top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


So, jy sê jy staan op die Bybel….
Die Bybel is ons anker. Dit is die Boek waarop ons staan. Maar ek het agtergekom dit is ’n ander vraag hoeveel mense weet regtig wat in die Bybel staan. Self is ek dwarsdeur my katkisasie jare in die kerk sonder om ooit een enkele Bybelboek deur te werk. Ja, ek het hulle almal se name geken, maar dit is omtrent al. Vir myself was die Bybel min of meer die Groot Verseboek. Hiervan gepraat, ek onthou my tannie het so ’n klein boksie met Bybelversies langs haar bed gehad. As ons
Stephan Joubert
Aug 31, 2020


God laat Homself vind
Die boek Job is juis ’n lewensgrootte worsteling met lyding en met God se rol hierbinne. Nadat Job self al sy kinders aan die dood verloor het, saam met al sy aardse besittings, worstel hy om sin te maak van die lewe en van God. Dan ontdek Job vir God op ’n nuwe manier in sy lyding. Hy loop in God vas, nie in rasionele antwoorde nie. Of is dit andersom? God loop in Job vas! Job ontdek dan dat die Here hom nie afgeskryf het nie. Hy leer God ken as die Een wat sy liefde en alma
Stephan Joubert
Jul 30, 2020


“Nee” is ’n sin
“‘No’ is a complete sentence,” skryf iemand. Wel, dit is … net soos die woord “ja.” Maar ons sê baie gouer “ja” as “nee”. Dit is hoekom dinge soms skeefloop. Ons wil nie mense se gevoelens seermaak nie, daarom sê ons maar “ja” as hulle verkeerde of oorhaastige besluite neem. Ons laat kinders te veel vryhede en dinge toe want as ons “nee” sê, dan hou hulle dalk nie meer so baie van ons nie.
Stephan Joubert
Jul 16, 2020


Studente van die begin af
Een van die bekendste tekste oor die Gees se werk is Handelinge 2:42. Dit vertel van die radikale verandering wat die Gees te weeg gebring het in die Christelike gemeenskap in Jerusalem. Wat my veral aangryp van hierdie Geesvervulde gemeenskap, is dat hulle hulleself eerstens toewy aan die leer van die apostels. In gewone Afrikaans gesê, hulle het dadelik aangemeld as studente in die apostels se Bybelskool!
Stephan Joubert
May 22, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Christene en die Korona-virus
Hierdie nuusbrief verskil van die gewone nuusbriewe. Prof N. T. Wright het ‘n brief in Time Magazine geskryf oor Christene en die Korona-virus. Omdat dit heelwat opslae gemaak het, het ek besluit om ‘n samevatting daarvan te maak. Weens sy klem op klaaglied/lament het ek oor ‘n artikel oor klaagliedere/lament aangeheg.
Coen Slabber
Apr 29, 2020


Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie
Die wêreld waarbinne die Bybel ontstaan het was ’n wêreld propvol dooie gode en godinne. Dit was vir baie mense in daardie tyd vreemd om te moes hoor daar is net een ware God. Tog is dit nie net die reine waarheid nie; dit is ook bevrydend. Om ’n horde gode te moet dien is sieldodend. Letterlik! Jesus het gesê ons kan nie vir twee here tegelyk werk nie. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie regtig oor sulke kapasiteit nie.
Stephan Joubert
Apr 23, 2020


Die afgewaterde evangelie
In ‘n nuwe studie deur die Barna-groep ‘State of the Church 2020” het hulle onderhoude met 500 senior pastore in die VSA gehou oor hulle grootste bekommernisse.
Coen Slabber
Apr 15, 2020


Hoor God
Om God in jou eie taal te hoor, is om nuwe taal te hoor. Nee, God praat nie maar net in ons bestaande tale nie. Hy gee terselfdertyd ook ‘n
Stephan Joubert
Mar 27, 2020


Hoor God
Om God in jou eie taal te hoor, is om nuwe taal te hoor. Nee, God praat nie maar net in ons bestaande tale nie. Hy gee terselfdertyd ook ‘n
Stephan Joubert
Mar 27, 2020


Terwyl ons weer leer hande was, leer ons nuwe dinge oor ons geloof
Wie weet, dalk bring hierdie nuwe tyd ons almal ’n paar treë nader aan die essensie van geloof soos wat die Nuwe-Testamentiese Christene dit
Stephan Joubert
Mar 23, 2020


Hoe om anderkant die “bubble wrap” vir Jesus te leef (... en goed te getuig)
Ek weet nie wat is die regte woord vir “bubble wrap” in Afrikaans nie. Maar jy weet waarvan ek praat. Ek bedoel daardie plastiese verpakking
Stephan Joubert
Feb 10, 2020


Die Messias
Vir baie mense is Kersfees nie volledig sonder dat hulle ‘n vertoning van Die Messias bygewoon het nie. George Frideric Handel het in sy dertigerjare van Duitsland na London verhuis. Handel het homself gesien as ‘n komponis van operamusiek. Maar die openbare belangstelling in operas het in Engeland getaan In 1741 het die mismoedige Handel gedink dat sy aftrede naby was. Hy staan voor ‘n beroepskrisis en baie mense het gedink dat hy na Duitsland sou terugkeer.
Coen Slabber
Jan 29, 2020


Die doel van invloed
Wat maak vir Jesus saak. Kyk na sy eerste preek. Ons kan nogal heelwat uit Lukas 4 van Jesus se prioriteite leer. Daar stel Hy die agenda vir die res van sy bediening. Jesus het gesê: die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig (Lukas 4:18 – 19).
Coen Slabber
Jan 22, 2020
bottom of page
