top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Lente
So met die lente in die lug en die bietjie somerhitte, wat ons beleef, voel dit altyd dié tyd van die jaar dat ek vir soveel dinge wil dankie sê. Ek is glad nie ‘n wintermens nie. Ek hiberneer, sit onder ‘n kombers, is onaktief, doen net wat ek moet doen en hoop die res sal sommer self gedoen word. Die oomblik wat die bome begin bot en die helder groen blare verskyn, voel dit asof daar skille van my lyf afval. Ek ontwaak so saam met die lente. Ek ontvries.
Marietjie Joubert
Oct 4, 2022


Lag - dis ’n Bybelse opdrag
Die bekende Mayo-kliniek in die VSA stem hiermee saam. In ’n artikel oor die korttermyn en langtermyn effek van lag bevind hulle dat om gereeld te lag, stres verlaag. Dit stimuleer organe soos die hart en longe op gesonde maniere, dit bevorder die afskeiding van gesonde endorfiene deur die brein, ensovoorts. Maar nog meer, lag is ook ’n Bybelse opdrag. Laat ek dit reg sê: blydskap is voorskriftelik op baie plekke in die Bybel.
Stephan Joubert
Oct 3, 2022


Hoe om vir langer as 14 dae gelukkig te wees
Abd al-Rahman III was die leier van Cordoba tussen die jare 912-961. Sy onderdane was baie lief vir hom. Sy vyande het hom gevrees. Hy was skatryk en magtig. Toe hy egter op 70 jarige ouderdom al die dae van sy lewe bymekaar tel wat oorgeloop het van geluk, kon hy slegs veertien sulke dae identifiseer. Wag! Briek net vir ’n oomblik en lees dit weer: Abd al-Rahman III kon net veertien super-gelukkige dae identifiseer in sy lewe, ten spyte van al sy rykdom en mag!
Stephan Joubert
Jul 25, 2022


Van swaarkry na vreugde
Soms loop die lewe vreemde draaie. ‘n Mens verstaan nie altyd hoekom nie. Die enigste ding waarvan ek seker kan wees, is dat Jesus Christus my redder is. Wanneer jy voor ‘n geliefde se siekbed staan, worstel jy soms met moeilike vrae. Hierdie vrae het nie noodwendig antwoorde nie. Ek het tot die slotsom gekom dat ek dit nie moet vra nie. Hierdie gewaarwording het toe vir my vrede gegee. Wat help dit ek vra vrae wat nie antwoorde het nie? Dit veroorsaak net meer vrae en bring
Marietjie Joubert
Apr 19, 2022


Vreugde wen, want Jesus wen
Johannes 20:1-18 vertel vir ons van Jesus se eerste gesprek kort nadat Hy die dood gefnuik het. Dit gebeur vroeg daardie Sondag, wanneer Maria Magdalena by die graf opdaag. Sy hoor Iemand agter haar. Dit is Jesus. Haar eie hartseer veroorsaak egter dat sy Hom nie herken nie. Sy verwar Hom met die plaaslike tuinier. Fout, groot fout! “Waar is Jesus se liggaam?” vra sy vol droefheid. Toe spreek Jesus haar reguit op haar naam aan: “Maria!” Net dit. Dit ruk haar tot stilstand. Di
Stephan Joubert
Apr 18, 2022


Liefde juig as ander wen
Party mense is meer kere bly, wanneer slegte mense hulle verdiende loon kry, as wanneer die waarheid wen. Dis ‘n fout, want midde in al die seer van die lewe giet God elke dag ruim porsies goedheid oor Sy wêreld uit. Boonop maak die liefde van die Gees dat ons jubel en bly is, wanneer Sy liefde in en rondom ons wen. Kom ons maak ons oë ‘n slag hiervoor oop. Kom ons word fynkenners van God se oorstromende genade, nie van alles wat rondom ons verkeerd loop nie. Kom ons sien raa
Stephan Joubert
Jan 14, 2022


