top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die evangelie vra jou telefoonnommer
'n Onderwyseres vertel my van ’n briefie, wat sy een keer van ‘n skolier gekry het, wat nie sy huiswerk gedoen het nie. Hy het egter ‘n huilende gesiggie bo-aan die briefie geteken en geskryf dat hulle geen kos in die huis oorhet om te eet nie. Sy ma het nie ‘n kar nie en hyself moet elke dag ver stap skool toe. Toe besef die juffrou dat dit niks sal help om iets te sê soos: “Ek dink aan julle” nie. Ook sal dit nie help om te sê: “Ek sal vir julle bid” nie. Sy het geweet sys
Stephan Joubert
Jun 27


Jesus maak my inmengerig … op die regte manier!
'n Klomp rowers wou een nag 'n klooster beroof. Hulle het verneem dat die plaaslike priester gereeld in sy preke na al die kerk se skatte verwys het. Nou wou hulle dit kom steel. Die priester het dadelik ingewillig en die rowers na 'n vertrek onder die kerkgebou geneem. Toe hulle daar instap, sien hulle ’n klomp arm mense, wat die aand daar oorgeslaap het. "Hier is die kerk se ware skatte," sê die priester toe vir die verbaasde rowers. "Om hulle te versorg, is om Christus sel
Stephan Joubert
Jul 31, 2023


Die krag van leiers, wat wérklik omgee
Wanneer daar mooi na die dialoog in sommige flieks geluister word, dan vind ‘n mens heel dikwels dat daar uitmuntende leierskaplesse in sekere tonele te vinde is. In die fliek, 300, is daar so ‘n dialoog. Dit vind plaas tussen koning Leonidas van Sparta en koning Ahasferos (Eng. Xerxes) van Persië, die magtige ryk, wat Sparta en die ganse Griekeland in die vyfde eeu voor Christus bedreig het. Vir ‘n paar dae het die dapper drie honderd Spartaanse soldate die Persiese Ryk aang
Roedolf Botha
Jun 14, 2023


Speel daardie twee geloofkaarte reg
Jy moet die hand speel wat vir jou uitgedeel is. So lui die spreekwoord. Dit behels dat jy moet weet watter kaarte is in jou hand is en wat die beste opsies daarmee is. Jou eerste speelkaart is dat jy ’n voltydse geseënde kind van God is. Dalk het jy hierdie wenkaart laat val, omdat jy afgeleer het om jou oog op Sy voltydse goedheid te hou. Staak dit. Moenie net fokus op alles, wat skeefloop nie. Psalm 37 sê jy moenie jou kop breek oor al wat ’n skelm is nie. Woon en werk rus
Stephan Joubert
Jun 8, 2023


Onderdanigheid is nooit vloerlappigheid nie
Die Griekse woord “hupotassomai” word dikwels in Afrikaanse Bybelvertalings met onderdanigheid vertaal. Nee, “hupotassomai” beteken nie vloerlappigheid nie. Of slaafse onderdanigheid nie. Of opinieloosheid nie. Of ’n ekskuus-dat-ek-leef-ingesteldheid nie. “Hupotassomai” veronderstel ’n ingesteldheid van diensbaarheid teenoor ander. Dit gaan daaroor dat jy doelbewus jou eie idees, behoeftes en belange nie bo dié van iemand ander ag nie. Dit is sinoniem met opoffering en nederi
Stephan Joubert
May 22, 2023


Vang hulle as hulle val
Lank gelede, op 17 Oktober 1938, het die bekende Time Magazine vertel van ’n man, genaamd Joseph Figlock. Hy was ’n straatveër in Detroit, Michigan, wat nie minder nie as twee keer deur ’n vallende baba getref is. In 1937 het dit die eerste keer gebeur, toe ’n baba vanaf die vierde verdieping van ’n gebou geval het en bo-op hom beland het. Die baba en hyself het dit oorleef. In 1938 het ’n tweejarige seuntjie, genaamd David Thomas, ook uit ’n gebou geval en nogmaals bo-op Fig
Stephan Joubert
Jan 26, 2023


