top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


’n Teleurstelling en ’n teleurgestelde … of nie!
’n Wyle gelede vertel iemand my dat aan 'n Bybelstudiegroep by haar werk onttrek het. Alles daar het om die betrokkenes se groot geestelike deurbrake, hulle spesiale gebedsverhorings en die jongste profesieë, wat hulle sou ontvang het, begin draai. Sy het gevoel sy is nie geestelik genoeg nie. Maar haar seepbel het behoorlik gebars, toe hierdie vroom Bybelstudiegroep nie betrokke wou raak by ’n nie-gelowige kollega, wat geldelik en emosioneel swaargekry het nie. Sy was teleur
Stephan Joubert
Jul 6, 2023


Kom huis toe - alles is vergewe!
Die bekende skrywer, Ernest Hemingway, vertel in “The Capitol of the World” van ‘n seun, genaamd Paco, wat na ‘n woordewisseling met sy pa pad gee uit sy ouerhuis. Later gaan die bedroefde pa orals in Spanje na sy kind soek, maar sonder enige sukses. Uiteindelik plaas hy ’n advertensie in ‘n dagblad in Madrdid, El Liberal,met die woorde: “Paco, meet me at Hotel Montana. Noon Tuesday. All is forgiven.” Maar die pa was nie voorbereid op die reaksie, wat sy advertensie tot gevol
Stephan Joubert
Jul 3, 2023


Die lewe is nie regverdig nie, maar God is by ons
By die dag neem swaarkry toe. Elke dag hoor jy van nog mense, wat gekaap is. Of van nog mense, wat al hulle geld verloor het omdat skelms toegeslaan het op hulle bankrekenings. Mense sê orals vir mekaar die lewe is moeilik. Baie voel asof God van hulle vergeet het. Ongelukkig is die lewe nie aldag regverdig nie. Opregte mense verloor soms alles, wat hulle besit, terwyl skurke en skelms floreer. Die wiel is veronderstel om te draai, soos wat sommiges graag sê, maar dit doen ni
Stephan Joubert
Jun 29, 2023


Lag gelowig
In ’n onlangse boek oor die impak van humor vertel Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas van ’n stukkie navorsing wat bevind ’n gemiddelde vierjarige kind lag amper 300 keer per dag, terwyl dit ’n veertigjarige ’n volle tien weke neem om 300 keer te lag. Eina! Hoor weer: dit neem ’n volwassene 70 dae om soveel te lag soos wat ’n klein kindjie in een dag lag.
Stephan Joubert
Jun 26, 2023


Moenie dat ouderdom jou ooit onkant betrap nie
Spreuke 16:31 sê grys hare is soos ’n kosbare kroon vir mense, wat weet hoe om reg te leef. Party mense word egter meer omgesukkeld namate hulle ouer word. Hulle sê wat hulle wil net wanneer hulle wil. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid daag nie oornag op nie. Dit kom ’n lang pad. Kwaai jongmanne verander algaande in knorrige ou ooms. Moeilike dames ontaard later in selfgesentreerde tannies.
Stephan Joubert
Jun 22, 2023


Kom sit hier by die regte vuur
Lewensgevaarlike vure brand orals, vure van haat, geweld, ongeloof en vernietiging. Die skade wat hierdie vure aanbring, is onberekenbaar groot. Almal in die nabyheid van hierdie vure brand seer. Hier doen almal ernstige brandwonde op, brandwonde van woede, bitterheid, sinneloosheid, ongeloof en vrees. Almal, wat uiteindelik vasgekeer raak deur sulke vure, leef en sterf in wanhoop. Daarom moet jy dadelik padgee, wanneer sulke vure in jou nabyheid begin brand. Moenie nog meer
Stephan Joubert
Jun 19, 2023


Gee jou lewe lig, Jesus S’n
“Die kamera is altyd op ons,” sê sy. “Hoe bedoel jy?” vra ek. “Ander mense se oog is altyd op ons.” Net so. Ek kon nie anders as om met haar saam te stem nie. Mense kyk mekaar gedurig uit. Of ons nou ry in die verkeerry en of ons iewers in ‘n tou staan - ander sien heeltyd raak wat ons doen. Ons is gedurig in mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself ook nie aan elke liewe kyk te steur nie, anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Jun 15, 2023


