top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Een van Jesus se lewende tekste
In haar boek: “Oranges are not the only fruit” skryf Jeanette Winterson: “The trick is to turn your own life into something that has meaning for people whose experience is nothing like your own.” So moet ons as navolgers van die Here vir Hom leef. Ons lewe moet ’n leesbare verhaal wees in die teenwoordigheid van mense, wat dieselfde én anders as onsself leef en glo. So by so is ons elkeen se lewe ’n oop boek. Ander mense lees ons gedurig. En ons lees hulle. Van ons kant af mo
Stephan Joubert
May 17, 2021


Gee al die spasie vir die hemelse Binnehuisversierder
Dit was die skrywer Franz Kafka, wat gesê het ’n goeie boek moet soos ’n byl wees om daardie bevrore oseaan binne-in ons elkeen oop te breek. Op sy beurt skryf Paulus in 2 Korintiërs 3:2-3 dat dit God se Gees is wat ons harde harte verander en oopbreek. Hy doen dit wanneer Hyself ons harte as Sy nuwe skryfpapier gebruik. Die Gees skryf nie meer op harde klip, soos daar in Moses se dae toe die wet nog op kliptafels was nie. Hy skryf hier binne-in ons. Met die Woord as Sy rigsn
Stephan Joubert
May 10, 2021


As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie
“Life must be undergone.” So skryf die bekende digter, John Keats (1795–1821), op ’n keer vir ’n goeie vriend van hom. Keats was nie onbekend met depressie of met wisselende emosies nie. Hy het geweet van daardie groot donkertes wat soms op jou lewe toesak. Tog het hy geweet dat hy met sy goeie vriende hieroor kon praat. Van depressie gepraat - ook hier in ons dag kuier sulke ongenooide gevoelens by baie mense. Moenie dit in die geheim ontvang nie. Moenie gratis verblyfreg hi
Stephan Joubert
Apr 8, 2021


Dink anders!
Hoeveel keer het sulke gedagtes nie al deur jou kop gemaal nie? Jy besluit jy wil nooit weer aan iets dink wat lei tot sonde nie. Jy probeer hard om dit te vermy. Maar voordat jy jouself kan kry, het jy al weer daaraan gedink. Of dit gedoen. Hoekom faal jy gedurig as jy besluit om nooit weer te dink aan iets wat verkeerd is nie, maar nogtans daaraan dink? En weer en weer ... ? Die rede is interessant. Jou brein is eintlik nie gemaak om agterstevoor te dink nie. Dit kan nie ef
Stephan Joubert
Mar 22, 2021


Wat het vrye toegang tot jou kop?
Jy is wat jy dink. Dit waarvan jou kop vol is, lek uit in die res van jou lewe. Dit wat jy deur die hekke van jou kop inlaat en daar verwelkom, bepaal jou denke, jou emosies, jou perspesies, en jou gedrag. Terloops, jou gedagtes gebeur teen ‘n verbysterende spoed. Impulse word van een senuwee-eindpunt na die ander in die brein teen snelhede van oor die 300 km/s oorgedra.
Stephan Joubert
Mar 15, 2021


Is Jesus se vriende ook jou vriende?
Spreuke sê ons moet dwase vermy. Ook moet ons uit die pad bly van skelms en skurke. Dit beteken egter nie ons moet almal systap met wie ons verskil nie. Ek praat nou van diegene van wie ons verskil oor geloof en ander kwessies in die lewe. Hiervan gepraat: hoeveel mense wat anders glo en leef as jyself, beskou jou as ‘n vriend van hulle? Of is jy dalk so vroom dat geen sondaar ooit naby jou wil kom nie? Jesus het vreemde vriende gehad. Hy word juis in Matteus 11:19 deur die g
Stephan Joubert
Jan 28, 2021


Nadenke in ‘n besige lewe
Om tyd vir nadenke te maak, is belangriker as ooit. Ons leef in ‘n wêreld wat nooit tot rus kom nie. Daar is inligtingoorlading, met 24/7 toegang.
Coen Slabber
Dec 2, 2020


Wat maak ons met ons gevoelens?
Ons het in ons gemeente ‘n empiriese studie gedoen oor wat die dinge is waarmee ons mense die meeste worstel in hierdie vreemde tyd. Meer as vyf- en tagtig persent het aangedui dat hulle nie aldag weet wat om met hulle gevoelens te maak tydens lockdown nie. Emosies speel sokker met hulle eienaars in so ‘n mate dat sommige van die geliefdes rondom ons slagoffers word van ons innerlike worstelinge. Hierdie aanduiding word relatief sterk bevestig wanneer mens die media en sosial
Roedolf Botha
Jul 7, 2020


Maak jou kop weer jou vriend
Jou kop is nie aldag jou beste vriend nie. Jou kop het allerlei onbewuste “padkaarte” wat jou lewe “programmeer.” Jy weet dit nie eens nie, maar baie van jou negatiewe gevoelens en emosies word hierdeur aangevuur. Jy moet ingryp op jou kop.
Stephan Joubert
Jun 11, 2020


Jesus in die fokus
Wanneer die Gees werk, val die klem altyd op Jesus. Dis 'n beginsel wat ek regdeur die Nuwe Testament raakloop. Jesus self het beloof dat dit sal gebeur. Die Gees sal Hom verheerlik as Hy weggaan (Johannes 16:14). Die Heilige Gees is nie ‘n aandagtrekker nie. Hy skuif graag agter Jesus in. Sy werk is om die fokus op Jesus te hou. Daarom sien ek dat die Gees kliphard aan die werk is in kerke waar Jesus vreesloos verkondig word.
Stephan Joubert
Apr 17, 2020
bottom of page
