top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Wees ’n lewende antwoord vir die Here
Eers was dit ver. Nou is dit naby. Ek praat van dié Virus. Vroeër het ander mense dit gekry. Nou gebeur dit sommer hier in ons eie huis. Skielik moet ons almal die dood, wat op ons eie voorstoeppe opgedaag het, hanteer. COVID is nie grappies nie. Ja, dit is verlede jaar se nuus dat die koronavirus die wêreld onherroeplik verander het. Maar hier in 2021 voel ons elkeen dit al hoe meer aan ons eie lywe. Ook is dit nie nuwe nuus dat daar derduisende godsdienstige verklarings is
Stephan Joubert
Aug 12, 2021


My hande mag dalk afgekap wees, maar ekself is nie…
“My hande is afgekap.” Mense, wat dit sê, probeer eintlik vir jou sê hulle kan jou nie help nie. Wel, dalk moet ons vir mekaar sê dat ons nie net ons hande nodig het om mekaar te help nie. Dikwels is die heel beste hulp, wat ons kan gee, om net daar te wees vir mekaar. Nie ons woorde nie, nie ons dade nie, nie ons opinies nie - slegs ons daarwees is die meeste van die tyd nodig. Ek het dit geleer by ‘n leraarsvriend, wat reeds afgetree het. Ek onthou hoe almal in sy gemeente
Stephan Joubert
Jul 8, 2021


Gebede wat God se hart raak
Gebed is nie speletjies nie. Regtig, dit is nie! Om te bid is om in die teenwoordigheid van Hom te wees wat tyd en ewigheid in Sy hande vashou. Daarom dat Prediker 4:17 - 5:2 ons herinner dat ons gebedswoorde min moet wees. Dit moet goed deurdag wees. Jesus sê in dieselfde trant in Matteus 6 dat ons God nooit met ‘n massa woorde moet probeer beïndruk nie. Dit help nie. Hy is ons Vader. Hy weet by voorbaat wat ons nodig het. Nogtans storm ons nooit nonchalant of onvoorbereid b
Stephan Joubert
Jul 5, 2021


“Die oom bid my hamburger koud”
“Pappa, die oom bid my hamburger koud!” Dit was een dogtertjie se woorde tydens ’n lewenslange gebed van een van die grootmense net voor ’n ete. Toe was daar omtrent konsternasie. Van sulke lang gebede gepraat - ek onthou hoedat die bekende prediker, D. L. Moody, een keer ‘n lewenslange bidder onderbreek het. Aan die einde van een van sy dienste het iemand in die gehoor opgestaan en baie lank gebid. Later het Moody toe opgestaan en vir die ander mense gesê dat, terwyl hierdie
Stephan Joubert
Jun 21, 2021


Luister na die eggo’s van jou woorde
Het jy al in ‘n kloof gestaan en geluister na die eggo van jou eie woorde? Dit laat my net besef wat die effek van my woorde is. Sodra dit my lippe verlaat, eggo my woorde in ander se ore. My woorde het oneindige moontlikhede. Ek kan kies, soos die dwaas na wie Spreuke 12:18 verwys, om my woorde as messteke te gebruik om ander mense se lewe vol gate te maak, presies soos wat die Korintiërs aangevang het deur mekaar voor die hof te daag. Of ek kan kies, soos die wyse, om my wo
Stephan Joubert
Mar 12, 2021


Is lelike taal die nuwe normaal?
Toe ek onlangs deur ’n boekwinkel stap, sien ek dit is die nuwe modegier om kragwoorde in boektitels te gebruik. Daar is darem nog ’n paar ** tussen die letters, maar almal weet tog wat daar staan. Toe dink ek baie mense praat in elk geval so - politici, sportafrigters, filmsterre, komediante, gewone mense (sic!) … Is sulke taal nou die nuwe normaal?
Stephan Joubert
Mar 11, 2021


Dit is makliker om met God te praat as met party mense
Dit is makliker om in gebed met God te praat as met sommige mense. Want: God luister, maar mense luister nie aldag nie. God hoor, maar party mense maak net of hulle hoor.
Stephan Joubert
Mar 4, 2021


Tel jou woorde, tel hul een vir een
Om een of ander rede meen sommige mense dat “mondsondes”, soos kwaadpraat, goor taal en skinder nie so ernstig is soos daardie eintlike “groot sondes” soos owerspel, korrupsie of dronkenskap nie. Daar is al wie weet hoeveel kerklike verslae opgestel oor die jongste openbare sondes van die dag. Maar, vreemd genoeg, beskou godsdienstiges dit nooit eintlik as ‘n ramp, wanneer mense orals van mekaar kwaadpraat of mekaar met hulle skerp tonge aan flarde skeur nie. In hierdie tyd v
Stephan Joubert
Feb 4, 2021


Leer ’n nuwe taal aan, Jesus s’n
Die taal wat jy gebruik om die werklikheid mee te beskryf, verander gou-gou in jou eie werklikheid. Kyk maar na ’n uitdrukking soos: “Die corona-virus gaan nog die land vernietig.” Of: “Ons land sit op ’n tydbom.” As jy dit gedurig as hoofopskrifte vir jou eie opinies of ervarings gebruik, dan dwing dit jou om gedurig nuwe probleme te identifiseer, wat hoort onder sulke opskrifte.
Stephan Joubert
Nov 9, 2020


Die waarheid is ’n een-lyner lank
Eenlyners is baie gewild - daardie kort en kragtige uitsprake van een of ander bekende figuur wat jou ietwat anders oor die lewe laat dink. Sulke “quotes” wemel op die internet. Wel, Jesus is ook briljant met een-lyn lesse oor God en oor die lewe: “Soek eerste die koninkryk van God, en alles sal vir jou gegee word.”
Stephan Joubert
Sep 3, 2020


Om nie die laaste woord in te kry nie
“If you can’t win an argument, you must win the fight,” lees ek iewers. Lyk my, party vat dit ernstig op. As ek luister hoe mense mekaar soms in die publiek behandel, en hoe hulle met mekaar en oor mekaar praat, wys dit dat afbrekende taal maklik wen. Dan herinner ek my weer aan die verhaal van Dallas Willard, die Amerikaanse denker wat ’n paar jaar gelede oorlede is. As professor in filosofie is hy een keer tydens ’n lesing woes uitgehaal deur ’n student oor sy eie geloofsoo
Stephan Joubert
Aug 6, 2020


Mond-oefeninge, die Here se soort
Ons moet leer om reg te praat. Ons moet leer om die Here se soort taal te praat. Hier is ’n paar Bybelse riglyne
Stephan Joubert
Jun 4, 2020


Kop eerste, woorde tweede
Iemand skryf iewers ons beursie is die laaste ding in ons lewe wat tot bekering kom. Dalk is daar iets wat nog moeiliker tot bekering kom. Ek praat van ons tong. Jakobus sê dis ontembaar en lewensgevaarlik. Ons woorde is wapens. Wag! Dit hang van onsself af of dit wapens van opbou is, of wapens van massa vernietiging. Die krag van opbouende taal, asook die gevare van mond-sondes word gereeld aangeroer in die Bybel. Ten minste moet jy die volgende doen(!) om jou tong te belyn
Stephan Joubert
May 28, 2020


My tong is onder nuwe Bestuur
Ons tonge is nie ons privaat eiendom nie - nie as ons sê ons dien die Here nie. Dan kan ons nie daarmee maak wat ons wil nie. So sê die Bybe
Stephan Joubert
Mar 12, 2020
bottom of page