Nederig genoeg om op te kyk na God en na mekaar
Ek onthou ‘n verhaaltjie van ‘n koning, wat baie omgekrap was, omdat hy niks by enigiemand kon leer nie, wat ek een keer raakgelees het. Almal was volgens hom te dom. Uiteindelik bring sy raadgewers ’n jong seun na hom toe. “Wat kan ek by jou leer?” wou die koning dadelik weet. Toe vra die seuntjie vir die koning of hulle twee vir ’n oomblik plekke kan omruil. Hy wil graag op die koning se troon sit en die koning moet vir ’n paar oomblikke op die grond voor hom sit. Huiwerig
Stephan Joubert
Jun 12, 2023


Speel daardie twee geloofkaarte reg
Jy moet die hand speel wat vir jou uitgedeel is. So lui die spreekwoord. Dit behels dat jy moet weet watter kaarte is in jou hand is en wat die beste opsies daarmee is. Jou eerste speelkaart is dat jy ’n voltydse geseënde kind van God is. Dalk het jy hierdie wenkaart laat val, omdat jy afgeleer het om jou oog op Sy voltydse goedheid te hou. Staak dit. Moenie net fokus op alles, wat skeefloop nie. Psalm 37 sê jy moenie jou kop breek oor al wat ’n skelm is nie. Woon en werk rus
Stephan Joubert
Jun 8, 2023


Gesonde families is gelyk aan ’n gesonde samelewing
Op ’n dag is die beroemde psigiater, Viktor Frankl (1905-1997), in kennis gestel dat sy visum gereed was om na die VSA toe te emigreer. Dit was gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe hy en sy familie in Wenen gewoon het. Vervolging van Jode was toe daar in Oostenryk aan die orde van die dag. Op pad terug huis toe met sy visum, kom daar toe groot twyfel in sy hart. Wat sal van sy ouers word? Moet hy hulle oorlaat aan hulle eie lot daar in Wenen? Toe hy tuiskom, tref hy sy pa in
Stephan Joubert
Jun 5, 2023


Jou lewe word nie gebou in jou eie fabriek nie
Jy is nie die argitek van jou eie lewe nie. Jy het nie al jou lewensplanne eiehandig ontwerp nie. Jy het ook nie jou lewe in jou eie fabriek aanmekaar gesit nie. Nog minder speel jy gedurig eienaarbouer, wat leef soos wat dit jou pas. Jy is hier op aarde weens God se genade. Jy is hier omdat Hy dit so wil. Daarom vertrou jy jouself gedurig toe aan Sy Gees as bouer en as binnehuise versierder van jou lewe. Jy bou jou lewe dag vir dag op die Here as jou Rots, soos wat Jesus in
Stephan Joubert
Jun 1, 2023


“Wat as?”
Jy ken daardie dodelike duo. Ek praat van daardie gevaarlike twee woorde: “Wat as..?” Wat as Eskom nie regkom nie? Wat as beurtkrag toeneem? Wat as die onderwys in duie stort? Wat as misdaad nog toeneem? Wat as my gemeente krimp en moet toemaak? Wat as my geld nie gaan hou nie? Wat as daar nie werk vir my kinders of kleinkinders gaan wees nie?
Stephan Joubert
May 29, 2023


Moet tog nie so gou aanstoot neem nie
“Ek neem aanstoot.” “I’m offended.” Dit is die in-ding om deesdae te sê. Natuurlik is sekere dinge en sekere opmerkings aanstootlik, maar ons moet oppas dat ons darem ook nie te fyngevoelig raak nie. Interessant genoeg is dit juis God se liefde, wat ons hiermee help. Paulus skryf onder andere in 1 Korintiërs 13 dat die liefde veroorsaak dat ons alles verdra wat mense na ons kant toe aangee. Die liefde het tot gevolg dat ons nie gedurig duistere motiewe in alles, wat ander men
Stephan Joubert
May 25, 2023


Onderdanigheid is nooit vloerlappigheid nie
Die Griekse woord “hupotassomai” word dikwels in Afrikaanse Bybelvertalings met onderdanigheid vertaal. Nee, “hupotassomai” beteken nie vloerlappigheid nie. Of slaafse onderdanigheid nie. Of opinieloosheid nie. Of ’n ekskuus-dat-ek-leef-ingesteldheid nie. “Hupotassomai” veronderstel ’n ingesteldheid van diensbaarheid teenoor ander. Dit gaan daaroor dat jy doelbewus jou eie idees, behoeftes en belange nie bo dié van iemand ander ag nie. Dit is sinoniem met opoffering en nederi
Stephan Joubert
May 22, 2023


