top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie dreig om dankbaar te wees nie. Doen dit net!
Almal praat daaroor as ‘n leraar ophou glo, maar niemand prys die Here, wanneer derduisende leraars aanhou glo nie. Almal praat daaroor wanneer een kerklike skynheilig is, maar niemand is bly dat die meeste gelowiges opreg leef nie. Dit lyk my slegte nuus kry selfs al in die kerk die oorhand oor goeie nuus. Keer asseblief dat so iets met jou gebeur. Hoe?
Stephan Joubert
Nov 21, 2022


Waarheid is nie ’n seermaakmiddel nie, dis ‘n geneesmiddel
As jy die waarheid padlangs wil hoor, dan moet jy met klein kindertjies gesels. Dit besef ek onlangs toe ek vir ons vriende se seuntjie sê hy het groter geword sedert ek hom laas gesien het. Net daar antwoord hy my: “En oom het ouer geword.” Ons as grootmense is veels te omsigtig met die waarheid. Of dalk te polities korrek. Ons wil net nie hê ander mense moet aanstoot neem nie, veral nie diegene, wat deesdae so maklik “aangestoot” voel nie.
Stephan Joubert
Nov 17, 2022


Oppas dat stereotipes jou lewe oorneem
Iemand vertel nou die dag op ‘n openbare platform dat ’n bekende filmster arrogant is. Hierdie ster het geweier om met ’n jong meisie te praat, terwyl hy saam met iemand geëet het. Sy het ongevraagd afgestap op die ster en haar selfoonnommer in sy hand gestop. Hy wou egter nie haar selnommer aanvaar nie. Nou is daardie “Top Gunner” blykbaar ongeskik op grond van een insident. Toe ek dit lees, dink ek by myself dis presies hoe stereotipes gevorm word. ’n Enkele interaksie met
Stephan Joubert
Nov 14, 2022


Kleur die lewe in met geloof, hoop en liefde
Sowat vyftien dae na ons geboorte begin ons om tussen kleure te onderskei. So leer die slim mense ons. Vir die res van ons lewe is ons dan deur kleur omring. Geen wonder dat ons vir ons kinders van kleinsaf leer om in te kleur nie. Hulle kleurlose inkleurboeke moet met behulp van kleurkryte lewe kry. Ongelukkig pak baie van ons ons kleurkryte weg, wanneer ons groot word. Fout! Die lewe kort kleur. Dit kort die geloofskleure van geloof, hoop en liefde. Deur die Here se goedhei
Stephan Joubert
Nov 10, 2022


Nie deur skuldgevoelens nie, maar deur Christus
Skuldgevoelens is ’n gewilde hefboom. Baie mense gebruik dit om ander te beweeg om sleg of skuldig te voel,of om dankbaar te wees of betrokke te raak. Hulle vertel graag vir jou hoe arm, siek, en benadeeld ander mense is. Hierna sê hulle vir jou dat jy moet dankbaar wees jy staan nie in daardie mense se skoene nie.
Stephan Joubert
Nov 7, 2022


Wees gereed om ’n superheld te wees as God op jou knoppie druk
Jy hoef regtig nie spesiale kragte te hê om ’n superheld te wees nie. Doodgewone helde is steeds die wêreld vol. Dit is daardie pa, wat in Natal se see duik en sy kind red, maar wat ongelukkig self verdrink. Dit is die vrou in Centurion, wat ’n hulpsentrum vir mishandelde vroue begin, nadat sy vroeër self vir dood agtergelaat is na gesinsgeweld. Dit is een seun, wat plaasaanvallers se koeëls vat om sy ouers se lewens te red. Dit is die taxibestuurder, wat langs die pad stop o
Stephan Joubert
Nov 3, 2022


Nog meer goeie nuus, asseblief
“Julle moet meer teen sonde preek,” sê iemand in die publiek. “Vandag se jongmense het nie meer ’n sondebesef nie. Dit moet weer by hulle ingedril word.” Iemand anders antwoord toe: “Ek dink ons moet nog meer oor Christus preek!” “Nee, dit is omdat die kerk sag geword het op sonde dat dit so sleg gaan,” kom die reaksie. Terwyl ’n leraar my vertel van hierdie gesprek, wat hy iewers in die publiek beleef het, wonder ek hoekom meen sommiges dat nog meer klem op sonde en op alles
Stephan Joubert
Oct 31, 2022


