top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Respek (of eerder ‘n verlies daaraan)
Ek wonder die laaste ruk oor respek. Seker maar omdat respek so dun gesaai is in ʼn samelewing, waar ons daagliks gekonfronteer word met erge misdaad, korrupsie, lippetaal sonder konstruktiewe optrede, rassehaat, xenofobie en nog meer as wat enige mens kan verduur. Volg maar net die skokkende getuienis voor die Zondo-kommissie en dit is genoeg om enige gevoelens van respek te blus.
Liezel Lüneburg
Feb 23, 2021


Tel jou woorde, tel hul een vir een
Om een of ander rede meen sommige mense dat “mondsondes”, soos kwaadpraat, goor taal en skinder nie so ernstig is soos daardie eintlike “groot sondes” soos owerspel, korrupsie of dronkenskap nie. Daar is al wie weet hoeveel kerklike verslae opgestel oor die jongste openbare sondes van die dag. Maar, vreemd genoeg, beskou godsdienstiges dit nooit eintlik as ‘n ramp, wanneer mense orals van mekaar kwaadpraat of mekaar met hulle skerp tonge aan flarde skeur nie. In hierdie tyd v
Stephan Joubert
Feb 4, 2021


Praat waarheid
Ons is soms te sag op die waarheid. Ons skroom nie om leuens te vertel om ons uit verknorsings te kry nie. Wanneer ons vergeet om iets vir iemand te doen, dan sê ons maklik iets soos: “ek het jou in die hande probeer kry, maar jy was nooit tuis nie.” As ons onverwags in iemand vasloop wat ons nie eintlik wil sien nie, raak ons woorde kwyt soos: “Ek dink baie aan jou.” Is dit die waarheid? Of dalk ‘n noodleuen? Wel, feit is, daar is nie iets soos noodleuens nie, dis als net le
Stephan Joubert
Sep 25, 2020


God sê iets moois oor ons
In Engels praat hulle van die “impostor syndrome,” die nabootser sindroom. Dit is daardie gevoel dat jy eintlik maar ’n klug is. Jy voel iemand gaan nog eendag jou bluf roep. Jy is toe nie so oulik, slim, suksesvol, gelowig, of wat ook al soos wat almal dalk dink nie. Jy voel altyd jy skiet te kort. Selfs ’n suksesvolle persoon soos Albert Einstein het soms so gevoel. Hy het een keer opgemerk: “I feel compelled to think of myself as an involuntary swindler.”
Stephan Joubert
Aug 17, 2020


Om nie die laaste woord in te kry nie
“If you can’t win an argument, you must win the fight,” lees ek iewers. Lyk my, party vat dit ernstig op. As ek luister hoe mense mekaar soms in die publiek behandel, en hoe hulle met mekaar en oor mekaar praat, wys dit dat afbrekende taal maklik wen. Dan herinner ek my weer aan die verhaal van Dallas Willard, die Amerikaanse denker wat ’n paar jaar gelede oorlede is. As professor in filosofie is hy een keer tydens ’n lesing woes uitgehaal deur ’n student oor sy eie geloofsoo
Stephan Joubert
Aug 6, 2020


Moenie mense se ore pap praat nie
William Jennings Bryan (1860-1925) was ’n Amerikaanse politikus. Op ’n dag het sy ma na een van sy toesprake geluister. Na die tyd sê sy toe vir hom: “You missed several good opportunities to sit down.”
Stephan Joubert
Jul 13, 2020


Mond-oefeninge, die Here se soort
Ons moet leer om reg te praat. Ons moet leer om die Here se soort taal te praat. Hier is ’n paar Bybelse riglyne
Stephan Joubert
Jun 4, 2020


Kop eerste, woorde tweede
Iemand skryf iewers ons beursie is die laaste ding in ons lewe wat tot bekering kom. Dalk is daar iets wat nog moeiliker tot bekering kom. Ek praat van ons tong. Jakobus sê dis ontembaar en lewensgevaarlik. Ons woorde is wapens. Wag! Dit hang van onsself af of dit wapens van opbou is, of wapens van massa vernietiging. Die krag van opbouende taal, asook die gevare van mond-sondes word gereeld aangeroer in die Bybel. Ten minste moet jy die volgende doen(!) om jou tong te belyn
Stephan Joubert
May 28, 2020


Hoor God
Om God in jou eie taal te hoor, is om nuwe taal te hoor. Nee, God praat nie maar net in ons bestaande tale nie. Hy gee terselfdertyd ook ‘n
Stephan Joubert
Mar 27, 2020


Hoor God
Om God in jou eie taal te hoor, is om nuwe taal te hoor. Nee, God praat nie maar net in ons bestaande tale nie. Hy gee terselfdertyd ook ‘n
Stephan Joubert
Mar 27, 2020


Almal word vol
Die Gees is nie vir enkelinge bedoel nie, maar vir almal. Die Gees verdeel nie, maar verenig. Hy onderskei nie tussen Christene nie. Nee, as Hy kom, kom Hy oor almal. Elkeen wat Jesus ken, is 24/7 binne sy visier. Ons almal is sy witbroodjies. Die Gees werk nie net in “groot” Christene nie. Sedert Pinksterdag is ons almal sy permanente woonplek en werkplek. Nou het die Gees gekom om te bly en om ons almal tot ‘n nuwe span saam te snoer.
Stephan Joubert
Mar 20, 2020


My tong is onder nuwe Bestuur
Ons tonge is nie ons privaat eiendom nie - nie as ons sê ons dien die Here nie. Dan kan ons nie daarmee maak wat ons wil nie. So sê die Bybe
Stephan Joubert
Mar 12, 2020
bottom of page
