top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Uitbranding hoef jou nie oor te kom nie
Die woord “uitbranding” word deesdae baie gebruik. Uitbranding gebeur wanneer mense hulle eie fisiese en emosionele kapasiteite opgebruik het. Dit gebeur as hulle niks meer in hulle lewenstenk oorhet om te deel nie. Uitbranding loop hand aan hand met voltydse moegheid, asook met gevoelens van sosiale diskonneksie, lae selfwaarde en min effektiwiteit. Uitbranding is inderdaad soos ’n motor, wat sonder brandstof probeer ry.
Stephan Joubert
Jun 9


Die marathon van die lewe
Ek het ‘n groot bewondering vir marathonatlete, soos Gerda Steyn. ‘n Mens kan sien dat marathonatlete hulle hele lewenswyse om hulle sport i
Helena Smith
Mar 19, 2024


Sterker as die son
“Hy is sterker as die son” - dis wat ‘n kindjie so ewe nou die dag tydens ‘n kinderdiens antwoord toe die leraar vir hulle vra wie is God in
Stephan Joubert
Nov 17, 2023


Wees gereed om ’n superheld te wees as God op jou knoppie druk
Jy hoef regtig nie spesiale kragte te hê om ’n superheld te wees nie. Doodgewone helde is steeds die wêreld vol. Dit is daardie pa, wat in Natal se see duik en sy kind red, maar wat ongelukkig self verdrink. Dit is die vrou in Centurion, wat ’n hulpsentrum vir mishandelde vroue begin, nadat sy vroeër self vir dood agtergelaat is na gesinsgeweld. Dit is een seun, wat plaasaanvallers se koeëls vat om sy ouers se lewens te red. Dit is die taxibestuurder, wat langs die pad stop o
Stephan Joubert
Nov 3, 2022


Staan sterk tussen al die trappers
Nikita Khrushchev was vanaf 1958 tot 1964 die Russiese leier. Hy het die berugte diktator, Josef Stalin, opgevolg. Khrushchev is een keer in die middel van ’n toespraak deur ’n onbekende persoon in die gehooronderbreek. Hierdie persoon het hardop gevra hoekom Khrushchev nie vir Josef Stalin gestuit het, wat soveel onskuldiges se bloed vergiet het nie. Toe het Khrushchev blykbaar hard uitgeroep: “Wie het dit gesê?” Niemand het gewaag om te antwoord nie. Die gehoor was doodstil
Stephan Joubert
Sep 12, 2022


Krag vir daardie groot moegheid
Die lewe het nogal ‘n manier om krapmerke op jou liggaam en jou gees agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer terwyl die lewensjare meer word. Jy herstel nie so vinnig soos altyd na ‘n groot siekte nie. Jy beweeg ’n klein bietjie stadiger. Dit voel ook of jou geheue jou te veel kere in die steek laat. Tog gebeur dit nie net met mense wat ouer word nie. Jesaja 40 vertel vir ons dat selfs die jongmanne moeg en afgemat raak. Moe
Stephan Joubert
Aug 1, 2022


Die dwaasheid van die kruis is God se krag
As ekself ’n godsdiens moes uitdink, sou ek definitief nie die Christelike geloof uitgedink het nie. Jesus se aardse pad is net te vreemd, te vernederend, en te anders as dié van enige ander godsdiens. Paulus besef dit baie goed wanneer hy in 1 Korintiërs 1:18-25 skryf die kruis van Jesus is dwaasheid vir die Grieke, en aanstootlik vir die Jode. Die Grieke het geweet hulle gode kan eintlik nie ly onder hulle nie. Hulle gode is net te sterk en vol glorie. Die Jode weer het gem
Stephan Joubert
Jul 28, 2022


Staan in die Wind, die regte Een
Pinksterdag was glad nie windstil nie. Alles behalwe. Op daardie dag het die Heilige Gees se magtige wind teen stormsterkte in Jerusalem begin waai. Hierdie wind het al die gelowiges, wat daar bymekaar was, getref, soos wat Handelinge 2 vertel. Dadelik het hierdie groepie mense, wat deur die Gees se wind en vuur vervul is, vreesloos oor God se groot dade begin praat. Hulle eie tonge het in ’n oogwink losgeraak. Hemelse krag, daardie soort waaroor die Ou Testamentiese profete
Stephan Joubert
May 26, 2022


Jesus mors nie met woorde nie
In my kinderdae het dominees togas gedra, wanneer hulle preek. In sommige kerke het hulle ook ’n seremoniële lappie, bekend as ’n beffie, om hul nekke gedra. Toe iemand een keer vir ’n leraar vra hoekom hulle dit om hul nek dra, het hy droogweg opgemerk dat dit eintlik ’n servet is, “want ons is morsig met ons woorde!” Ongelukkig doen baie mense dit vandag nog - ek bedoel hulle mors met woorde. Hulle glo daardie persepsie: “Langer is beter!” Langer navorsing, langer nadenke,
Stephan Joubert
Apr 25, 2022


Ek kry arms vol krag by God
“Africa is a tough country,” sê een van my skoonseuns spelenderwys vir sy eenjarige dogtertjie, wat pas begin loop het, as sy struikel en val. Ons kan daaroor lag, maar die waarheid is dat die lewe “tough” en moeilik is. Op hierdie oomblik is Rusland besig om die Oekraïne binne te val, petrolpryse styg, werk is skaars en mense kry emosioneel swaar. Rondom my is daar baie mense, wat sonder hoop is. Teen my spieël is ‘n bordjie wat sê: “Hope is the only thing stronger than fear
Helena Smith
Apr 5, 2022


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020
bottom of page