top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Dans reg
Ek lees iewers die verhaaltjie van ‘n jong seun, wat op ‘n keer saam met ander ‘n tradisionele reëndans uitgevoer het, maar sonder sukses. T
Stephan Joubert
Aug 11, 2023


So, wie is my naaste?
“Wie is my naaste?” Wie van ons ken nie hierdie vraag nie. Dit word in Lukas 10 deur ’n skrifgeleerde aan Jesus gevra . Toe antwoord Jesus h
Stephan Joubert
Aug 3, 2023


Jesus maak my inmengerig … op die regte manier!
'n Klomp rowers wou een nag 'n klooster beroof. Hulle het verneem dat die plaaslike priester gereeld in sy preke na al die kerk se skatte verwys het. Nou wou hulle dit kom steel. Die priester het dadelik ingewillig en die rowers na 'n vertrek onder die kerkgebou geneem. Toe hulle daar instap, sien hulle ’n klomp arm mense, wat die aand daar oorgeslaap het. "Hier is die kerk se ware skatte," sê die priester toe vir die verbaasde rowers. "Om hulle te versorg, is om Christus sel
Stephan Joubert
Jul 31, 2023


Jy oes wat jy plant
Ja, dis waar, die Gees verander ons dag vir dag. Dít waarborg Hy in 2 Korintiërs 3. Ons het dit skriftelik op die hoogste gesag in die Bybel
Stephan Joubert
Jul 28, 2023


Onderdanigheid is nooit vloerlappigheid nie
Die Griekse woord “hupotassomai” word dikwels in Afrikaanse Bybelvertalings met onderdanigheid vertaal. Nee, “hupotassomai” beteken nie vloerlappigheid nie. Of slaafse onderdanigheid nie. Of opinieloosheid nie. Of ’n ekskuus-dat-ek-leef-ingesteldheid nie. “Hupotassomai” veronderstel ’n ingesteldheid van diensbaarheid teenoor ander. Dit gaan daaroor dat jy doelbewus jou eie idees, behoeftes en belange nie bo dié van iemand ander ag nie. Dit is sinoniem met opoffering en nederi
Stephan Joubert
May 22, 2023


Ons besit mekaar nie - ons dien mekaar
“I even own the air they breathe,” hoor ek ’n baas op TV sê, toe iemand met hom ’n onderhoud oor sy fabriek en sy werkers voer. Toe dink ek by myself: dit moet niks lekker wees om vir só iemand te werk nie. Sulke tipe mense word nie verniet control freaks genoem nie. Hulle hou daarvan om ander mense se lewens van A tot Z te beheer. Hulle geniet die mag wat hulle vir hulleself oor ander mense toe-eien. Wat ook al mense se beweegredes is om só op te tree, dit is uiters ongesond
Stephan Joubert
May 15, 2023


Klein is groot
Klein is nou die nuwe groot in God se koninkryk. Ek besef dit opnuut, toe ek onlangs die Britse liedjieskrywer, Martyn Joseph, se woorde oor
Stephan Joubert
Mar 31, 2023


Mors jy jou tyd?
“Jy mors jou tyd!” sê iemand by ‘n kerk onlangs vir ‘n jongmens, wat ‘n jaar van sy lewe afstaan saam met ‘n jeugspan van ‘n groot kerk om i
Stephan Joubert
Mar 24, 2023


Moenie maklik praat nie
“Dis maklik vir jou om te praat …” Hierdie refrein is altyd gewild. In ’n stukkende wêreld, waar mense hulleself graag in terme van hulle eie tekorte en hulle eie benadeeldheid verstaan, is dit nie vreemd dat iemand, wat opbouend praat, gou-gou uitgehaal word nie. “Dis maklik vir jou om dit of dat te sê, maar jy staan nie in my skoene nie!” Dit hoor jy soms as jy vir iemand sê om moed te hou. Of wanneer jy vir mense sê hulle moenie toelaat dat moeilike omstandighede hulle ond
Stephan Joubert
Feb 27, 2023


Klein dingetjies het ‘n groot impak
Iemand vertel my een keer van ‘n vriend van hom, wat ‘n besigheid gekoop het. Tot sy ontsteltenis vind hy uit dat die vorige eienaar nooit d
Stephan Joubert
Feb 24, 2023


Nie reg nie
Ek het grootgeword met die ongeskrewe maar gevestigde idée dat net leraars en sendelinge voltyds geroep is om vir God te werk. Die res van o
Stephan Joubert
Jan 6, 2023


Vergeet van ontruiming
Die Gees van God is nie tans besig met ‘n groot aardse ontruimingsaksie om ons hier weg te kry nie. Sy doel is nie om ons elkeen, wat voor Christus buig, so gou as moontlik uit die wêreld te kry nie, maar om die hemel juis hier tussen ons op aarde te laat grond raak. Die beste plek in die hemel is nou op aarde. Die Gees het God se koninkryk na ons toe gebring sodat ons juis hier en nou volspoed vir God kan leef. Nie een van ons is geroep om pad te gee uit die wêreld en by een
Stephan Joubert
Sep 23, 2022


Aanbidding: Wie of wat?
Een deel van ‘n kerkdiens, wat vir my heerlik is, is die lofprysing en aanbidding. Ek sing hartlik saam en geniet die kalmte en rustigheid, wat dit vir my bring. Nadat ek onlangs die boek, “The air I breathe”, van Louie Giglio gelees het, het ek agtergekom dat ek nie regtig geweet het waaroor lofprysing en aanbidding regtig gaan nie. Ek het agtergekom dat lofprysing en aanbidding nie net net tot die kerk beperk is nie, maar dat ek ‘n lewe van aanbidding moet lei.
Helena Smith
Jul 26, 2022


