deesdae aan die orde van die dag. Boonop spoel dit oor na die terrein van geloof. Tog is hierdie “verveeldheid” met godsdiens niks nuuts nie. Paulus het reeds in Athene hierin vasgeloop. Wanneer hy in Handelinge 17 daar optree, loop hy sulke verveeldes en onvervuldes. Hoor net hoe stel vers 21 dit: “Die mense van Athene, asook mense wat van ander plekke afkomstig is en wat ook in die stad gebly het, het al hulle tyd deu
Stephan Joubert
Mar 21, 2022


Profesie is die belangrikste
Bo al die ander gawes lig Paulus profesie in 1 Korintiërs 14 uit. Volgens hom is dit die belangrikste geestelike gawe. Hy gee ook die rede hiervoor in vers 3. Hierdie gawe doen drie dinge in die lewens van ander: dit bou hulle op, dit bemoedig hulle in hul geloof en dit versterk hulle geestelik. Daarom stof profesie alle ander gawes uit as dit by nuttigheid en die geestelike waarde daarvan kom.
Stephan Joubert
Mar 11, 2022


Gaan vir die beste
Gaan vir die beste gawes – so skryf Paulus. Wat bedoel hy? Wel, soos wat ons gister gesien het, stel Paulus nie ten diepste so baie belang in daardie geestelike gawes, wat slegs indiwidue in hul eie verhouding met die Here opbou nie. Nee, die eintlike punt van kerkwees is nie my eie geloofsopbou nie, maar die opbou van ander. Nee, wag, jy het dit nie mooi gehoor nie. Kom ek sê dit weer: die belangrikste gawes in die kerk is daardie wat ander gelowiges opbou! Dit gaan oor ande
Stephan Joubert
Mar 4, 2022


Bou ander se geloof op
Die Heilige Gees verander my vanaf ’n selfsugtige wese, wat dink dat die ganse heelal om my draai, in iemand wat agterkom dat God en ander mense op die ou end belangriker as ekself is. Eintlik is alle Christene ewe belangrik vir die Here. Daar’s nie een Christen, wat so ‘n paar treë nader aan die Here staan as iemand anders nie. Ek leef maar net asof alle ander mense belangriker as ekself is, maar die feit is dat ons almal gelyk is in God se oë.
Stephan Joubert
Feb 25, 2022


Gebruik hulle reg
Wat ’n voorreg dat die Heilige Gees by elkeen van ons juis daardie hemelse geskenke kom aflaai, wat ons nodig het om regtig bruikbaar in Sy diens te wees. Ongelukkig het baie Christene nog nooit die geskenkpapier van hulle hemelse geskenke afgehaal nie. Andere weer haal die papier slegs vir ’n rukkie af, net om dit daarna weer in ’n kas weg te pak om stof te vergader. Ons moet dadelik ophou hiermee. Ons moet ons gawes daagliks gebruik en dit ook reg doen.
Stephan Joubert
Feb 18, 2022


Liefde verander my
Die liefde van die Gees verander die manier waarop ons na ander kyk. Terwyl hierdie wêreld vir die meeste mense na ’n tronk lyk, verstel die Heilige Gees ons visie sodat ons die wêreld as ’n kunsgalery begin sien, met die mense rondom ons as God se eie handewerke. Ongelukkig het die sonde groot skade aan baie mense aangerig, maar die Heilige Gees help ons om verby dit alles te kyk. In hierdie proses raak ons dan ook betrokke by mense. Ons dien hulle ten einde die lewe se krap
Stephan Joubert
Jan 7, 2022
bottom of page
