top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Wees vir ’n slag die uitsondering - wees gelukkig!
Geleerdes praat van toksiese positiwiteit, wat nadelig is vir ons geestesgesondheid. Dit gebeur wanneer negatiewe gevoelens ontken of onderdruk word. Enige vorm van kunsmatige positiwiteit is ongesond. Maar dis dalk nie die grootste probleem van ons dag nie. Ons leef in ’n wêreld, wat so oorbewus van indiwidue se “issues” en benadeeldheid geraak het dat dit onnatuurlik is om te sê jy is gelukkig. Of om te sê jy is nie oorwerk, uitgebrand, bekommerd, angstig of gestres nie.
Stephan Joubert
6 days ago


God gebruik graag stukkende mense
’n Ambisieuse pianis, genaamd Daniel Steibelt, het een keer saam met Ludwig Van Beethoven aan ‘n kompetisie deelgeneem. Volgens Ferdinand Ri
Stephan Joubert
Jan 27


Wankel
Die water uit my bottel proe soet. Ek los my fiets teen die witkaree sodat die asem makliker kan terugkeer. Met die volgende watersluk gewaar ek die ou man oorkant die pad. Hy betree ʼn houtleer. So een plankie op ʼn slag, met ʼn ruspose na elke klim. Sy bruin broek is netjies geplooi. Die groen kerkhemp is nie meer oral ewe groen nie en sit ook nie meer oral ewe gemaklik nie. Maar ook die hemp het geen plooi nie.
Siegfried Louw
Sep 22, 2020


Help, ek sit op die ashoop!
In Paraguay is daar ‘n arm gemeenskap wat letterlik op ‘n vullishoop bly. Daagliks word daar meer as 1500 ton vullis op hierdie ashoop gegooi. Die arm mense van hierdie gemeenskap maak ‘n lewe daaruit om weggooigoed wat herwin kan word, bymekaar te maak en te verkoop. Hierdie gemeenskap is ook baie bekend vir hulle orkes. Ja, jy het reg gehoor! Dit is nie ‘n gewone filharmoniese orkes met duur Stradivarius viole nie, maar ‘n kinderorkes wat op instrumente speel wat van afvalm
Helena Smith
May 19, 2020
bottom of page