top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Tuiste is nie ‘n “Waar?” nie maar ‘n “Wie?”
Het jy al ooit teruggekeer na plekke waar jy grootgeword het as kind? Ek het. Toe my ma in 2010 oorlede is, het ek een keer deurgery na die een huis waarin ons gewoon het toe ek klein was. Dis die plek wat ek die meeste met my ma en spesifiek haar moederskap verbind het. Die gedagte was om sommer net ‘n bietjie na te dink en terug te dink aan my kleintyd as deel van my eie rouproses na my ma se afsterwe. Hoe teleurgesteld was ek egter nie.
Roedolf Botha
4 days ago


Die Here los die ligte aan
“Ons los die ligte aan vir jou.” Onlangs het ek ‘n kolom, wat ek behartig in die Beeld, vertel hoe my ouers graag hierdie woord vir my gesê het as ek in die aand uitgegaan het. Trouens, dit was ’n normale opmerking in my ouerhuis. Hulle het dit ook gedoen. Elke slag wanneer ek tuis gekom het, was die ligte aan. Later het my vrou en ek dit ook spontaan vir ons kinders gesê en dit gedoen. My vrou sê dit nou nog vir my as ek in die aande iewers moet gaan praat.
Stephan Joubert
Sep 5, 2022


Jesus kry jou veilig tuis
Michael Murphy was ’n Navy Seal in die Amerikaanse weermag. Op 28 Junie 2005 het hy sy eie lewe opgeoffer om ‘n medesoldaat, Marcus Luttrell, se lewe te red, toe hulle deur 40 Taliban soldate in Afghanistanvasgekeer is. Op 13 Julie is hy in die VSA in die Calverton National Cemetry begrawe. Terwyl sy ma, Maureen, daardie dag na haar motor teruggestap het, het ’n teksboodskap skielik op haar selfoon verskyn. Dit was ’n teksboodskap, wat haar einste seun Michael vier maande tev
Stephan Joubert
Jun 6, 2022
bottom of page