So leef iemand wat God se hart roer
Marietjie, my beste helfte, vertel nou die dag hoedat ’n dame wat sy ken, en wat dit self nie finansieel breed het nie, by ’n supermark ’n tweede myl gestap het vir iemand anders. Dit was ’n bejaarde man wat hulpeloos daar voor die winkel rondgestaan het. Toe vra hierdie dame spontaan vir hom wat het hy nodig. “Dis my vrou se verjaarsdag, en ek kan nie eers vir haar ’n verjaarsdagkoek koop nie,” het die 86 jarige man verleë geantwoord. Toe gaan koop sy net daar R800 se kos vi
Stephan Joubert
Jul 18, 2022


Wanneer leiers moet konfronteer…
Konfrontasie en vermaning is eenvoudig deel van ‘n leier se werk. Selfs van uiters goeie en verhoudingsensitiewe leiers is dit waar. Of ‘n spesifieke leier passievol glo in ‘n diensbare leierskapstyl, demokratiese leierskap, pannekoekstyl leierskap, empatiese leierskap of transformasieleierskap, dit maak geen verskil aan die feit dat op die een of ander tydstip, gaan die leier iemand moet aanspreek, teregwys of ten minste konfronteer nie. Die konfrontasie kan wees as gevolg
Roedolf Botha
Jul 13, 2022


Geloof gebeur op die Here se terme
Geloof is nie ’n selfverbeteringprogram nie. Geloof help jou nie maar net om ’n beter mens te word nie. Dit laat jou volgens Jesus se beginsels leef. Sy standaard is baie hoog. Sy standaard is dié van selfopofferende liefde. Sy liefde veroorsaak dat jy jouself prysgee in diens van God en ander. Sy liefde veroorsaak dat jy jou voorkeure, jou gerief, jou keuses, en jou leefroetes aanpas by dit wat God eer en wat ander mense bevoordeel. Dit veroorsaak dat jou keuses nie langer o
Stephan Joubert
Jun 9, 2022


Jy is deel van God se storie
Vir baie lank het ek geworstel met die vraag: wat is God se doel met my lewe? Waar pas ek by God se storie in? Ek was ‘n vrou, ‘n ma, ‘n onderwyseres en vriendin, maar soms het dit gevoel asof ek nog iets moes doen om my lewensdoel te vervul. Toe kom wys God my dat alles eintlik so eenvoudig is, dat ek in my daaglikse handel en wandel my doel kan uitleef.
Helena Smith
May 31, 2022


So leef ek stylvol vir die Here
Ek vergelyk myself nooit met ander mense wat op sekere gebiede van die lewe slegter daaraan toe is as ek nie. Nooit gebruik ek hulle omstandighede om myself of ander rondom my aan te spoor om meer dankbaar te wees nie. Ek leer by die Here self om dankbaar te wees, nie by ander mense wat goor omstandighede beleef nie. Ek is nie ’n lewende dreigement, wat gedurig vir almal vertel dat ons dankbaar moet wees nie. Ek IS dankbaar. Ek staan elke dag dankbaar op. Ek leef elke dag dan
Stephan Joubert
May 16, 2022


Leiers skep deugdelike omgewings vir werknemers
Geestelike leiers skep gesonde werkomgewings. Te veel werkspasies is toksies. Daar is byvoorbeeld ‘n gemeente, waaroor ek redelik bekommerd is. Min ander mense sou reken dat daar rede tot kommer is rakende hierdie spesifieke gemeente, aangesien dit uiterlik baie goed gaan. Die bywoningsgetalle van die eredienste lyk mooi, die inkomstes is glad nie sleg nie en hulle vaar goed op sosiale media. Oor die jare het ek konstant mense raakgeloop, wat daar werk of gewerk het. Deur die
Roedolf Botha
Apr 6, 2022


Staan op... uit jou gemakstoel
Niemand het nog ooit vanuit ‘n gemakstoel die wêreld andersom laat draai nie. Dis juis diegene, wat kies om uit hul geriefstoele op te staan en stroomop in plekke in te stap wanneer die res daaruit vlug, wat van die wêreld ‘n beter plek maak. Gemakstoele skep selfsugtige harte. God is egter op soek na mense, wat uit hulle gevaarlike gemakstoele opstaan en vir diens by Hom aanmeld. Hy soek manne en vroue, jonk en oud, wat bereid is om elke dag een gebed vir iemand anders te bi
Stephan Joubert
Jan 21, 2022


Maak tee vir Christus!
Een van die grootste lesse van my lewe het ek as ‘n jong outjie by ‘n kerklike kongres geleer. ‘n Klompie belangrike sprekers het ons oor nuwe maniere van kerkwees toegespreek. Tussendeur het ‘n vriendelike tannie elke dag vir ons almal daar by die kongres tee gemaak. Op die laaste dag gaan sê een van my vriende toe vir haar dankie. Haar antwoord het hom (en my) skoongeboul: “Ag Meneer, ek het net een gawe by God ontvang en dis om lekker tee te maak. Daarom maak ek oral vir m
Stephan Joubert
Dec 24, 2021
bottom of page
