top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Gee tot jy dit voel
Jare gelede het ‘n prediker een keer in ‘n preek gesê dat as ons ou klere na die kerk toe bring, dan moet ons seker maak dis silwerskoon. En as ons gebruikte goedere weggee, moet ons seker maak dis in ‘n goeie toestand. Die kerk is nie maar net ‘n gerieflike aflaaiplek vir rommel wat in ons pad is nie. Ook het hy bygevoeg dat Geesvervuldheid wys in die maniere hoe ons teenoor die armste mense optree.
Stephan Joubert
Jun 19, 2020


Oop harte = oop hande
Mededeelsaamheid is die wagwoord daar waar die Gees werk. Dit sien ek in die Jerusalemgemeente se optrede. Sonder dat iemand dit vir hulle gesê het, het die deure van hulle harte in mekaar se rigting oopgegaan. Vrygewigheid was nou die nuwe wagwoord. Hoe kon hulle aan hul eie besittings vasklou terwyl hul medebroers en suster in die Here broodgebrek gely het? Wat ‘n slegte advertensiebord sou hulle dan nie vir Christus wees nie. Daarom het die Gees hulle beursies laat oopgaan
Stephan Joubert
Jun 12, 2020


Plastieksak
Angstig vee sy die dokument met ʼn lappie af. Die lappie is deurdrenk met ontsmettingsmiddel. Die dokument is netjies toegedraai in plastiek en kleeflint. “Al die reëlings is daarbinne, sê sy.” Ek loer deur die tralies, deeglik daarvan bewus dat ons ten minste twee meter van mekaar af beter bly. Ek haal stadig deur my masker asem. Met een oogopslag sien ek dat die teks, liedere en ander informasie netjies in drukskrif neergepen is. Die hele begrafnis is uitgewerk.
Siegfried Louw
Jun 2, 2020


Help, ek sit op die ashoop!
In Paraguay is daar ‘n arm gemeenskap wat letterlik op ‘n vullishoop bly. Daagliks word daar meer as 1500 ton vullis op hierdie ashoop gegooi. Die arm mense van hierdie gemeenskap maak ‘n lewe daaruit om weggooigoed wat herwin kan word, bymekaar te maak en te verkoop. Hierdie gemeenskap is ook baie bekend vir hulle orkes. Ja, jy het reg gehoor! Dit is nie ‘n gewone filharmoniese orkes met duur Stradivarius viole nie, maar ‘n kinderorkes wat op instrumente speel wat van afvalm
Helena Smith
May 19, 2020


Is óns betroubaar?
So baie gelowiges en gemeentes doen soveel betekenisvolle goed in hierdie weird Corona-tyd waarin ons onsself bevind. So baie mense se hande, harte en beursies is oop, somtyds ten koste van hulleself. So baie gemeentes doen van hulle beste werk in hierdie tyd. So baie is betrokke by goeie en sinvolle noodverligtingsprojekte. Wat ‘n inspirasie is dit nie!
Roedolf Botha
Apr 28, 2020
bottom of page
