top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moet tog nie so gou aanstoot neem nie
“Ek neem aanstoot.” “I’m offended.” Dit is die in-ding om deesdae te sê. Natuurlik is sekere dinge en sekere opmerkings aanstootlik, maar ons moet oppas dat ons darem ook nie te fyngevoelig raak nie. Interessant genoeg is dit juis God se liefde, wat ons hiermee help. Paulus skryf onder andere in 1 Korintiërs 13 dat die liefde veroorsaak dat ons alles verdra wat mense na ons kant toe aangee. Die liefde het tot gevolg dat ons nie gedurig duistere motiewe in alles, wat ander men
Stephan Joubert
May 25, 2023


Om “onderweldig” te wees
“Oorweldig” is ’n mooi Afrikaanse woord. Dit sê jy is só beïndruk met iets of iemand dat jy nie genoeg woorde het om jou goeie emosies te beskryf nie. In Engels sê mense graag hulle is “overwhelmed”, maar partykeer is ons ook “underwhelmed”. Ek dink nie daar is ’n gepaste Afrikaanse woord hiervoor nie - kom ons skep sommer een: “onderweldig!” Mense wat “onderweldig” is, is net mooi glad nie beïndruk met enigiets of enigiemand nie. “Onderweldigheid” tref mense soms ook in die
Stephan Joubert
May 1, 2023


God is regtig tevrede met jou, al deel party mense nie Sy gevoel nie
Jy stem gedurig saam met almal. Jy sê nooit nee vir enigiemand nie. Jy maak niemand kwaad nie. Jy vermy konflik ten alle koste. Jy hou mense tevrede. As dit bekend klink, is jy dalk besig om ’n “people pleaser” te word. Dan voel jy net goed as almal van jou hou, maar dan het jy slapelose nagte, indien een of twee mense jou kritiseer. Moenie dat so-iets met jou gebeur nie.
Stephan Joubert
Aug 18, 2022
bottom of page