Ter wille van mekaar
Binne elke liggaam kan daar maar net twee oë en twee ore en een neus wees. Die voet kan nie sê: “Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie.” Elke ledemaat, hoe onbenullig sy taak ook al mag lyk, help om die liggaam reg te laat funksioneer. As ’n ledemaat beseer word, beïnvloed dit die werking van al die ander ledemate. As een ledemaat siek is, trek al die ander ledemate swaarder. Die ganse liggaam se funksionering word soms gekniehalter deur een swak sk
Stephan Joubert
Nov 5, 2021


Ken die verskil tussen mense wat swaarkry en voltydse luiaards
“Keeping up appearances” is ’n ou Britse sitcom. Ek onthou een toneeltjie, wat in bykans elke episode afgespeel het, wanneer die seun sy ouers gebel het. Dan was die pa se eerste vraag altyd: “How much does he want?” Dalk weet jy ook hoe dit voel. Party mense ken jou net solank as wat jy vir hulle geld gee. Of as hulle dinge van jou wil hê. Maar as jy daardie kraantjie toedraai, hoor jy skielik dat jy nie meer omgee nie.
Stephan Joubert
May 20, 2021


"Goed dankie" is nie altyd genoeg nie
Goed, dankie.” Hierdie twee woorde volg altyd op daardie standaardvraag: “Hoe gaan dit?” Maar wag net dertig sekondes of so, dan hoor jy die volle waarheid. Dan volg die normale sarsie klagtes en skete van diegene met wie dit so “goed, dankie” gaan. Dalk is dit die rede hoekom party mense dikwels ’n tweede keer vir jou vra: “Sê my, hoe gaan dit regtig met jou?” Wat antwoord ‘n mens dan? Jy wil tog nie heeltyd met jou hart op jou mou rondloop nie. Jy wil nie elke slag jou diep
Stephan Joubert
May 13, 2021


Wat ons weggee vertel wat ons werd is
Moses Montefiore (1784-1885) was een van die rykste mense in England. Met sy honderdste verjaarsdag het die London Times ’n onderhoud met hom gevoer. Die joernalis vra toe vir Montefiore wat sy netto waarde in geldterme is. Toe hy ’n bedrag noem, sê die verslaggewer hy moet sekerlik baie meer geld as dit hê. Montefiore het geantwoord: “Jy het my nie gevra hoeveel ek besit nie; jy het gevra wat ek werd is. Toe het ek uitgewerk hoeveel ek al weggegee het aan mense in nood. Dit
Stephan Joubert
Apr 1, 2021


Veilige mense asook die regte reisgenote is God se lewende geskenke aan jou
Dit is nie aldag dat mense vir mekaar sê: “Ek voel veilig by jou nie!” Dit lyk my veilige mense is omtrent ewe skaars as veilige plekke hier in ons land. Veilige mense is diegene by wie jy jou hart groot kan oopmaak. By wie jy net jouself kan wees. Dit is diegene by wie jy jou hart kan uitstort sonder om bang te wees hulle sal dit aan ander gaan oorvertel. Sulke mense is kosbaarder as goud. Hulle is die Here se geskenke, wanneer die lewe hard en swaar is. Hulle is die Here se
Stephan Joubert
Feb 15, 2021


Bou ’n brug
Baie min mense hou meer stil om ’n motoris te help, wat langs die pad gestrand is nie. Dis te gevaarlik. Tog hoor ‘n mens orals van sulke goeie Samaritane. Ek onthou van iemand, wat my een keer vertel het hoe hy van sy bakkie deur gewapendes beroof is. Nadat hulle met sy voertuig daar weg is, het hierdie man hulpeloos rondgestaan. 'n Taxibestuurder het van sy moeilikheid gehoor. Toe stap hy nader en sê: “Ek het al my passasiers laat uitklim. Sê net waarheen jy wil gaan, dan n
Stephan Joubert
Nov 30, 2020
bottom of page
