top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


“Nee” is ’n sin
“‘No’ is a complete sentence,” skryf iemand. Wel, dit is … net soos die woord “ja.” Maar ons sê baie gouer “ja” as “nee”. Dit is hoekom dinge soms skeefloop. Ons wil nie mense se gevoelens seermaak nie, daarom sê ons maar “ja” as hulle verkeerde of oorhaastige besluite neem. Ons laat kinders te veel vryhede en dinge toe want as ons “nee” sê, dan hou hulle dalk nie meer so baie van ons nie.
Stephan Joubert
Jul 16, 2020


Jesus in die fokus
Wanneer die Gees werk, val die klem altyd op Jesus. Dis 'n beginsel wat ek regdeur die Nuwe Testament raakloop. Jesus self het beloof dat dit sal gebeur. Die Gees sal Hom verheerlik as Hy weggaan (Johannes 16:14). Die Heilige Gees is nie ‘n aandagtrekker nie. Hy skuif graag agter Jesus in. Sy werk is om die fokus op Jesus te hou. Daarom sien ek dat die Gees kliphard aan die werk is in kerke waar Jesus vreesloos verkondig word.
Stephan Joubert
Apr 17, 2020


Gebruik dit, of verloor dit!
Die vervulling met die Gees werk in ‘n sekere sin soos daardie “use it, or loose it” reël in rugby. Ja, ek weet die Gees is ten volle by my en dat Hy my nie verlaat nie. Ek glo ook met my hele lewe dat Christus my veilig tot anderkant die doodlyn dra. Maar ek weet ook ek kan nie eindeloos bly vasklou aan laasweek se opgebruikte geloof nie. My pad saam met die Gees gaan oor hoe ek hier en nou, vandag, oop is vir sy werk. My verhouding met Christus moet vandag ‘n impak op my le
Stephan Joubert
Apr 10, 2020


Hoe lyk jou voetspore?
Op sy oupa se begrafnis se 'n kleinseun: "My oupa het nie modderspore gelaat nie..." Ek voel dadelik skaam en die aan die tye waar ek modderspore agtergelaat het.
Helena Smith
Mar 24, 2020


Almal word vol
Die Gees is nie vir enkelinge bedoel nie, maar vir almal. Die Gees verdeel nie, maar verenig. Hy onderskei nie tussen Christene nie
Stephan Joubert
Mar 20, 2020


Hierdie Vuur brand skoon
Vuur brand. Wie weet dit nie? Daarom speel mens nie met vuur nie. Dis lewensgevaarlik. Maar vuur maak soms ook skoon. Dit brand dooie dinge uit die pad. Op verrassende maniere is vuur soms die pad na nuwe lewe toe, soos op daardie oggend in Jerusalem toe hemelse vure skielik begin brand het. Toe die winde van verandering begin waai het, het die vure van vernuwing ook begin brand.
Stephan Joubert
Mar 13, 2020


Wanneer God herders afdank…
God was niks beïndruk met die godsdienstige leiers van Israel nie. In Esegiël 34 vertel Hy dat Hy kwaad is vir sy herders omdat hulle geduri
Stephan Joubert
Mar 5, 2020


Een toegangspad
‘n Toeganspad is lewensbelangrik. Sonder ‘n ingang na jou huis of kantoor toe, gaan jy nooit daar uitkom nie. Wel, dieselfde geld vir die pa
Stephan Joubert
Feb 21, 2020


Ken die verskil tussen waai en waarsku
Op ‘n keer moes ek by 'n plek praat oor ‘n gesonde leefspoed. Toe vra ek vir die aanwesige om hulle eie leefspoed in kilometer per uur u
Stephan Joubert
Jan 27, 2020
bottom of page
