top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vandag is die regte dag vir ’n fees
Toe iemand een keer ‘n koppie voor die bekende Amerikaanse president, Abraham Lincoln, neersit, het hy gesê: “If this is coffee, then please
Stephan Joubert
Feb 21


Jesus maak my inmengerig … op die regte manier!
'n Klomp rowers wou een nag 'n klooster beroof. Hulle het verneem dat die plaaslike priester gereeld in sy preke na al die kerk se skatte verwys het. Nou wou hulle dit kom steel. Die priester het dadelik ingewillig en die rowers na 'n vertrek onder die kerkgebou geneem. Toe hulle daar instap, sien hulle ’n klomp arm mense, wat die aand daar oorgeslaap het. "Hier is die kerk se ware skatte," sê die priester toe vir die verbaasde rowers. "Om hulle te versorg, is om Christus sel
Stephan Joubert
Jul 31, 2023


Sê dankie vir elke nuwe paar skoene
Ek het myself uitasem geskrik, toe ek iewers ‘n grênd kar sien met nommerplate, wat uitroep: “ Blessed .” Wat moet arm gelowiges dink,...
Stephan Joubert
Jul 20, 2023


Om op God se adreslys te wees, is om op sy feeslys te wees
Jesus is God se Een-Man-soekgeselskap hier op aarde. Hy is dag en nag op die hakke van sy Vader se verlore eiendom, wat in die wind en die weer van sonde rondlê. Hy is ook op die hakke van al God se kinders,wat op slegte afdraaipaaie uithang. Wanneer Jesus dus ons naam en adres het, moet ons weet: ons kan hardloop, maar nooit weghardloop nie. Ons kan vlug, maar nooit wegvlug nie. Ons kan in ons eie oortredings rondkruip, maar nooit kan ons vir Jesus wegkruip nie.
Stephan Joubert
Jul 13, 2023


Eet saam met Jesus
My ma het gereeld vir my gesê: “Ai, Sus, dit is so lekker om te eet.” En ja, is dit nie lekker om te kan eet nie. Op ‘n onlangse roete deur
Marietjie Joubert
Jun 13, 2023


Wanneer die feestyd verby is…
Ek dink die meeste mense geniet die feestyd. Luilekker kuiers saam met vriende en familie, rustigheid by die see of in die Bosveld, geen wek
Helena Smith
Feb 7, 2023


Beseël vir die groot fees!
Die voorregte uit God se hand, waaraan ons nou reeds deel het, is maar net ’n voorsmakie van dit wat nog voorlê. Hiervan is die Gees die persoonlike waarborg. Hy sal sorg dat ons die wenstreep haal. Hy het ons beseël as God se persoonlike eiendom. Hy is die deposito, wat ons Hemelse Vader as vooruitbetaling op ons elkeen se lewe inbetaal het om ons te verseker dat niks of niemand sal keer dat ons die groot feesbanket in die hemel haal nie. Ons is mense met die toekoms in ons
Stephan Joubert
May 7, 2021


Geniet ook die Gees se daaglikse versorging
My pa het dikwels vir my gesê: ‘Eet stadiger. Geniet jou kos!’ Ek het dikwels gewonder hoekom hy dit vir my sê, maar toe ek groter word, het ek opgelet hoe hy sy kos geniet. Dit was asof hy homself afgeskakel het van almal rondom hom, terwyl hy die tekstuur van elke happie kos geproe en veugdevol geëet het.
Stephan Joubert
Jan 29, 2021


Vier fees - die Gees is hier
‘n Amerikaanse navorsingspan het bevind dat wanneer ons gevoelens van frustrasie, woede of bitterheid ervaar, dan raak ons hartklop onreëlmatig, maar wanneer ons intense dankbaarheid beleef, dan is ons hartklop rustig. Gevoelens van dankbaarheid oefen ook ‘n kalmerende invloed op ons neurologiese en endokriene sisteme uit. Hoe groter ons gevoelens van vreugde is, hoe meer is ons totale menswees in resonansie. Dit beteken dat ons hartklop, bloeddruk, asemhaling, spysvertering
Stephan Joubert
Jan 22, 2021
bottom of page