top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Sien die groot “Ander” in ander raak
“Each is responsible for each, and I more so than all the others.” Hierdie woorde van die Russiese skrywer, Fyodor Dostoevsky, het vasgesteek in die hart van die denker, Emmanuel Levinas. Na die Tweede Wêreldoorlog het Levinas in Europa vir sy filosofie van “die Ander” bekend geword. Mense se andersheid en kosbaarheid word volgens hom sigbaar in gesig-tot-gesig interaksies. As ons mense met deernis raaksien en behandel, verander hulle kosbare ander.
Stephan Joubert
Feb 23, 2023


Geloofskepper
Egte geloof is ‘n gawe van die Gees. Ja, dis ek wat my tot God bekeer. En dis ek wat glo. Maar agter dit alles staan die Gees. Dis Hy wat die saad van geloof in my laat ontkiem. Daarom is geloof
Stephan Joubert
Jul 23, 2021


Die Gees as waarborg
In Efesiërs 1:14 skryf Paulus dat die Gees die waarborg of deposito van God se kant af is, dat ons vorentoe alles van Hom sal ontvang, wat Hy in Sy twee Testamente aan ons belowe het. Die woord, wat Paulus hier in die Grieks vir ’n deposito gebruik, dui op ’n kooptransaksie, waar die eerste bedrag op ’n bepaalde item betaal word met die veronderstelling dat die res van die geld later oorbetaal sal word. Hoekom is dit so ‘n belangrike beeld van die Gees se werk? Wel, omdat dit
Stephan Joubert
Apr 30, 2021


God se amptelike stempel
Paulus gebruik ‘n merkwaardige beeld of twee vir die Heilige Gees hier in 2 Korintiërs 1:22 en later ook in Efesiërs 1:13 - 14. Die beeld van ‘n seël, wat die apostel eerstens aanroer, hou verband met die seëls of stempels van hooggeplaastes, soos goewerneurs of die keiser, wat in Paulus se dag op amptelike dokumente geplaas is. Watter belangrike boodskap dra dit aan ons oor? Ja, natuurlik vertel dit dat ons beseëldes van die Here self is. God waarborg self die egtheid van Sy
Stephan Joubert
Apr 23, 2021


Op Sy voorwaardes
God is nie in ons diens nie. Hy werk nie vir ons nie. Ons bepaal nooit die voorwaardes van hierdie verhouding nie. Nee, ons behoort aan Hom omdat sy Gees ons eksklusief vir sy diens afgesonder het. Daarom moet ons God dien, soos wat Hy Homself in die Bybel aan ons bekendstel en nie ons eie idees van hoe Hy behoort te wees op Hom projekteer nie.
Stephan Joubert
Apr 9, 2021


Verandering is permanent
Na Paulus se tragiese beskrywing van sommige Christene se gedrag jeens mekaar in 1 Korintiërs 6:1-8, vertel hy hoe God in ons almal, wat gewas is in die bloed van die Lam, se lewens kom ingryp het. Nou is ons van ons tone tot by ons krone oorgemaak, nuutgemaak, gekoop, afgesonder en eenkant gesit vir die Here. Nou het die Gees ons kom verander tot die permanente uitstalvenster van die Here se genadegawes. Nou is ons anders, nuut, vars!
Stephan Joubert
Mar 19, 2021


Tempels moet soos tempels lyk!
Dit is belangrik dat ons vandag nog eens vir mekaar sê dat die Heilige Gees permanente en eksklusiewe regte op ons lewens het, omdat ons aan Christus behoort. Ons is Syne hier en nou en vir altyd. Hy is ons nuwe Eienaar, omdat Jesus ons tussen die sonde gaan uitsnuffel het en ons toe met sy kosbare bloed gekoop het. Van daardie oomblik af is ons lewens onder hemelse bestuur. God woon voltyds in ons. Daarom kan ons nie doen wat ons wil of leef soos ons wil nie. Die Here duld d
Stephan Joubert
Feb 19, 2021


Die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!
Die Here werk anders as aardse bouers. As Hy die dag die tender op jou lewe uitgereik het om daar te kom bou en die tender ook aanvaar, dan kan jy maar weet: Hy verskuif nooit weer nie! Die Here werk lewenslank aan elke aardse bouperseel van Hom. Nooit hou Hy op om te beitel aan jou lewe nie, ook nie aan ander Christene s’n, waar Hy reeds werkspersele ingerig het nie. Op elke gelowige se aardse bouperseel is daar ‘n permanente hemelse bouprojek aan die gang. Nuwe geestelike k
Stephan Joubert
Jan 15, 2021
bottom of page