Leef ’n trefferverhaal, die Here S’n
Orals laat ons afdrukke agter van onsself. Ons vingerafdrukke, ons voetspore en ons teenwoordigheid maak tydelike en soms ook blywende afdrukke. Om seker te maak dat dit goeie afdrukke is, moet ons ons lewe gedurig toevertrou aan die hande van die Here. Paulus vertel juis in 2 Korintiërs 3:3 dat ons as gelowiges ’n lewende brief van Christus is. Hierdie brief word nie met gewone ink op gewone papier geskryf nie. Die Gees van die Here is met hierdie skryfwerk op ons harte besi
Stephan Joubert
May 18, 2023


Ons besit mekaar nie - ons dien mekaar
“I even own the air they breathe,” hoor ek ’n baas op TV sê, toe iemand met hom ’n onderhoud oor sy fabriek en sy werkers voer. Toe dink ek by myself: dit moet niks lekker wees om vir só iemand te werk nie. Sulke tipe mense word nie verniet control freaks genoem nie. Hulle hou daarvan om ander mense se lewens van A tot Z te beheer. Hulle geniet die mag wat hulle vir hulleself oor ander mense toe-eien. Wat ook al mense se beweegredes is om só op te tree, dit is uiters ongesond
Stephan Joubert
May 15, 2023


Om nie te haat nie, is sukses!
Niemand wil eintlik deesdae hoor van die ander wang draai nie. Daar is net teveel mense, vir wie ons dit daagliks moet doen. Nogtans is hierdie opdrag van Jesus in die Bergrede nie opsioneel vir ons as Sy navolgers nie. Dit is nie asof Jesus se leringe bedoel is as ’n spyskaart met verskillende geestelike opsies,waaruit ons kan kies wat vir onsself werk en dan die res kan ignoreer nie.
Stephan Joubert
May 11, 2023


Vra jou vrae sonder om gedurig alles te bevraagteken
Die Nobelpryswenner en fisikus, Isidore RabI, vertel hoedat sy maats gedurende sy kinderjare gedurig na skool by hulle ouers een vraag gehoor het: “Wat het julle vandag geleer?” Sy ma het egter iets anders vir hom gevra: “Izzy, did you ask good questions today?” Om goeie vrae te vra, is om te groei. Om goeie vrae te vra, is om aanhoudend nuwe dinge te leer.
Stephan Joubert
May 8, 2023


Ek mag my lot bekla by God
Die skrywer van Psalm 88 verkeer in groot nood. Hy beskryf sy swaarkry as ’n diep, donker put. Op ’n soortgelyke manier verwoord Psalm 69 se skrywer sy eie nood as stormwaters waarin hyself vasgevang is. Dit het reeds tot by sy keel gestyg. Hy is boonop ook nog vasgekeer in die modder. Hy kan nie meer regop staan nie. Tussendeur skree hy aanhoudend om hulp. Hy is al moeg gepleit en stokflou gebid, want sy nood hou net nie op nie.
Stephan Joubert
May 4, 2023


Om “onderweldig” te wees
“Oorweldig” is ’n mooi Afrikaanse woord. Dit sê jy is só beïndruk met iets of iemand dat jy nie genoeg woorde het om jou goeie emosies te beskryf nie. In Engels sê mense graag hulle is “overwhelmed”, maar partykeer is ons ook “underwhelmed”. Ek dink nie daar is ’n gepaste Afrikaanse woord hiervoor nie - kom ons skep sommer een: “onderweldig!” Mense wat “onderweldig” is, is net mooi glad nie beïndruk met enigiets of enigiemand nie. “Onderweldigheid” tref mense soms ook in die
Stephan Joubert
May 1, 2023


Hoe hoër die goor emosies, hoe laer die IK
Ons dink nie helder en logies as ons baie kwaad is nie. Dan sê ons gewoonlik dinge waaroor ons na die tydspyt is. Ons dink ook nie helder of logies as ons bang is nie. Dan wil ons eintlik net daardie Trippel-V ding doen: vries, veg of vlug. Ons is fisiologies bedraad dat sulke negatiewe veg-, vries- of vlugemosies ons denke afsny. Wyse gedagtes en goor emosies kan nie gelyktydig binne ons gebeur nie. Anders gesê: hoe hoër die negatiewe emosies in onsself, hoe laer die IK. Of
Stephan Joubert
Apr 27, 2023
bottom of page