Doen die evangelie “laagdrempelig”
Onlangs moes ek ’n draai in Nederland maak. Toe gaan loer ek in by vriende, wat onlangs soontoe verhuis het. Hulle leer my toe ‘n mooi Nederlandse woord, wat ek nog nooit gehoor het nie: “laagdrempelig.” Hierdie woord beteken iets soos toeganklik of maklik verstaanbaar. In elk geval, Nederlandse gemeentelede het vir my vriend, wat self nou ook ‘n leraar daar is, vertel dat sy preke altyd “laagdrempelig” moet wees. Die teenoorgestelde hiervan is sekerlik dan hoogdrawend. Daari
Stephan Joubert
Oct 27, 2022


Nie behoefte-aangedrewe nie
“You can’t always get what you want.” So sing Mick Jagger en die Rolling Stones. Inderdaad! Ons kan nie altyd kry wat ons wil hê nie. Daarom is baie mense ongelukkig, want hulle is “wants and needs driven”, soos wat die Engelse dit sou sê. Hulle leef behoeftegedrewe. So ’n leefwyse is ’n bodemlose put. Behoeftegedrewe mense het nooit genoeg nie. Daar is altyd nog iets, wat hulle kortkom voordat hulle regtig gelukkig in hulle eie oë kan wees. Hulle glo dat die volgende item op
Stephan Joubert
Oct 24, 2022


Oppas vir daardie GEVAARLIKE VYF
In die gelykenis van die saaier in Markus 4 waarsku Jesus dat sommige mense hulle geloof langs die lewenspad sal prysgee. Vyf geloofsdiewe is die rede hiervoor. Jesus noem hierdie GEVAARLIKE VYF by die naam: (a) lyding, (b) ernstige teenstand teen die evangelie, c) bekommernisse oor alles, wat verkeerd gaan in die lewe, (d) liefde vir besittings en (e) die suigkrag van vernietigende begeertes.
Stephan Joubert
Oct 20, 2022


Saam-saam, eerder as een-alleen
Twee is beter as een, vertel die Prediker vir ons. Hy skryf in Prediker 4:9 - 12 dat wanneer twee mense saam is en een van hulle val, dan kan die ander een hom ophelp. Of as twee mense langs mekaar slaap, kan hulle mekaar warm hou. Twee kan ook beter weerstand bied, as hulle aangeval word. Uiteindelik kom die Prediker dan tot die gevolgtrekking dat ’n driedubbele tou nie maklik breek nie. Kortom, hy leer ons dat ons nie gemaak is om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het m
Stephan Joubert
Oct 17, 2022


Praat nadat jy gedink het
Gebruik jou kop voordat jy jou mond gebruik. Dit klink na wyse raad. Wag, dit is nie net goeie raad nie - dis die waarheid. Praat sonder om te dink is pure dwaasheid. Die Spreukeboek sê oor en oor ons moet ons woorde in toom hou. Ons moet ons woorde se skerpheid stomp vyl.
Stephan Joubert
Oct 13, 2022


Nie regrukkers nie maar oorvertellers
“Pa, jy preek my ore pap!” Jare gelede het my jongste een oggend na kerk dit kwytgeraak. Dit was nogal ’n waterskeidingopmerking. Toe ek na die tyd hieroor nadink, het ek besef dat ekself dit my voltydse besigheid gemaak het om ander mense uit te sorteer, reg te ruk, en te “fix.” Ek vermoed baie ander gelowiges doen dit ook. Ons is gedurig besig om vir ander te vertel wat fout in hulle lewe is. Of wat fout met Suid Afrika en met die res van die wêreld is. “Help dit ooit?” he
Stephan Joubert
Oct 10, 2022


Hou op om jou foute in die oë te kyk
“Ek moet ’n slag my foute in die oë kyk,” sê iemand tydens ’n gesprek. “Om wat daarmee te maak?” vra iemand anders. Hierdie vraag het ons almal onkant betrap. Oorhaastig raak ons dinge kwyt soos: “’n Mens moet leer uit jou foute.” Maar doen ons dit ooit? Leer ons regtig uit ons foute? Dan sou ons dit tog nie herhaal het nie. Kyk ons ooit ons probleme in die oë? Dan sou ons dit tog raakgesien het wanneer daardie einste foute weer voor ons oë opduik.
Stephan Joubert
Oct 6, 2022


