top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Leierskapslesse geleer uit ‘n pandemie
Ons ken die speletjie van toutrek. Daar is duidelike wenners en verloorders. Toutrek is nie die manier om sake tydens ‘n globale pandemie te hanteer nie. Tog lyk dit asof ons land en die wêreld in ‘n globale toutrekkompetisie is. Kerkleiers word in verskillende rigtings getrek as gevolg van verskillende sienings oor waar ons tans in die pandemie is en hoe om daarop te reageer.
Coen Slabber
Apr 21, 2021


Pasop vir sukses!
Een van die mees toonaangewende besigheidsnavorsers vandag – Jim Collins – wys uit hoe gevaarlik sukses vir ‘n maatskappy of vir die leiers van ‘n maatskappy kan wees. Die vraag, wat hy wou beantwoord in sy boek How The Mighty Fall, is hoe dit gebeur dat sterk maatskappye, wat goed vaar en oor baie potensiaal beskik, uiteindelik veld verloor in die mark en uiteindelik sóskipbreuk ly dat hulle geheel en al kwyn en tot niet gaan. Die eerste en belangrikste rede, wat hy ontdek h
Roedolf Botha
Apr 14, 2021


Wanneer sal eredienste kan hervat?
Ed Stetzer het onlangs met dr. Francis Collins, die direkteur van die National Institutes of Health, ‘n onderhoud oor hierdie onderwerp gevoer.
Coen Slabber
Apr 7, 2021


Paulus as leier
In Handelinge lees ons van Paulus se sendingreise. In Handelinge 16 word vier eienskappe van Paulus as leier beskryf. Paulus, Silas, Timoteus en later ook Lukas besoek van die gemeentes, wat Paulus vantevore besoek het of gestig het.
Coen Slabber
Mar 24, 2021


Jesus, sisteme en transformasie-leierskap
Ek ken ‘n gewaardeerde gemeentelid, wat onlangs sy MBA-verhandeling oor transformasieleierskap gedoen het. Dis die nuwe buzz word in leierskapkringe. Leiers bring gesonde transformasie en vernuwing. Dis goed en reg so. Ons het inderdaad goeddeurdagte en gepaste verandering nodig in die meeste van die arenas, waarin ons leef en werk. In so ‘n transformasieproses is dit egter van die grootste belang om te kan weet wat moet verander en wat nie. Dit mag dalk vir sommige mense een
Roedolf Botha
Mar 17, 2021


Mobiliseer om die Groot Opdrag te voltooi
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees en hulle te leer om alles te onderhou, wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd . (Matteus 28:18 – 20)
Coen Slabber
Mar 10, 2021


2020 se beste boeke
Hierdie is die lys van beste boeke vir 2020 soos saamgestel deur The Gospel Coalition. C. S. Lewis (Learning in War-Time) het die vraag gevra of dit die moeite werd is om tydens ‘n oorlog te studeer.
Coen Slabber
Feb 24, 2021


Die geheime taak van ‘n leier
In die vele boeke oor leierskap word daar allerhande take en vaardighede van leiers beskryf. Daar word gepraat oor transformasie-leierskap, die passie van ‘n leier, emosionele intelligensie, verhoudingsvaardighede, tegniese vermoëns, strategiese insig, wysheid en nog baie meer. Daar is egter een ding wat ek nog bitter min gehoor het en tog behoort dit myns insiens deel van die kern van ‘n leier se roeping te wees.
Roedolf Botha
Feb 17, 2021


Konflik
Almal van ons kom op een of ander stadium konflik teë. Dit is niks nuut nie. Dink maar aan die konflikte in die vroeë kerk en die konflik tussen Jesus en die Joodse wetsgeleerdes. Konflik is ‘n gegewe in die lewe. Konflik op sigself is nie sonde nie, maar sonde mag die oorsaak van die konflik wees. Ons kan ook sondig deur die manier waarop ons op konflik reageer. Wyse leiers weet hoe om konflik te hanteer. In Handelinge 15 word die probleem of nie-Jode eers Jode moet word voo
Coen Slabber
Feb 10, 2021


Kenmerke van gemeentes wat weer sal bou
Vir die afgelope paar maande doen gemeentes alles moontlik om waarskynlik die moeilikste seisoen in bediening te navigeer. Dit was beslis ‘n ingewikkelde tyd. Nou is dit tyd dat gemeentes weer moet bou.
Coen Slabber
Jan 27, 2021


Die reëls vir kulturele betrokkenheid
Die ou reëls weerspieël nie die nuwe wêreld waarbinne ons leef nie. Ons moet hulle weer op datum kry. Dinge wat ons as gevolg van ons geloof as gegewe aanvaar, is vir ander met wie jy praat totaal vreemd. Dinge wat tien jaar gelede geen probleem was nie, is nou skielik ‘n probleem. Dinge waaroor ons toe saamgestem het, is nou weg. Christene moet ‘n paar tree teruggee om by ‘n plek, wat ons aanvaar het bestaan, te kom. Ons weet ons kultuur het verander – die sosiale media sê d
Coen Slabber
Jan 20, 2021


