top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vanaf wanhoop tot baie hoop
Dit is opvallend hoe dikwels hierdie tyd, waarbinne ons leef, as ‘n tyd van moedeloosheid en wanhoop deur mense beskryf word. Preke, boeke e
Stephan Joubert
Feb 28


Hoop is nie ‘n plasebo nie
Hoop dien as ’n skokbreker om die harde realiteite van die lewe te absorbeer. Steinbeck meen selfs dat as mense nie diep en onbewustelik glo
Stephan Joubert
Jul 1, 2024


Hemelligte en -storms
In Mei 2024 met die ligbesoedeling hier naby Londen was ek aanvanklik baie teleurgesteld – ek kon nie die hemelse skouspel met die blote oog
Alet Gardner
Jun 19, 2024


Keer dat jou siel sink
Klaagliedere vertel van die Israeliete se terugkeer na Jerusalem, nadat hulle jare lank in ballingskap in Babilonië was. ’n Yslike skok wag
Stephan Joubert
Feb 19, 2024


Om “onderweldig” te wees
“Oorweldig” is ’n mooi Afrikaanse woord. Dit sê jy is só beïndruk met iets of iemand dat jy nie genoeg woorde het om jou goeie emosies te beskryf nie. In Engels sê mense graag hulle is “overwhelmed”, maar partykeer is ons ook “underwhelmed”. Ek dink nie daar is ’n gepaste Afrikaanse woord hiervoor nie - kom ons skep sommer een: “onderweldig!” Mense wat “onderweldig” is, is net mooi glad nie beïndruk met enigiets of enigiemand nie. “Onderweldigheid” tref mense soms ook in die
Stephan Joubert
May 1, 2023


Suid-Afrikaners en kollektiewe depressie: Praktiese raad
Ek vermoed dat menige Suid-Afrikaner aan ʼn tipe “kollektiewe depressie” ly as gevolg van ʼn reeks traumatiese ondervindings wat die land die
Liezel Lüneburg
Jan 24, 2023


Kyk op
Dis niks lekker om op die grond neer te slaan nie; veral nie as jy boonop met jou gesig eerste in die modder beland nie. Ken jy daardie gevoel? Weet jy van modder-lê? Doen jy dit deesdae gereeld? Het jy al gewoond geraak aan die seerkry-kante van die lewe? Wel, moenie dan net so bly lê nie. Draai ‘n slag om, want as jy nog kan omdraai, dan kan jy ook mos opkyk. En as jy kan opkyk, dan kan jy opstaan.
Stephan Joubert
Dec 16, 2022


Vasbyt … amper daar!
Groot was my verbasing toe ek aan die begin van Oktober sien dat winkelsentrums reeds Kersfeesversierings het. Toe die skole ‘n week later begin en ons tydens ‘n personeelvergadering hoor wat alles tydens die vierde kwartaal moet gebeur, het ek dadelik angstig geraak. Ek dink hierdie tyd van die jaar is almal gespanne oor wat nog moet gebeur. Ons is oormoeg of dalk uitgebrand, omdat die jaar so vinnig tot ‘n einde haas. Net toe ek goed moedeloos was oor alles wat nog moet vo
Helena Smith
Nov 15, 2022


'n Boodskap aan moedelose moeders
Opvoeder en dissiplineerder, kok, taxibestuurder, versorger, sieketrooster, dokter en verpleegster, kreatiewe ontwerper van skooltake, toespraakskrywer, helper met huiswerk, geestelike ondersteuner en biegmoeder, bewaarder van goeie sedes, bidder en, in baie gevalle, broodwinner. Blykbaar gaan ’n ma, wat twee seuns grootgemaak het, reguit hemel toe en in die geval van enigiets meer as twee, gaan die bure aan alkante saam. Ek sou wel “seuns” met “kinders” vervang, want om ʼn do
Liezel Lüneburg
Sep 6, 2022


Ek kry arms vol krag by God
“Africa is a tough country,” sê een van my skoonseuns spelenderwys vir sy eenjarige dogtertjie, wat pas begin loop het, as sy struikel en val. Ons kan daaroor lag, maar die waarheid is dat die lewe “tough” en moeilik is. Op hierdie oomblik is Rusland besig om die Oekraïne binne te val, petrolpryse styg, werk is skaars en mense kry emosioneel swaar. Rondom my is daar baie mense, wat sonder hoop is. Teen my spieël is ‘n bordjie wat sê: “Hope is the only thing stronger than fear
Helena Smith
Apr 5, 2022


Een dag in die poskantoor…
“Die diens is goor,” kla iemand voor my in die ry by die poskantoor. Sy kyk na my in die hoop dat ek haar woorde sal beaam. Maar ek sê niks. Toe sit sy haar hoop op die mense agter my. Uiteindelik kry hulle ‘n kwaai gesprek van soorte aan die gang oor hoe dinge in die land agteruit gaan. Net toe dit lyk of die beswaarde dame ‘n klein paleisrewolusie op die been gebring het, is dit haar beurt by die toonbank. Sy praat kwaai en beduie met haar hande. Toe dit my beurt is, sien e
Stephan Joubert
Jun 15, 2020
bottom of page