top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hoekom skrik jy vir Kersfees?
Ek is gekant teen kersbome en Kersfeesgeskenke,” sê iemand. “Hoekom?” vra ek verbaas. “Kersfees is heidens,” sê sy. “Regtig?” waag ek dit. “Baie Christene het dit dan deur die eeue verchristelik. Hulle het daardie einste fees, wat rondom 25 Desember ter ere van die songod in die Romeinse Ryk gevier is, omgeskakel in ’n fees ter viering van die koms van Christus,” verduidelik ek.
Stephan Joubert
Dec 17, 2020


My geestelike nalatenskap
Watter geestelike erfporsie laat jy na aan almal, wat met jou te doen het? Teveel mense werk hulle morsdood om ‘n aardse erfporsie na te laat, wat slegs met materiële dinge te doen het. Wat laat ons egter na as navolgers van Jesus? Kyk net na die nalatenskap van Petrus en die ander apostels in Handelinge 5. Hulle lewens het getuig dat Christus die Here is. Dit het almal dadelik besiel.
Stephan Joubert
Dec 4, 2020


Respek vir die Here - het jy dit?
Nee, geloof is nie iets wat ek net in my vryetyd beoefen nie. Ek doen nie net Christenskap wanneer ek die dag daarna voel nie. My lewe is voltyds die Here se eiendom. Daar is geen middelgrond nie. Die Here duld nie ‘n halfgebakte 50/50 geloof waar ek die helfte van die tyd doen wat God sê en die ander helfte doen wat ekself wil nie.
Stephan Joubert
Sep 4, 2020


Is jy deel van die ge-dreigdes en die be-dreigdes?
Ek het agtergekom min of meer elke tweede preek, praatjie en plasing op sosiale media platforms dreig ons om iets te doen vir die Here, so asof niemand dit reeds doen nie. Ons moet opstaan, uitstaan, aanmeld, praat… Dis al. Geen getuienis word ooit gehoor van gelowiges wat elke dag volspoed aan diens is vir Christus nie. Geen dreiger sien hulle ooit raak nie.
Stephan Joubert
Aug 24, 2020


Geesvervuldes omhels die wêreld
Geesgevulde mense beskou die wêreld nie as ‘n vyandige plek nie. Hulle sien alle ander mense as beelddraers van God. Hulle weet ook dat God mense liefhet, al het sonde hulle lewens pikswart bekrap. Hulle wil hierdie goeie nuus met almal deel sonder om ooit te veroordeel. As navolgers van Jesus, en ook propvol met die nuutmakende krag van die Gees wil hulle ander mense bewus maak van God se liefde en nie teen alles en almal in die samelewing wees wat “Christelike waardes” bedr
Stephan Joubert
Jul 31, 2020


“UNLESS…” “TENSY…!”
The Lorax is ’n kinderboek uit die pen van Dr Seuss. Dit vertel van ’n seuntjie wat met “The Oncler” gesels. Laasgenoemde het al die Trufulla bome in ’n vallei afgekap om “Thneeds” te maak, kledingstukke wat almal wou hê. Die Lorax was een van die bewonertjies van hierdie vallei wat gesmeek het dat die “Oncler” dit nie alles afkap nie. Maar hy het nie geluister nie. Toe die laaste boom afgekap is, het die Lorax in die lug verdwyn. Daar waar hy gestaan het ’n hopie klippie agt
Stephan Joubert
Jul 2, 2020


Leeg van myself
‘The world revolves around me.’ Dit lees ek onlangs op die T-hemp van iemand anders. Ware woorde vir te veel mense. Dit gaan net oor onsself. Godsdiens bevry mense nie noodwendig van selfsug nie, soos wat ons gister ook gesien het. Baie misbruik maar net godsdiens om al die aandag op hulleself te hou. Dit gaan oor hulle groot getuienisse; hulle suksesse op die Here se pad en oor alles wat hulle vir die Here doen. Daar’s heeltemal te veel sulke “Christelike celebrities’ tussen
Stephan Joubert
Jun 5, 2020


Almal deel in die fees
Almal is ingesluit. Christenskap is inklusief. Dit is nie net vir ‘n paar uitgesoektes bedoel nie. Nee, almal is in Jesuse se genade visier - jonk en oud, naby en ver, Jode en nie-Jode. Jesus sluit niemand uit nie. As die Gees kom, moet almal eenvoudig in sy feesvierings deel. Daarom dat die hele wêreld na die moeder van alle partytjies uitgenooi is. Daar is nog genoeg plek oor by hierdie feesmaal, soos wat Jesus in Lukas 14 vertel.
Stephan Joubert
May 8, 2020


Die grootste evangelis in Japan is…
Die vroeë kerk, en miljoene ander Christene deur die eeue, se helder geloof was magneties mooi. Hulle het inderdaad ’n gesonde infeksie veroorsaak, daardie soort waaroor C. S. Lewis skryf in sy klassieke werk ‘Mere Christianity:’ (1952) “He (Christ) came to this world and became a man in order to spread to other men the kind of life He has—by what I call ‘good infection.’” Die uitdaging voor ons is hoe ons almal ’n gesonde infeksie kan veroorsaak vir die Here. En hoe ons dit
Stephan Joubert
Apr 13, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020


Só moet ons praat met mekaar
Ek het nou die dag die mees inspirerende les geleer by een van die jongmense in ons gemeente. Ek vermoed hy is so negentien of twintig jaar
Roedolf Botha
Mar 17, 2020


Hoe om anderkant die “bubble wrap” vir Jesus te leef (... en goed te getuig)
Ek weet nie wat is die regte woord vir “bubble wrap” in Afrikaans nie. Maar jy weet waarvan ek praat. Ek bedoel daardie plastiese verpakking
Stephan Joubert
Feb 10, 2020
bottom of page