Lag - dis ’n Bybelse opdrag
Die bekende Mayo-kliniek in die VSA stem hiermee saam. In ’n artikel oor die korttermyn en langtermyn effek van lag bevind hulle dat om gereeld te lag, stres verlaag. Dit stimuleer organe soos die hart en longe op gesonde maniere, dit bevorder die afskeiding van gesonde endorfiene deur die brein, ensovoorts. Maar nog meer, lag is ook ’n Bybelse opdrag. Laat ek dit reg sê: blydskap is voorskriftelik op baie plekke in die Bybel.
Stephan Joubert
Oct 3, 2022


Die regte keuse is nie die maklike keuse nie
Nadav Ben-Yehuda was 300 meter van die kruin van Everest af, toe hy afkom op ’n Turk, Aydin Irmak, wat bewusteloos was. Nadav was egter op die punt om die jongste Israeli te word om die kruin te bereik, maar toe maak hy die keuse om eerder vir Irmak te help. Hy het geweet dat as hy dit nie doen nie, sou Irmak sterf. Onder uiters moeilike omstandighede het Nadav hom toe teen die berg afgedra. Hierdie terugtog het meer as nege uur geduur. Nadav het groot skade aan sy vingers op
Stephan Joubert
Sep 29, 2022


Christus is dieselfde, al verander alles
Geen handboek kon ons voorberei het op hierdie nuwe wêreld, waarbinne ons tans leef nie. Die Corona-virus het ons deel gemaak van ’n wêreld van konstante verandering. Die Europese denker, Zygmunt Baumann, het juis die term “liquid modernity” gebruik om ons onseker tydsgees mee te beskryf. Hiermee bedoel hy alles is aan’t vloei. Niks in die samelewing hou meer vir lank nie. Stelsels raak gouer in onbruik as die tyd wat dit geneem het om hulle op te rig.
Stephan Joubert
Sep 26, 2022


Ons lyf is nie ons eie nie
Die bekende Franse geleerde, Marcel Mauss (1872-150), het in 1934 ’n referaat gehou, wat vandag steeds oor verskillende kulture se idees oor die regte liggaamshoudings en gedrag aangehaal word. Mauss vertel onder andere in hierdie studie hoe Engelse soldate in die loopgrawe gedurende die eerste wêreldoorlog nie die grawe kon baasraak, waarmee Franse soldate, soos hyself, hulle loopgrawe gegrawe het nie. Toe moes daar inderhaas 8000 nuwe “Engelse” grawe vervaardig word.
Stephan Joubert
Sep 22, 2022


Ek het oorgenoeg van alles wat saak maak
Wanneer laas het jy gehoor dat mense sê hulle het genoeg? Ek bedoel genoeg geld, genoeg kos, genoeg inkomste, genoeg klere, veiligheid, vriende, tyd, vakansie, geloof, besittings, geleenthede, kennis, vryheid, geluk, gesondheid ...? Elke keer wanneer die vraag van genoeg ter sprake is, het niemand genoeg nie. Mense kort altyd nog iets … net nog ’n bietjie meer geld … net nog ’n bietjie meer tyd … net nog ’n ekstra kans. Net nog iets.
Stephan Joubert
Sep 19, 2022


Goeie klei in die hande van die Pottebakker
Jy word nie vanself fikser of sterker nie. Jy weet dit kos inspanning en harde werk. Dieselfde geld wat jou karaktervorming betref. Jou karakter groei nie outomaties Godwaarts nie. Jou karakter neem slegs die regte vorm aan deur aanhoudende gehoorsaamheid aan die Here se wil. Dit gebeur deur jou bewustelike keuses om God en ander mense lief te hê. Wanneer jy oor en oor kies om Hom voorop te stel en om ander mense raak te sien, word dit tweede natuur in jou lewe. Dan raak jy a
Stephan Joubert
Sep 15, 2022


Staan sterk tussen al die trappers
Nikita Khrushchev was vanaf 1958 tot 1964 die Russiese leier. Hy het die berugte diktator, Josef Stalin, opgevolg. Khrushchev is een keer in die middel van ’n toespraak deur ’n onbekende persoon in die gehooronderbreek. Hierdie persoon het hardop gevra hoekom Khrushchev nie vir Josef Stalin gestuit het, wat soveel onskuldiges se bloed vergiet het nie. Toe het Khrushchev blykbaar hard uitgeroep: “Wie het dit gesê?” Niemand het gewaag om te antwoord nie. Die gehoor was doodstil
Stephan Joubert
Sep 12, 2022
bottom of page
