top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hoe motiveer ek ander
Om personeel en vrywilligers te motiveer is belangrik. Dit bring onmiddellik die vraag na vore: Hoe moet ek dit beter doen? Die neurowetenskap kan ons hier help. Dit identifiseer vyf domeine, wat gedrag beïnvloed. Hierdie domeine beïnvloed breinfunksionering en dus hoe ons werk en bedien.
Coen Slabber
Aug 11, 2021


Dankbaarheid verdryf selfs die ouderdom
Dis nogal ‘n refrein, wat ek dikwels hoor: “Ek wil nie soos oom X of tannie Y oud word nie. Hulle is onvergenoegd.” Goddank, daar is meer mense, wat mooi oud word as diegene, wat met langer lippe elke nuwe lewensjaar trotseer. Hoe gemaak dat jy nie een van laasgenoemde kategorie word nie? Eenvoudig! Jy laat die Gees jou vervul. Jy maak soos ‘n Geesgevulde Dawid op sy oudag in Psalm 37:21 - 25. Jy hou jou oog op die Here en op Sy goedheid, nie op al jou pyne, skete en tekorte
Stephan Joubert
Jul 9, 2021


Geesvervuldheid maak musiek, die regte soort!
God se Gees se werking en musiek loop ook hand aan hand. Dit leer Paulus my in Efesiërs 5:19. Om Geesvervuld te wees beteken om nuwe liedere te sing. Dit beteken om God se lof vanuit my hart te laat opbruis oor my lippe. Die Gees maak my tot oorlopens toe vol met dankbaarheid. Hy laat lof en vreugde oor my stroom. Daarom kan ek nie anders as om te sing nie. Daarom wil ek van die bergtoppe af uitroep dat God groot en goed is. Daarom wil ek op elke straathoek uitbasuin dat die
Stephan Joubert
Jun 18, 2021


Ek kort die regte oordeel, God s’n
“Wie is ek om te oordeel?” Dit is ’n gewilde sê-ding op sosiale media en elders. Mense sê dit graag vir mekaar. Beteken hierdie “geen oordeelbeleid” dat jy dus ’n vry hand gee aan almal om te doen wat hulle wil? Geld hierdie “geen oordeelbeleid” byvoorbeeld wanneer ander mense hulle kinders of huwelikmaats verneder en afkraak? Of fisies mishandel? Of as iemand heeltyd vulgêr of rassisties is? Moet jy sulke ding oop-oë miskyk, omdat jy nie wil oordeel nie? Of omdat jyself ook
Stephan Joubert
May 24, 2021


Lei jy vanuit jou karakter, of jou gereedskap?
Wat ek hoor, wanneer ek na hierdie soberende aanhaling luister, is dat geestelike leiers se verhoudings met God so oppervlakkig is dat mense nie die hemel sien, hoor en voel, wanneer hulle met dié mense in aanraking kom nie. Ons Christene lei nie altyd vanuit ‘n ryk innerlike wêreld, wat aan die brand gesteek is deur die Heilige Gees nie. Buddhistiese leiers lei immers vanuit hulle innerlik gevormde karakter en diep spiritualiteit, terwyl die meeste Christen-leiers poog om te
Roedolf Botha
May 12, 2021


Word wyser. Doen dit op die Here se manier
Wysheid kom met die grysheid. So sê die ou spreekwoord. Spreuke 16:31 sê juis dat grys hare soos ’n kosbare kroon is vir mense wat weet hoe om reg te leef. Soms daag grysheid egter alleen op sonder al die nodige wysheid. Party mense word nie mooier ouer nie. Hulle raak sommer net omgesukkeld. Hulle is nukkerig en ongepoets. Hulle sê wat hulle wil, wanneer hulle wil. Hulle skryf venynige briewe in koerante. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid ge
Stephan Joubert
Apr 19, 2021


Ek sien nie kans hiervoor nie
Ek sien nie kans om een stel waardes te hê vir my geestelike lewe en nog ’n ander stel vir my “normale” lewe nie. Dit is te veeleisend. Nog erger, dit is skynheilig. En die heel ergste, dit staan God glad nie aan nie. Dit is glad nie wat Hy van my verwag nie. Ek sien nie kans om ‘n voorvegter vir die waarheid te wees, maar in dieselfde asem verneder ek almal wat nie soos ek glo of dink nie. Ek stoomroller nooit liefdeloos bo-oor ander mense nie. Ek verskil met integriteit, in
Stephan Joubert
Apr 5, 2021


Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus
In “Prince Caspian,” die tweede boek in die Narnia-reeks van die bekende skrywer C. S. Lewis, vind daar ‘n mooi gesprek tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies in hierdie verhaal plaas. As sy vir Aslan na ‘n lang tyd raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan haar: “That is because you are older, little one.” “Is jy dan nie groter nie?” vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy: “I am not. But every year you gr
Stephan Joubert
Feb 25, 2021


2020 se beste boeke
Hierdie is die lys van beste boeke vir 2020 soos saamgestel deur The Gospel Coalition. C. S. Lewis (Learning in War-Time) het die vraag gevra of dit die moeite werd is om tydens ‘n oorlog te studeer.
Coen Slabber
Feb 24, 2021


