top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Leiers skep vertroue
Patrick Lencioni het al baie gesê dat goeie verhoudings in ‘n groep of maatskappy nooit sal seëvier sonder hoë vlakke van onderlinge vertrou
Roedolf Botha
Aug 9, 2023


Hoe om ‘n rebelse leier te wees
Is ‘n Christen-leier veronderstel om rebels te wees? Sekerlik nee en ja. Indien ‘n mens met rebels bedoel dat ‘n mens se leierskap in opstand teen God kom, of dat jy bloot soos ‘n renoster in ‘n sitkamer alles breek nes jy voel, of dat jy bo-oor mense loop en lyke agterlaat, of dat jy stroom-op loop bloot omdat jy pyn en seer verdra sonder om die Here se genesing in te nooi, dan is die antwoord op die vraag natuurlik nee.
Roedolf Botha
Jul 12, 2023


Die krag van leiers, wat wérklik omgee
Wanneer daar mooi na die dialoog in sommige flieks geluister word, dan vind ‘n mens heel dikwels dat daar uitmuntende leierskaplesse in sekere tonele te vinde is. In die fliek, 300, is daar so ‘n dialoog. Dit vind plaas tussen koning Leonidas van Sparta en koning Ahasferos (Eng. Xerxes) van Persië, die magtige ryk, wat Sparta en die ganse Griekeland in die vyfde eeu voor Christus bedreig het. Vir ‘n paar dae het die dapper drie honderd Spartaanse soldate die Persiese Ryk aang
Roedolf Botha
Jun 14, 2023


Leiers se (MAG-tige) versoeking
Die laaste paar jaar is daar in gesprek oor leierskap begin om baie (alhoewel nie genoeg nie) klem te lê op die konsep van Self-leierskap. Hierby word bedoel dat elke leier, veral ‘n leier, wat ‘n geestelike voorbeeld wil stel, moet toesien hoe hy homself in sy eie verhouding met God lei, hoe hy sy eie waardes bewustelik of onbewustelik ten toon stel, wanneer hy tussen sy mense is. Karakter is werklik uiters fundamenteel tot ‘n leier se roeping.
Roedolf Botha
May 17, 2023


Ons besit mekaar nie - ons dien mekaar
“I even own the air they breathe,” hoor ek ’n baas op TV sê, toe iemand met hom ’n onderhoud oor sy fabriek en sy werkers voer. Toe dink ek by myself: dit moet niks lekker wees om vir só iemand te werk nie. Sulke tipe mense word nie verniet control freaks genoem nie. Hulle hou daarvan om ander mense se lewens van A tot Z te beheer. Hulle geniet die mag wat hulle vir hulleself oor ander mense toe-eien. Wat ook al mense se beweegredes is om só op te tree, dit is uiters ongesond
Stephan Joubert
May 15, 2023


Hoe kan ek ander liefhê?
Gemeentes moet hulle lidmate leer om mekaar lief te hê. Jesus is die beste rolmodel oor hoe om ander lief te hê. Daarom het Hy vir ons ‘n nuwe opdrag gegee om ons naaste lief te hê (Johannes 13:34). Wat kan ons by Jesus leer oor hoe om ander lief te hê?
Coen Slabber
Apr 26, 2023


Onderskei tussen soorte leiers
Een van ‘n leier se belangrikste take is om ander leiers te identifiseer, te bemagtig en te ontwikkel. Deur die jare beleef ek egter voortdurend ‘n frustrasie, wanneer mense praat oor leierskap en die ontwikkeling van leiers - dit is dat mense praat asof daar geen onderskeid is tussen soorte leiers nie. Leiers is nie almal dieselfde nie. Die soort leier, wat saam met jou werk, gaan bepaal watter soort leiding hy van jou af gaan nodig hê. In die tagtigerjare al het Bennis en N
Roedolf Botha
Apr 19, 2023


