top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Staan op vir dit waarin jy glo
Marietjie Joubert skryf in haar nuwe My Lewe nuusbrief hoe dit sal lyk as ons opstaan vir ons geloof.
Marietjie Joubert
May 18, 2021


Waarheid of nie?
As ‘n onskuldige klein dogtertjie het ek een middag vir my ma ‘n leuen vertel. Ek het heerlik by maatjies gaan speel en heeltemal van die tyd vergeet. Dit was in veilige tye -dit was nie die probleem nie. Ek het gejok oor waar ek gaan speel het. Toe my ma my uiteindelik opspoor en my by die verkeerde dam se eende vind, was daar groot moeilikheid. Ek onthou hoe ek die aand op my bed gesit en gebid het dat my ma nooit weer so vreeslik kwaad vir my moet wees nie. Ek vra toe vir
Marietjie Joubert
Dec 1, 2020


Dit kos guts om alleen te staan
Petrus se lewe na Pinksterdag was radikaal anders. Hy het dapper in die openbaar opgestaan om oor die Here Jesus te getuig, selfs voor die Joodse Raad! In die teenwoordigheid van al die Joodse leiers vertel hy van Jesus wat gesterf het, maar ook opgewek is. Petrus sê trouens dat hy nie anders kan as om te doen wat hy doen nie, omdat hy meer gehoorsaam aan God as aan mense moet wees. Ware woorde! Ongelukkig leef vele kerklikes hierdie woorde van vers 29 nie elke dag uit nie, w
Stephan Joubert
Nov 20, 2020


Die naakte waarheid
Het jy ook al van “die naakte waarheid” gehoor? Interessante uitdrukking, of hoe? Dis seker omdat leuens altyd klere aanhet. Of dalk omdat halwe waarhede graag met pantoffels rondloop. Ook omdat wit leuentjies toe al die tyd pikswart is. In elk geval, die waarheid hoef nooit opgetooi te word nie. Dit kan helder lig hanteer. Dit steek nooit iets weg nie. Waarheid is oop en bloot, sigbaar, deursigtig, want dit word deur die Gees gedra en bevestig.
Stephan Joubert
Oct 2, 2020


Wat sê die Bybel oor leierskap?
Daar is baie boeke beskikbaar om Christen-leiers te help. Natuurlik moet ons hulle lees en uit hulle leer, maar die beste gids vir belangrike sake, soos leierskap, bly die Bybel. Die Bybel is nie ons persoonlike boek oor leierskap nie, maar daar is baie Bybelse tekste wat ons baie van leierskap leer. Die Bybel is nie primêr ‘n handboek oor leierskap nie.
Coen Slabber
Sep 30, 2020


Praat waarheid
Ons is soms te sag op die waarheid. Ons skroom nie om leuens te vertel om ons uit verknorsings te kry nie. Wanneer ons vergeet om iets vir iemand te doen, dan sê ons maklik iets soos: “ek het jou in die hande probeer kry, maar jy was nooit tuis nie.” As ons onverwags in iemand vasloop wat ons nie eintlik wil sien nie, raak ons woorde kwyt soos: “Ek dink baie aan jou.” Is dit die waarheid? Of dalk ‘n noodleuen? Wel, feit is, daar is nie iets soos noodleuens nie, dis als net le
Stephan Joubert
Sep 25, 2020


Hy sorg dat dit werk
As mens so rondom jou kyk en sien hoedat kerke by die dag kwyn, dan wil jy vra: “Waar gaan dit alles heen?” En dan wonder jy dalk ook in jou hart hoe jyself sal staande bly tot op die einde? Maar die goeie nuus is dat God nooit die werke van sy hande laat los nie. Hyself bring mense tot geloof en Hyself bly enduit deur sy Gees by ons elkeen. In Filippense 1:6 skryf Paulus op ‘n treffende manier dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal deurvoer tot op die dag
Stephan Joubert
Aug 21, 2020


So maak jy jou lewe eenvoudiger
Dit is een ding om te sê die Here is jou Herder, soos wat Psalm 23 leer. Maar dit is iets anders om te sê jy kom niks kort nie. Moenie met ’n verbruikersmentaliteit opgeskeep sit nie. Moenie ’n voltydse tekort-kommer wees nie - nie as Psalm 23 jou leef-psalm is nie. Hoe? Wel, verwyder ’n klomp onnodige “stuff” uit jou lewe. Kom klaar met minder dinge.
Stephan Joubert
Aug 10, 2020


Tel ’n slag jou eie mat op
In ‘n ou Amerikaanse sepie, “The king of Queens,” besoek die hoofkarakter Doug, en sy vrou een keer sy ouers. Hulle gaan vier sy hond Rocky se 28ste verjaarsdag. As Doug wonder hoe Rocky so oud geword het, erken sy ouers dat hy eintlik al ‘n paar keer vervang is met ‘n hond wat presies soos die eerste Rocky lyk. Hulle trek eintlik nou by Rocky IV.
Stephan Joubert
Aug 3, 2020


Soms is daar eenvoudig nie goeie besluite nie
Ek is al so moeg vir almal se opinies, insluitend my eie. Elke dag op sosiale media deel mense hulle wyshede links en regs uit. As daar een ding waaroor ons almal beskik is dit opinies. Hier is daar geen tekort nie. Opinies oor dit en opinies oor dat. Iets het nog skaars gebeur of ons het ‘n opinie daaroor. Omdat wesens met intelligensie dink oor dinge, kritiseer ons ook maklik en aanhoudend. Ons kritiseer veral besluite wat ander mense neem. Ons kritiseer veral vandag die re
Roedolf Botha
Jun 9, 2020
bottom of page