Nadenke in ‘n besige lewe
Om tyd vir nadenke te maak, is belangriker as ooit. Ons leef in ‘n wêreld wat nooit tot rus kom nie. Daar is inligtingoorlading, met 24/7 toegang.
Coen Slabber
Dec 2, 2020


Leierskap November 2020 deel 3
Daar is seker min mense wat nie weet wie Brené Brown is nie. Haar Ted Talk oor ‘Vulnerability’ het groot reaksie op die internet veroorsaak en het vinnig een van die program se video’s geword, waarna die meeste mense gekyk het. Ek grap altyd met vriende dat Brené Brown my spirit animal is, omdat daar nie ‘n boek van haar is wat ek nog nie gelees of geluister het nie. Ek is tans besig met “Dare to Lead” vir ‘n tweede keer, hierdie keer as ‘n audioboek. Die tema is hoe om met b
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Nov 25, 2020


Christene en verhoudings
Verhoudings het ‘n betekenisvolle impak op ons lewens. Ongesonde verhoudings laat ons gedreineer, eensaam en ontevrede voel. Tydens die COVID-pandemie het ons selfs meer bewus geword van hierdie negatiewe gevolge.
Coen Slabber
Nov 18, 2020


Vermeerder jou durf
Shannon Huffman Polson (“The Grit Factor: Courage, Resillience and Leadership in the Most Male-Dominated Organization in the World”) was een van die eerste vroue wat die Apache- helikopters in die Amerikaanse weermag gevlieg het. Sy praat onder andere oor idees om jou moed te vermeerder.
Coen Slabber
Oct 28, 2020


Goeie leiers speel nie altyd veilig
Een van die beste leiers, met wie ek al ooit saamgewerk het, is Johnny Knell. Johnny is vyftien jaar gelede deur my genader om ons hoërskooljeug voltyds te lei in die gemeente, waar ek toe werksaam was. Hy was ‘n ongeslypte diamant en eintlik ‘n redelike risiko om aan te stel, veral aangesien Johnny op daardie stadium nog maar ses maande lank ‘n Jesus-volgeling was. Voor sy reis saam met Jesus begin het, was hy deel van die bendewêreld aan die Wesrand. Ek het egter die verski
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Oct 21, 2020


Leierskap geskied nie in isolasie nie
As jy ‘n kerkleier is, het God jou ‘n taak gegee, wat jy nie op jou eie kan hanteer nie. 2020 het dit onderstreep. Daar was tye vanjaar, wat jou taak onmoontlik gelyk het. Die boek Nehemia wys vir ons hoe belangrik goeie leierskap in die voltooiing van ‘n projek is. Die Israeliete het ‘n projek in 52 dae voltooi – iets wat almal gesê het nie moontlik was nie. Watter soort leier het jou gemeenskap en gemeente nodig? Nehemia wys vir ons die kritiese eienskappe van ‘n goeie leie
Coen Slabber
Oct 14, 2020


Wat sê die Bybel oor leierskap?
Daar is baie boeke beskikbaar om Christen-leiers te help. Natuurlik moet ons hulle lees en uit hulle leer, maar die beste gids vir belangrike sake, soos leierskap, bly die Bybel. Die Bybel is nie ons persoonlike boek oor leierskap nie, maar daar is baie Bybelse tekste wat ons baie van leierskap leer. Die Bybel is nie primêr ‘n handboek oor leierskap nie.
Coen Slabber
Sep 30, 2020


Leierskap wat die pad oorsteek
“In ‘n tyd van ongekende politieke en kulturele spanning, hoe reageer jou generasie kerkleiers op wat gebeur in ons land?” So vra ‘n vriend my onlangs. Hy het lankal die kerk verlaat, maar hou haar nog van ‘n afstand af fyn dop. Hy is nie alleen nie. Duisende Suid-Afrikaanse Millennials en Gen-X, en selfs hier en daar ‘n paar Boomers, het die kerk verlaat oor institusionele besluite, of die gebrek daaraan.
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Sep 23, 2020


Mense twyfel aan jou leierskap
Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het (Matteus 28: 16 – 17). Daar is verskillende redes waarom mense jou leierskap betwyfel. Hierdie elf mense was drie jaar saam met Jesus. Hulle het gesien hoe Hy duisende mense voed met enkele broodjies en ‘n paar vissies. Hulle was daar toe Hy aan blinde mense hulle sig teruggegee het, toe Hy mense met melaatshei
Coen Slabber
Aug 19, 2020


RARE leiers is, wel… raar!
Daar bestaan vandag talle bronne wat die effektiwiteit van leiers meet. Hierdie effektiwiteit hang ook natuurlik af van die tyd waarin ‘n mens leef en wat werklik nodig is in elke fase van die geskiedenis. Vanaf die begin van Modernisme was daar baie klem gelê op die oordrag van inligting. Leiers was mense met die regte kennis. Later was die fokus op resultate en aanspreeklikheid weer in die mode gewees. Die laaste klompie jare is daar geweldig klem gelê op emosionele intelli
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Aug 12, 2020
bottom of page