top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vry, uiteindelik!
Nuwe wette geld nou sedert die Gees se koms. Die wet, wat sonde en dood gebring het, waarna Paulus in Romeine 7 verwys, se dae is getel. Daa
Stephan Joubert
Apr 28, 2023


Die oordeel is af
Wat ‘n fenomenale God dien ons nie! Tog het Hy gekies om Hom nie as ‘n komplekse God van wetenskaplike teorieë, syfers, dogmas of intellektu
Stephan Joubert
Apr 21, 2023


Geen “pity party” nie, want Jesus is terug
In Engels praat mense soms van ’n “pity party”. Dit gebeur wanneer jy jouself eindeloos jammer kry. Dit gebeur wanneer jy begin glo niemand se lot is so swaar soos joune nie. Dit gebeur wanneer jy voel niemand kry jou jammer genoeg, terwyl jyself in jammerkry-laagte vasgeval het nie. Presies so-iets gebeur met die dissipels daardie eerste Sondagaand na Jesus se kruisiging. Hulle eerste “aanddiens” het maar droewig afgeskop, soos wat Johannes 20:19-24 vir ons vertel. Hulle het
Stephan Joubert
Apr 10, 2023


Genade = die Gees Persoon-lik!
Nee, dis glad nie so volop in ons dag as wat ‘n mens dink nie! Ek praat van genade. Vra maar vir Maarten Luther, die groot hervormer, wat ja
Stephan Joubert
Mar 17, 2023


Die bokshandskoene vir die hemelse bokskryt is weggepak
“God het die verkeerde persoon uitgesoek vir ’n geveg met Homself.” Dit het iemand op sosiale media kwytgeraak, toe hy vir God aangevat het. Die meeste mense, wat sulke mondgevegte met die Here aanknoop, ken Hom nie regtig nie. Hulle veg teen ’n karikatuur. Sulke veglustiges beskou God as ’n tipe “Bruce Almighty”, soos wat Hy uitgebeeld word in die 2003 film met dieselfde naam. In hierdie film, waarin Jim Carrey en Morgan Freeman die hoofrolle speel, word God juis voorgestel
Stephan Joubert
Mar 13, 2023


God kom vir ons in 2023
’n Paar jaar gelede het Leif Peterson ’n aangrypende getuienis by die begrafnis van sy pa, Eugene Peterson, gelewer. Hy was onder andere die vertaler van “The Message” wat miljoene mense se lewens aangeraak het. Leif het vertel sy pa het eintlik net een boodskap gehad, wat hy gedurig op verskillende maniere oorgedra het. Elke aand as Eugene vir hom in sy kinderdae nag gesê het, het Eugene daardie een boodskap in Leif se oor gefluister: “God loves you. He's on your side. He's
Stephan Joubert
Jan 9, 2023


Die Gees as waarborg
In Efesiërs 1:14 skryf Paulus dat die Gees die waarborg of deposito van God se kant af is, dat ons vorentoe alles van Hom sal ontvang, wat Hy in Sy twee Testamente aan ons belowe het. Die woord, wat Paulus hier in die Grieks vir ’n deposito gebruik, dui op ’n kooptransaksie, waar die eerste bedrag op ’n bepaalde item betaal word met die veronderstelling dat die res van die geld later oorbetaal sal word. Hoekom is dit so ‘n belangrike beeld van die Gees se werk? Wel, omdat dit
Stephan Joubert
Apr 30, 2021


Is jy betyds?
In sy nuutste Heilige Gees artikel vra Stephan Joubert of jy betyds is vir God se groot planne van vandag?
Stephan Joubert
Apr 16, 2021


Ligloop vir vals vryhede
Die Gees het ons vrygemaak. Ons is lankal nie meer die mense, wat ons vroeër was nie. Gister se gemors is vir goed verby. Vandag is hier, die Here se vandag. Maar dit beteken nie ons het die vryheid om te doen wat ons wil nie. Allermins. Ook het ons nie die vryheid om ons nou besig te hou met beuselagtighede nie. Daarom kan ons nie, soos sommige Korintiërs, onsself troos met ‘n valse gerustheid dat alles nou wettig is vir ons nie. Want, sê Paulus, nie alles is noodwendig nutt
Stephan Joubert
Mar 26, 2021


Verandering is permanent
Na Paulus se tragiese beskrywing van sommige Christene se gedrag jeens mekaar in 1 Korintiërs 6:1-8, vertel hy hoe God in ons almal, wat gewas is in die bloed van die Lam, se lewens kom ingryp het. Nou is ons van ons tone tot by ons krone oorgemaak, nuutgemaak, gekoop, afgesonder en eenkant gesit vir die Here. Nou het die Gees ons kom verander tot die permanente uitstalvenster van die Here se genadegawes. Nou is ons anders, nuut, vars!
Stephan Joubert
Mar 19, 2021


Die tweede hemelse Spesialis
Hier’s ‘n tweede stukkie goeie nuus, saam met verlede week s’n dat Jesus ons op die markplein van die sonde kom koop het. Dit is dat, nadat Hy ons gekoop het, Hy ons dadelik oorgegee het in die hande van die spesialisnuutmaker binne die Drie-eenheid - die Heilige Gees.
Stephan Joubert
Jan 8, 2021


Gekoop!
Paulus gebruik ‘n aantal aangrypende beelde oor Jesus en die Gees se werk in 1 Korinthiërs 6:18 - 20. Hy sê eerstens in vers 20 dat ons gekooptes is. Ons behoort nie langer aan onsself nie. Dis presies wat dit beteken as jy iets vir jouself gekoop het, nie waar nie? Dan is daardie item die eiendom van jouself as die nuwe eienaar. Nou ja, Jesus het ons op ‘n dag op die markplein van die sonde raakgeloop, toe ons bankrot in ons eie sondes daar uitgehang het. Toe het Hy ons met
Stephan Joubert
Jan 1, 2021


Geen lisensie vir droogmaak nie
Die feit dat die Gees van die Here geloof in my werk en my elke keer kom opsoek as ek die spoor byster raak, gee nie aan my ‘n lisensie om in die sonde rond te lê nie. Glad nie. Ek is die Here se permanente eiendom. En sy eiendom leef nooit soos die opposisie nie. Ons klere is immers gewas in die bloed van die Lam, soos wat Openbaring 7 sê. Ons is duur gekoop en die prys is klaar betaal. Daarom moet ons God verheerlik in elke daad, woord en gedagte.
Stephan Joubert
Aug 28, 2020


Helde van die Kruis
Die aaklige gebeure van die afgelope paar weke in ons land het almal kwaad gemaak, en almal is moeg, en skree “genoeg is genoeg”. Dis tyd om
Ivor Swartz
Sep 24, 2019
bottom of page