top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Pasop vir sukses!
Een van die mees toonaangewende besigheidsnavorsers vandag – Jim Collins – wys uit hoe gevaarlik sukses vir ‘n maatskappy of vir die leiers van ‘n maatskappy kan wees. Die vraag, wat hy wou beantwoord in sy boek How The Mighty Fall, is hoe dit gebeur dat sterk maatskappye, wat goed vaar en oor baie potensiaal beskik, uiteindelik veld verloor in die mark en uiteindelik sóskipbreuk ly dat hulle geheel en al kwyn en tot niet gaan. Die eerste en belangrikste rede, wat hy ontdek h
Roedolf Botha
Apr 14, 2021


Dit gaan oor Hom, nie oor my nie
Dit gaan nie oor jou nie! Ek praat van jou geloof. God werk nie vir jou nie. Nie eens jou gebede is geleenthede om allerlei opdragte aan Hom te gee oor wat Hy vir jou en ander moet doen nie. Dink mooi hieroor na, want te veel mense, wat ek ken, loop deesdae dikmond oor God rond. Hy het hulle glo nie gehelp, toe Hy moes nie. Hy het nie die siekte weggevat of die misdadigers gekeer nie. Ook het Hy nie vinnig genoeg kos op hulle tafel gesit nie. Daarom dat hulle nou agteraf loop
Stephan Joubert
Apr 2, 2021


Maak ‘n verskil van een
Vandag is alweer op ons. Nee, dit het nie uit die bloute op ons afgekom nie. Ons het dit eintlik lankal sien aankom - gister reeds. Gaan dit ‘n opwindende dag wees? Gaan jy vandag die hele dag lank ‘n lewende verskil van een wees, soos Petrus en die ander apostels voor die Joodse Raad? Gaan jy in die Naam van die Here as ‘n een-man-weermag of ‘n een-vrou-weermag aanmeld?
Stephan Joubert
Nov 27, 2020


Bid en gebruik medisyne
Ons bid graag vir groot siektes, soos kanker en hartprobleme, maar vir ‘n kopseer of ‘n maagkramp drink ons sommer ‘n pilletjie en vergeet daarvan. Wat gaan ons maak as die slim mense op ‘n dag medikasie ontwikkel, wat kanker kan klop? Gaan ons dan nog ernstig daarvoor bid? Of gaan ons sommer net die medikasie gebruik en daarvan vergeet, terwyl ons dan weer vir ander “groot” siektes bid?
Stephan Joubert
Oct 30, 2020


Leierskap geskied nie in isolasie nie
As jy ‘n kerkleier is, het God jou ‘n taak gegee, wat jy nie op jou eie kan hanteer nie. 2020 het dit onderstreep. Daar was tye vanjaar, wat jou taak onmoontlik gelyk het. Die boek Nehemia wys vir ons hoe belangrik goeie leierskap in die voltooiing van ‘n projek is. Die Israeliete het ‘n projek in 52 dae voltooi – iets wat almal gesê het nie moontlik was nie. Watter soort leier het jou gemeenskap en gemeente nodig? Nehemia wys vir ons die kritiese eienskappe van ‘n goeie leie
Coen Slabber
Oct 14, 2020


Moet nooit moeg word om te bid nie
George Müller (1805 - 1898) was as seun 'n dief en 'n leuenaar wat hom na sy bekering in Engeland as evangelis gevestig het. In Bristol sien hy en sy vrou die nood van weeskinders en vra die Here vir £1,000 en die regte mense om 'n weeshuis te begin. Binne vyf maande is dit voorsien.
Elmarie van der Westhuizen
Sep 16, 2020


God sê iets moois oor ons
In Engels praat hulle van die “impostor syndrome,” die nabootser sindroom. Dit is daardie gevoel dat jy eintlik maar ’n klug is. Jy voel iemand gaan nog eendag jou bluf roep. Jy is toe nie so oulik, slim, suksesvol, gelowig, of wat ook al soos wat almal dalk dink nie. Jy voel altyd jy skiet te kort. Selfs ’n suksesvolle persoon soos Albert Einstein het soms so gevoel. Hy het een keer opgemerk: “I feel compelled to think of myself as an involuntary swindler.”
Stephan Joubert
Aug 17, 2020


God laat Homself vind
Die boek Job is juis ’n lewensgrootte worsteling met lyding en met God se rol hierbinne. Nadat Job self al sy kinders aan die dood verloor het, saam met al sy aardse besittings, worstel hy om sin te maak van die lewe en van God. Dan ontdek Job vir God op ’n nuwe manier in sy lyding. Hy loop in God vas, nie in rasionele antwoorde nie. Of is dit andersom? God loop in Job vas! Job ontdek dan dat die Here hom nie afgeskryf het nie. Hy leer God ken as die Een wat sy liefde en alma
Stephan Joubert
Jul 30, 2020


Wat maak ons met ons gevoelens?
Ons het in ons gemeente ‘n empiriese studie gedoen oor wat die dinge is waarmee ons mense die meeste worstel in hierdie vreemde tyd. Meer as vyf- en tagtig persent het aangedui dat hulle nie aldag weet wat om met hulle gevoelens te maak tydens lockdown nie. Emosies speel sokker met hulle eienaars in so ‘n mate dat sommige van die geliefdes rondom ons slagoffers word van ons innerlike worstelinge. Hierdie aanduiding word relatief sterk bevestig wanneer mens die media en sosial
Roedolf Botha
Jul 7, 2020


As jy vir twee dinge moet bid…
Spreuke 30:7-9 bevat een van die min gebede in die boek Spreuke. Die Spreukeskrywer bid net vir twee dinge. Die eerste een is opregtheid. Hy weet God kan leuens en onwaarhede nie uitstaan nie. Of valsheid nie. Tweedens bid hy ook vir ’n doodgewone lewe- hy wil nie te arm of te ryk wees nie. Die rede: rykes steun graag op hulle rykdom. Hulle het niks of niemand nodig nie, ook nie vir God nie. Daarom verloën party van hulle die Here. Armes, daarteenoor, kry dikwels so swaar dat
Stephan Joubert
May 7, 2020


Het jy Herdersklere in jou kas?
Die woorde van Psalm 23 gryp nog altyd aan die hart. Ek glo volkome in die woorde. Die Here is waarlik my herder. Hy versorg my. Soek vir my weivelde. Hy lei my na waters waar daar rus en vrede is. Hierdie herder beskerm en bewaar my van gevaar. Hy is met my elke oomblik.
Marietjie Joubert
Apr 21, 2020


Soek ons na God, of soek ons net goeters by God?
Baie bidders is nie regtig op soek na ’n dieper verhouding met die Here nie, hulle soek net na antwoorde op hulle vrae, en na deurbrake. God
Stephan Joubert
Jan 30, 2020


Dankbaarheid
Jare terug het ek iemand hoor sê, “Om perspektief te het is om te weet, van die berg af, lyk alles anders”. Dit het by my gebly. Want perspe
Ivor Swartz
Mar 12, 2019
bottom of page