Ses nodige verhoudings vir leierskap
Transformasieprosesse is moeilik en kompleks om te lei. Dinge blyk nie altyd so eenvoudig te wees soos wat dit van “bo” af lyk nie. Wanneer ‘n mens begin met ‘n strategie van vernuwing, dan is daar gewoonlik verskeie stemme, wat opgaan waarna ‘n mens moet luister. Sommige van hierdie stemme is krities en ander is weer ondersteunend. ‘n Leier moenie net bewus wees van hierdie groepe in jou gemeente of maatskappy nie, maar moet ook in gesprek met hulle wees om seker te maak dat
Roedolf Botha
Mar 22, 2023


Stil leierskap
Elke leier van ‘n organisasie, gemeente of departement moet besluit hoe ‘n mens die organisasie gaan help om sterk en weerstandig en nie broos nie te wees. By sterk word bedoel dat die maatskappy enige lukrake, onvoorspelbare skokke, skuiwe en veranderings in die eksterne omgewing die hoof kan bied. Baie maatskappye lyk op die oog af sterk, omdat hulle baie wins maak en vinnig groei, veral kleiner besighede. Wanneer ‘n onvoorspelbare gebeurtenis, soos Covid, egter tref, dan v
Roedolf Botha
Jan 11, 2023


Leierskap in ‘n oogwenk
Daar is een saak, wat deur bekwame leiers bespreek word, wat deurslaggewend vir goeie leierskap is. Veral in vinnig veranderende tye is dit ‘n eienskap wat broodnodig is, maar wat na my mening, nie veel aandag kry nie. Die voormalige, legendariese Hoof Uitvoerende Beampte van General Electric, Jack Walsch, het dit “edge” genoem. Met “edge” het hy bedoel ‘n natuurlike momentele intuïsie, wanneer dit by besluitneming kom. Soms, in ‘n snelveranderende wêreld, moet ‘n besluit op
Roedolf Botha
Dec 7, 2022


Leierskap en Innovasie
Almal sal saamstem dat die stimulering van kreatiwiteit en innovasie ‘n uiters belangrike deel van ‘n gesonde leier se rol is. Hoe anders kan ‘n leier kop bo water hou en steeds sy mense effektief lei in ‘n wêreld, wat voortdurend verander? Die basiese beginsels van leierskap bly sekerlik dieselfde, terwyl nuwe planne en beter strategieë voortdurend bedink moet word. Vir ‘n laaste keer put ons uit die nuwe boek van Hermann du Plessis, Lead with Intent, ‘n paar waardevolle ins
Roedolf Botha
Nov 16, 2022


‘n Gesonde kultuur is ‘n kultuur van dankbaarheid
Ons leef in ‘n denksisteem van meer. Almal wil meer hê, afgesien van hoeveel hulle alreeds het. Dis ook so in elke besigheid. Omdat ons in ‘n groeiende ekonomie leef, moet elke organisasie se wins elke jaar groei en die produksie en verkope moet verhoog. Dit kan lei tot ‘n kultuur waar almal hulleself doodwerk, maar nooit voel hulle haal die paal nie. Elke jaar word die doelwitte maar net weer verhoog. So ‘n kultuur kan later toksies raak, terwyl die meeste mense ondergewaard
Roedolf Botha
Oct 19, 2022


Die belangrikheid van emosionele veiligheid
Suid-Afrikaanse konsultant, skrywer en life coach – Hermann du Plessis – skryf in sy nuutste boek Lead with Intent, oor die belangrikheid vir ‘n leier om ‘n veilige emosionele omgewing vir werknemers en spanlede te skep. Hy struktureer die gedagte
Roedolf Botha
Sep 7, 2022


Vergaderings
Vergaderings is ‘n groot deel van ‘n leier se lewe. Daarom is ek altyd verstom om te hoor dat mense nie van vergaderings hou nie, of dat leiers vergaderings beskou as onproduktief. Toe ek een keer aan die Hoof uitvoerende beampte, vir wie ek destyds gewerk het, voorstel dat ons meer vergaderings behoort te hou, het hy gesê dat hy eenvoudig “te veel werk het om heeldag in vergaderings te sit”. Nog ‘n keer toe dieselfde Hoof uitvoerende beampte saam met die Bestuurspan in ‘n ve
Roedolf Botha
Aug 10, 2022