Ook vir eendag
Ja, natuurlik gebeur geloof hier en nou. Ons sit nie ydel in die kerk rond en wag op beter dae nie. Ons is elke dag besig om aan ‘n geestelike nalatenskap te werk, wat of navolgingswaardig is vir hulle rondom ons en hulle wat ná ons kom, of een wat liefs vergeet moet word.
Stephan Joubert
Dec 11, 2020


Vermeerder jou durf
Shannon Huffman Polson (“The Grit Factor: Courage, Resillience and Leadership in the Most Male-Dominated Organization in the World”) was een van die eerste vroue wat die Apache- helikopters in die Amerikaanse weermag gevlieg het. Sy praat onder andere oor idees om jou moed te vermeerder.
Coen Slabber
Oct 28, 2020


Wonderwerker-God
‘n Verdelende aspek van die Gees se werk tussen gelowiges in ons hedendaagse lewe is wonderwerke. Party mense maak daarop aanspraak dat hulle bediening propvol buitengewone wonderwerke is, soos spesiale genesings en kragtige werke, terwyl ander weer van mening is dat die Gees se wonders, soos dié waarvan Handelinge vertel, met die apostels se sterwe tot ‘n einde gekom het. Ekstremiste binne die eerste groep ignoreer dikwels mediese behandeling as ‘n teken van ongeloof en ekst
Stephan Joubert
Oct 16, 2020


Van vervelig na opwindend
In 'n Australiese studie lees ek dat die gemiddelde mamma 228 vrae op 'n dag beantwoord. Kinders vra vrae. Hulle wil weet en leer. Vierjarige dogtertjies vra die meeste vrae, ongeveer 390 per dag. Mammas moet bronne van inligting wees en moet al die vrae kan beantwoord.
Marietjie Joubert
Oct 6, 2020


Geesvervulde gemeenskappe groei
Christus waarborg dat waar Hy deur sy Gees aan die werk is, daar groei sal plaasvind. Nee, nie in die eerste plek numeriese groei nie, maar groei in mense se verhouding met God. Om geestelike te groei, beteken om te vorder in jou liefde vir God en jou toewyding aan Hom. Dit beteken ook om te vorder in jou verhoudings met ander. Maar groei beteken ook dat nuwe mense gereeld tot inkeer kom, soos wat Handelinge 2:47 vertel.
Stephan Joubert
Jul 24, 2020


Raak Gees-vol
As jy vir krag, impak of resultate gekies het, dan het jy die gewilde keuses gemaak. Meeste gelowiges kies dit as hulle ‘Christelike sukses’ omskryf. Diensbaarheid, persoonlike toewyding en aanbidding kom hierna. Die hartseer is dat definisies van sukses, voorspoed en geluk in die wêreld soms net so deur kerklikes oorgeneem en op hulleself toegepas word. Dink daaraan, in die wêreld rondom ons gaan dit net oor krag, impak en sigbare resultate. Ons volg egter ‘n ander Heer met
Stephan Joubert
Jul 3, 2020


Hoe meet jy Geesvervuldheid?
Die meetinstrument vir egte lewe in die kerk is nie geleë in die aantal programme of aksies wat kerke aanbied om nog meer mense op hul perseel te kry nie, maar in die vraag of diegene wat al hierdie aktiwiteite bywoon bedienings van hul eie in plek het as hulle die kerkgebou verlaat. Dis juis buite die kerk se deure waar Geesvervuldheid wys… of nie! Die vraag is dus hoeveel kerkgangers is deurlopend betrokke by selfstandige aksies soos die versorging van armes; ondersteuning
Stephan Joubert
Jun 26, 2020


Laat staan daardie babakos
Babatjies is die wonderlikste mensies denkbaar. Daarom dat grootmense so bekommerd is wanneer babas siek word. Dan moet die dokters kom help! Maar in die kerk gee ons nie so baie om dat gelowiges lewenslank geestelike babas bly nie. Trouens, baie gemeentes se strukture is so ingerig dat kerkleiers van vroeg tot laat baba-oppassers is. Dit is hulle werk om geestelike bottels aan te dra.
Stephan Joubert
Apr 27, 2020


Die afgewaterde evangelie
In ‘n nuwe studie deur die Barna-groep ‘State of the Church 2020” het hulle onderhoude met 500 senior pastore in die VSA gehou oor hulle grootste bekommernisse.
Coen Slabber
Apr 15, 2020


Gebruik dit, of verloor dit!
Die vervulling met die Gees werk in ‘n sekere sin soos daardie “use it, or loose it” reël in rugby. Ja, ek weet die Gees is ten volle by my en dat Hy my nie verlaat nie. Ek glo ook met my hele lewe dat Christus my veilig tot anderkant die doodlyn dra. Maar ek weet ook ek kan nie eindeloos bly vasklou aan laasweek se opgebruikte geloof nie. My pad saam met die Gees gaan oor hoe ek hier en nou, vandag, oop is vir sy werk. My verhouding met Christus moet vandag ‘n impak op my le
Stephan Joubert
Apr 10, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020


COVID-19 groei; ons geloof en liefde doen dieselfde!
Verlede Woensdag het die Wêreld Gesondheid Organisasie die corona virus tot ’n internasionale pandemie verklaar. Dit het gevolg kort nadat d
Stephan Joubert
Mar 16, 2020
bottom of page
