top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ons lyf is nie ons eie nie
Die bekende Franse geleerde, Marcel Mauss (1872-150), het in 1934 ’n referaat gehou, wat vandag steeds oor verskillende kulture se idees oor die regte liggaamshoudings en gedrag aangehaal word. Mauss vertel onder andere in hierdie studie hoe Engelse soldate in die loopgrawe gedurende die eerste wêreldoorlog nie die grawe kon baasraak, waarmee Franse soldate, soos hyself, hulle loopgrawe gegrawe het nie. Toe moes daar inderhaas 8000 nuwe “Engelse” grawe vervaardig word.
Stephan Joubert
Sep 22, 2022


Krag vir daardie groot moegheid
Die lewe het nogal ‘n manier om krapmerke op jou liggaam en jou gees agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer terwyl die lewensjare meer word. Jy herstel nie so vinnig soos altyd na ‘n groot siekte nie. Jy beweeg ’n klein bietjie stadiger. Dit voel ook of jou geheue jou te veel kere in die steek laat. Tog gebeur dit nie net met mense wat ouer word nie. Jesaja 40 vertel vir ons dat selfs die jongmanne moeg en afgemat raak. Moe
Stephan Joubert
Aug 1, 2022


Intimiteit is deel van God se plan
Niks is meer taboe nie. “Anything goes,” soos wat die Engelse sou sê. Elke fliek, elke storie, elke sepie moet een of ander rowwe bedtoneel of twee inhê. Menslike liggame het verbruikersartikels geword. Seks sonder intimiteit is egter niks anders nie as drang-aangedrewe vermaak. Dit is om ander mense te behandel as blote “lyfverskaffers.” Sulke onbeheersde seksuele gedrag raak gou-gou verslawend. Statistieke vertel hoe sulke verslawings skrikwekkend toeneem onder jongmense en
Stephan Joubert
Jun 2, 2022


Elkeen is onmisbaar
In die wêreld is daar ‘n gewilde spreekwoord: Niemand is onmisbaar nie. Wel, dit geld nie volgens Paulus in Jesus se aardse liggaam nie. Hier is elke ledemaat onmisbaar. Net soos wat ‘n gesonde liggaam nie enige ledemate kan ontbeer nie, net so kan die kerk nie sonder elke lid behoorlik funksioneer nie. Maar ons het al so gewoond geraak aan ‘n siek kerk in die intensiewe eenheid met een of twee leraars, wat soos dwarrelwinde van vroeg tot laat rondhardloop en ‘n klein groepie
Stephan Joubert
Oct 29, 2021


Verskeidenheid en eenheid
Die groot les wat Paulus vir ‘n verskeurde kerk in Korinte wil leer, is dat die liggaam van Christus hier op aarde, oftewel Sy kerk, soos wat ons dit noem, een is. Christus se kerk is ‘n organiese eenheid. Hier val die klem nie op elke afsonderlike ledemaat nie, maar op die liggaam as geheel. Daarom is dit elke ledemaat se funksie om die groter prentjie raak te sien en in diens te staan van die ganse liggaam. Tussen Christus se mense gaan dit nie oor elkeen se uniekheid, wat
Stephan Joubert
Aug 6, 2021


‘n Gemeente in die intensiewe eenheid
Daar het ’n vreemde ding in Korinte gebeur. ‘n Klompie snaakse liggame het skielik hul opwagting daar gemaak. Wat ‘n vreemde gesig was dit nie: ‘n spul oë op ‘n hoop; dan weer ‘n klomp neuse, ore, wysvingers - noem maar op. Die skokkendste van alles was dat hierdie vreemde lywe in die kerk te siene was. Wat was die rede hiervoor? Wel, sommige gemeentelede het begin dink hulle is die belangrikste. Daarom moes al die aandag op hulleself val - op al hulle indrukwekkende gawes en
Stephan Joubert
Jul 30, 2021