Blydskap – ‘n leier se kragtige wapen
Daar is al voorheen baie gesê oor die belangrikheid van verhoudings, verhoudingsvaardighede en emosionele intelligensie in leierskap. ‘n Nuwe fassinerende studie deur dr. Chris Shaw kyk daarna vanuit ‘n neurologiese hoek en beweer dat die brein meer produktief is en vaardighede baie vinniger en beter aanleer, wanneer dit deur middel van verhoudings geskied. ‘n Gesonde organisatoriese kultuur is ‘n kultuur waar daar twee dinge heers: Duidelikheid (“clarity”) en goeie verhoudin
Roedolf Botha
Jul 14, 2021


Om dapper by die dood verby te stap
Feodor Dostoyevski (1821-1881) was ’n beroemde Russiese skrywer en denker. 23 Desember 1849 was amper die einde van sy lewe. As lid van ‘n vereniging, wie se publikasies die Russiese tsaar bedreig het, is hy ter dood veroordeel. Saam met ander gevangenes sou Dostoyevski in St. Petersburg deur ’n vuurpeleton tereggestel word. Minute voor sy teregstelling het ’n amnestiedokument van die tsaar egter daar opgedaag en sy lewe is gespaar. Kort hierna skryf Dostoyevski ’n brief vir
Stephan Joubert
Jun 7, 2021


Vry van bitterheid
Bitterheid byt jou twee keer… nee, eintlik sommer drie, vier, vyf maal … Dit gebeur die eerste keer as iemand jou skade aandoen; die tweede keer as jy dit onthou; die derde keer as jy met woede daaraan terugdink en die vyfde en twintigste keer as jy dit nogmaals in jou kop herhaal. Of dit dalk vir die dertigste keer oorvertel. Bitterheid maak jou ‘n slaaf van diegene wat jou benadeel het. Jy verander in hulle slagoffer. Dalk het hulle al lankal vergeet van die seer, wat hulle
Stephan Joubert
Mar 5, 2021


Geniet ook die Gees se daaglikse versorging
My pa het dikwels vir my gesê: ‘Eet stadiger. Geniet jou kos!’ Ek het dikwels gewonder hoekom hy dit vir my sê, maar toe ek groter word, het ek opgelet hoe hy sy kos geniet. Dit was asof hy homself afgeskakel het van almal rondom hom, terwyl hy die tekstuur van elke happie kos geproe en veugdevol geëet het.
Stephan Joubert
Jan 29, 2021


Op die Gees se snykant
Ek het ‘n voorneme vir die res van my lewe: om daagliks saam met Paulus uit te roep: “Vir my is om te lewe Christus.” Ek wil hê die evangelie moet my slyp en ek wil op die snykante begin leef. Middelmatigheid moet verbode taal in my woordeskat wees. Ander se vreugde en nood moet my hartklop wees en integriteit voor God my voltydse passie. Nee, ek wil nie langer “redelik” wees nie, dan is ek maar net “redelik” toegewyd. Radikaal uitverkoop aan die Heer – dis wat van nou af in
Stephan Joubert
Dec 18, 2020


Jesus doen sy beloftes!
Die Gees is Jesus se geskenk aan ons in sy plek. Soos wat Hy beloof het toe Hy op aarde was, sou Hy by die Vader die Gees ontvang as Hy sy ereplek langs die Vader inneem. Dan sou Jesus die Gees oor al sy mense uitgiet. Presies dit het op Pinksterdag gebeur. Ook vir jou en my geld hierdie aangrypende geskenk uit die hemel. God se Gees is die grootste gawe van God hier in die eindtyd om die kerk op koers te hou. Die Gees waarborg Christus se persoonlike teenwoordigheid by ‘n ie
Stephan Joubert
Apr 24, 2020


Wat steel jou vreugde?
“Weet jy wat steel nou rêrig my joy deesdae?”, hoor ek die een vrou vra vir haar vriendin so in die middel van hulle gesprek. Sy trek daai r
Ivor Swartz
Mar 10, 2020
bottom of page