Die wapenrusting van God
Die hart is bedriegliker as alles; dit is ongeneeslik. Wie kan die hart verstaan? (Jeremia 17:9) Al my pogings om eienaarskap van my sondes te aanvaar, is strydig met my vermoë om te aanvaar wat Christus vir my gedoen het. Hy is gekruisig, juis omdat ons nie volle verantwoordelikheid vir ons sondes kan neem nie. Martin Luther het hierdie denkfout hanteer
Coen Slabber
Jul 27, 2022


Wanneer leiers moet konfronteer…
Konfrontasie en vermaning is eenvoudig deel van ‘n leier se werk. Selfs van uiters goeie en verhoudingsensitiewe leiers is dit waar. Of ‘n spesifieke leier passievol glo in ‘n diensbare leierskapstyl, demokratiese leierskap, pannekoekstyl leierskap, empatiese leierskap of transformasieleierskap, dit maak geen verskil aan die feit dat op die een of ander tydstip, gaan die leier iemand moet aanspreek, teregwys of ten minste konfronteer nie. Die konfrontasie kan wees as gevolg
Roedolf Botha
Jul 13, 2022


Paulus en die bestuur van tyd
Baie leiers sukkel met die bestuur van tyd. Die goeie nuus is dat dit iets is wat ‘n mens kan leer: Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom. (Psalm 90:12 – OAV) As jy sukkel met die bestuur van tyd, mag hierdie vier stappe van Paulus jou help.
Coen Slabber
Jun 22, 2022


Besluite, besluite!
Passiwiteit is nie ‘n opsie vir ‘n leier nie. Leiers staan (met reg) daarvoor bekend dat hulle aktief is, momentum skep en vorentoe beweeg, al is dit soms stadig en tydsaam. Daarom is gesonde leiers nie bang vir die neem van besluite nie. Hoe groter die droom, organisasie, of doelwitte, hoe meer omvangryk en kompleks kan besluite egter raak. Trouens, die kwaliteit van ‘n bepaalde span of leier se leierskap kan in ‘n groot mate in verband gebring word met die kwaliteit van bes
Roedolf Botha
Jun 8, 2022


Generasie Alfa
In Matteus 16 lees ons ‘n interessante gesprek. Jesus vra vir sy dissipels: Wie sê die mense is die Seun van die Mens? (vers 13). Hulle antwoord deur die verskillende stories, wat hulle gehoor het, te herhaal: Sommige sê Johannes die Doper, ander Elia en ander weer Jeremia of een van die profete. Sonder om hierop te reageer, vra Jesus toe: Maar julle, wie sê julle is Ek?
Coen Slabber
May 25, 2022


Hoe skep leiers gesonde kulture?
Soos in ‘n vorige nuusbrief gesê, weet ons nou al teen hierdie tyd dat die skep van goeie kultuur deurslaggewend is vir goeie leierskap. By “goeie” kultuur, bedoel ek ‘n kultuur waar goedheid heers. Goeie leiers skep goeie kulture, wat bevorderlik is vir die groei van die gemeente of maatskappy. ‘n Kultuur van ‘n maatskappy is die oorsaak dat sekere dinge (goed of sleg) spontaan en natuurlik gebeur. Die kultuur is die soms ongeskrewe, narratiewe aksies, beginsels en beleide,
Roedolf Botha
May 18, 2022


Leiers skep deugdelike omgewings vir werknemers
Geestelike leiers skep gesonde werkomgewings. Te veel werkspasies is toksies. Daar is byvoorbeeld ‘n gemeente, waaroor ek redelik bekommerd is. Min ander mense sou reken dat daar rede tot kommer is rakende hierdie spesifieke gemeente, aangesien dit uiterlik baie goed gaan. Die bywoningsgetalle van die eredienste lyk mooi, die inkomstes is glad nie sleg nie en hulle vaar goed op sosiale media. Oor die jare het ek konstant mense raakgeloop, wat daar werk of gewerk het. Deur die
Roedolf Botha
Apr 6, 2022
bottom of page