Tempels moet soos tempels lyk!
Dit is belangrik dat ons vandag nog eens vir mekaar sê dat die Heilige Gees permanente en eksklusiewe regte op ons lewens het, omdat ons aan Christus behoort. Ons is Syne hier en nou en vir altyd. Hy is ons nuwe Eienaar, omdat Jesus ons tussen die sonde gaan uitsnuffel het en ons toe met sy kosbare bloed gekoop het. Van daardie oomblik af is ons lewens onder hemelse bestuur. God woon voltyds in ons. Daarom kan ons nie doen wat ons wil of leef soos ons wil nie. Die Here duld d
Stephan Joubert
Feb 19, 2021


Een met die Here
1 Korintiërs 6 is ‘n aangrypende hoofstuk. Dit vertel van die slegte dinge, wat daar in die Korintiër-gemeente gebeur het, soos dat sommiges hulle opgehou het met prostitusie. Dit het Paulus baie omgekrap. Daarom dat hy nou ‘n groot geestelike beginsel vir hulle leer, naamlik dat as Jesus jou gekoop het en die Gees sy intrek in jou lewe geneem het, dan is jy een met die Here. Dan is jy lewenslank Syne. Dan behoort nie net jou siel aan Hom nie, maar ook jou liggaam. Daarom dat
Stephan Joubert
Feb 12, 2021


Orals en altyd
Iemand vra onlangs vir ‘n vriend van my waar’s een of ander kerk. “Sien jy die dame wat daar in die koffiewinkel sit?” vra hy. “Sy’s ‘n volgeling van Jesus. As jy die kerk soek, gaan praat met haar!” Aangrypend! Te veel mense se eerste assosiasie met die woord “kerk” is met kerkgeboue, nie met diegene in daardie geboue nie.
Stephan Joubert
May 15, 2020


Nie statiese geboue nie
Die Gees bly gelukkig nie in statiese geboue nie. Kerkgeboue is maar net doodgewone strukture van sement en steen. God bly nie in sulke geboue agter as sy lewende huise dit verlaat nie. Allermins. Hy is saam onderweg met sy lewende kerk, elke dag! Hierdie voorreg om ’n lewende tempel van God te mag wees, is eksklusief aan die Heilige Gees se nuwe werk in ons lewe te danke. Jesus en die Gees se koms het geboue as heilige ruimtes oorbodig verklaar. Nou is kerkgeboue hoogstens b
Stephan Joubert
Feb 28, 2020


Mure val
Vroeër, toe ons nie Christene was nie, was ons daar buite in die koue. So vertel Paulus in Efesiërs 2:11-18. Maar toe gebeur daar ‘n wonderwerk. Toe kom haal Jesus ons daar uit die donker van ons eie verlorenheid. En toe doop Hy ons in sy nuwe liggaam in deur die Heilige Gees. Van daardie dag af het ons ‘n toekoms. Jesus se kruisdood het dit alles moontlik gemaak.
Stephan Joubert
Feb 14, 2020


Een maak een
Eenheid is die hartklop van God. Hy is een. Hy wil ook sy EEN-heid met ons deel. God wil nie alleen wees nie. Hy wil sy hart met ons deel. God se eenheid met sy Seun en die Gees, soos wat Jesus dit in Johannes 17 ook vir ons afbid, moet konkreet met ons gedeel word. Daarom dat die Gees gekom het om ons almal een te laat wees.
Stephan Joubert
Jan 31, 2020


Een, al is ons anders
Een van die heel mooiste, maar mees afgeskeepte tekste oor die Heilige Gees is 1 Korintiërs 12:13. Hier verduidelik Paulus die die doel van die doping met die Gees op ‘n aangrypende manier. Hy begin by die verskeidenheid wat daar tussen mense bestaan. Ons is almal verskillend. Party is Jode, ander is nie-Jode. Ons het boonop verskillende agtergronde, kulture, gebruike en beroepe, maar wanneer ons tot bekering kom en in die Gees gedoop word, dan word ons elkeen deel van Jesus
Stephan Joubert
Jan 24, 2020
bottom of page