top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie ’n geestelike konfytbottel wees nie
Al die konfytbottels op die winkels se rakke het vervaldatums. ‘Sell-by dates” noem die Engelse dit. Iewers verval hulle. Daarom word hulle goed gepreserveer sodat hulle ’n lang rakleeftydperk kan hê. Dit lyk my party gelowiges doen dieselfde met hulle geloof. Hulle is in selfpreserveringsmodus. Die meeste van hulle gebede gaan daaroor dat hulle beskerm moet word, nie dat hulle deur die Here gebruik moet word nie. En dat hulle veilig moet wees, nie dat hulle saam met Jesus in
Stephan Joubert
Jul 12, 2021


2.5 miljoen geleenthede
Hongerte is ’n gevoel, wat ek goed ken: ’n Maag wat luid protesteer, hongerpyne en dan gevoelens van lighoofdigheid, naarheid en bewerasie. Gelukkig kreun die yskas, spensrakke en vrugtebakke onder die kos. Daar is egter ’n gevoel, wat ek, dank die Vader, glad nie ken nie: Om permanent dood van die honger toe te kyk hoe my kinders huil, omdat daar nie kos in die huis is nie.
Liezel Lüneburg
Jun 15, 2021


Een van Jesus se lewende tekste
In haar boek: “Oranges are not the only fruit” skryf Jeanette Winterson: “The trick is to turn your own life into something that has meaning for people whose experience is nothing like your own.” So moet ons as navolgers van die Here vir Hom leef. Ons lewe moet ’n leesbare verhaal wees in die teenwoordigheid van mense, wat dieselfde én anders as onsself leef en glo. So by so is ons elkeen se lewe ’n oop boek. Ander mense lees ons gedurig. En ons lees hulle. Van ons kant af mo
Stephan Joubert
May 17, 2021


Trek die voorskoot aan!
O die luukse gevoel om in ‘n weelderige hotel in te stap… Ek was nog nie baie keer in so ‘n hotel nie, maar iets wat vir my fantasties is, is daardie dik, wit japonne en die bypassende pantoffels. As ek dit aantrek, voel ek skatryk! Dit voel vir my asof ek net die telefoon kan oplig vir kamerdiens en verder kan ek terugsit en ontspan.
Helena Smith
Jul 14, 2020


Raak Gees-vol
As jy vir krag, impak of resultate gekies het, dan het jy die gewilde keuses gemaak. Meeste gelowiges kies dit as hulle ‘Christelike sukses’ omskryf. Diensbaarheid, persoonlike toewyding en aanbidding kom hierna. Die hartseer is dat definisies van sukses, voorspoed en geluk in die wêreld soms net so deur kerklikes oorgeneem en op hulleself toegepas word. Dink daaraan, in die wêreld rondom ons gaan dit net oor krag, impak en sigbare resultate. Ons volg egter ‘n ander Heer met
Stephan Joubert
Jul 3, 2020
bottom of page
