top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Jesus maak die onmoontlike moontlik
Partykeer gebeur die onmoontlike. Vra vir John en Francis Canning. Hulle het op 23 Maart 2012 in die Engelse stad, Manchester, getrou. Vroeë
Stephan Joubert
Nov 27, 2023


Om dapper by die dood verby te stap
Feodor Dostoyevski (1821-1881) was ’n beroemde Russiese skrywer en denker. 23 Desember 1849 was amper die einde van sy lewe. As lid van ‘n vereniging, wie se publikasies die Russiese tsaar bedreig het, is hy ter dood veroordeel. Saam met ander gevangenes sou Dostoyevski in St. Petersburg deur ’n vuurpeleton tereggestel word. Minute voor sy teregstelling het ’n amnestiedokument van die tsaar egter daar opgedaag en sy lewe is gespaar. Kort hierna skryf Dostoyevski ’n brief vir
Stephan Joubert
Jun 7, 2021


Wonders is nie op sigself ‘n doel nie
Een van die belangrikste lesse oor die gawes van die Gees, wat Paulus in 1 Korintiërs 12-14 oor die werk van die Gees vir ons leer, is dat die regte gebruik van die gawes belangriker is as die blote besit daarvan. Dieselfde geld ook vir wonderwerke, soos genesing. Om enige gawe te beoefen sonder om dit tot eer van God en tot voordeel van ander mense te doen, is om dit sleg te misbruik. Wonders is nooit ‘n doel opsigself nie. Jesus se wonderwerke was in die eerste plek die ope
Stephan Joubert
Oct 23, 2020


Wonderwerker-God
‘n Verdelende aspek van die Gees se werk tussen gelowiges in ons hedendaagse lewe is wonderwerke. Party mense maak daarop aanspraak dat hulle bediening propvol buitengewone wonderwerke is, soos spesiale genesings en kragtige werke, terwyl ander weer van mening is dat die Gees se wonders, soos dié waarvan Handelinge vertel, met die apostels se sterwe tot ‘n einde gekom het. Ekstremiste binne die eerste groep ignoreer dikwels mediese behandeling as ‘n teken van ongeloof en ekst
Stephan Joubert
Oct 16, 2020


Twee dinge
Maarten Luther het gesê daar is twee dinge wat elke mens alleen moet doen. Om te glo en om dood te gaan. Niemand anders kan namens jou glo of sterf nie. Op die ou end is dit jy wat met jou eie lewe voor God moet staan. Geloof is die enigste sleutel om die lewe én die dood te oorleef! Maar tog is geloof ten diepste ook ‘n gawe van die Gees. Dis Hy wat die saad van die Woord op goeie grond in my hart laat val het. Dis ook Hy wat gekeer het dat die aasvoëls vanuit die doderyk di
Stephan Joubert
Aug 7, 2020
bottom of page