top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Gebede wat God se hart raak
Gebed is nie speletjies nie. Regtig, dit is nie! Om te bid is om in die teenwoordigheid van Hom te wees wat tyd en ewigheid in Sy hande vashou. Daarom dat Prediker 4:17 - 5:2 ons herinner dat ons gebedswoorde min moet wees. Dit moet goed deurdag wees. Jesus sê in dieselfde trant in Matteus 6 dat ons God nooit met ‘n massa woorde moet probeer beïndruk nie. Dit help nie. Hy is ons Vader. Hy weet by voorbaat wat ons nodig het. Nogtans storm ons nooit nonchalant of onvoorbereid b
Stephan Joubert
Jul 5, 2021


Geloof is nie ’n massaproduksieprogram nie
Elke mens op aarde is uniek. Elke kind van die Here is boonop ook nog op ’n unieke manier gered en herskep na die beeld van God. Ons elkeen het verskillende genadegawes of charismata by die Here ontvang, soos wat 1 Korintiërs 12 - 14 leer. Ons moet dit gebruik tot God se eer en tot voordeel van ander mense. Hierdie verskeidenheid en veelkleurigheid van God se genade bevorder juis die eenheid van Sy kerk. Anders gestel, ons geloof en ons genadegawes is nie deel van ’n massapr
Stephan Joubert
Jul 1, 2021


Staan op vir dit waarin jy glo
Marietjie Joubert skryf in haar nuwe My Lewe nuusbrief hoe dit sal lyk as ons opstaan vir ons geloof.
Marietjie Joubert
May 18, 2021


Ek sien nie kans hiervoor nie
Ek sien nie kans om een stel waardes te hê vir my geestelike lewe en nog ’n ander stel vir my “normale” lewe nie. Dit is te veeleisend. Nog erger, dit is skynheilig. En die heel ergste, dit staan God glad nie aan nie. Dit is glad nie wat Hy van my verwag nie. Ek sien nie kans om ‘n voorvegter vir die waarheid te wees, maar in dieselfde asem verneder ek almal wat nie soos ek glo of dink nie. Ek stoomroller nooit liefdeloos bo-oor ander mense nie. Ek verskil met integriteit, in
Stephan Joubert
Apr 5, 2021


Dit gaan oor Hom, nie oor my nie
Dit gaan nie oor jou nie! Ek praat van jou geloof. God werk nie vir jou nie. Nie eens jou gebede is geleenthede om allerlei opdragte aan Hom te gee oor wat Hy vir jou en ander moet doen nie. Dink mooi hieroor na, want te veel mense, wat ek ken, loop deesdae dikmond oor God rond. Hy het hulle glo nie gehelp, toe Hy moes nie. Hy het nie die siekte weggevat of die misdadigers gekeer nie. Ook het Hy nie vinnig genoeg kos op hulle tafel gesit nie. Daarom dat hulle nou agteraf loop
Stephan Joubert
Apr 2, 2021


Littekens in ons geloofslewe wys dat ons sterker is…
Daar is ‘n verskil tussen ‘n wond en ‘n litteken. ‘n Wond vertel van vars pyn. Dit vertel van seerkry, wat onlangs gebeur het. Dit vertel van seerkry wat steeds pynlik is. Littekens vertel van wonde, wat reeds genees het. Dit vertel dat ons groot pyn oorleef het en dat ons nou sterker is. Littekens is immers van die sterkste weefsel in ons liggaam. Dit herinner my ook aan Jesus. Die boek Openbaring ken Hom juis as die Lam, wat geslag is. Met ander woorde, Hy dra steeds in die
Stephan Joubert
Mar 29, 2021


Carpe diem!
Ek weet nie of jy ook soms so voel nie, maar partykeer voel dit vir my asof ek net deur die dag tjommel. Ek doen net die minimum wat van my verwag word en stap geen ekstra myle nie. Onlangs op so n tjommeldag kyk ek na ‘n video van ‘n inspirerende jong onderwyser, Dalton Barends. Hierdie jong man het my laat besef dat ek dankbaar moet wees dat ek gesond is en in hierdie pandemietyd lewe. Hy het my weer laat besef dat ek elke dag moet aangryp.
Helena Smith
Mar 9, 2021


Jou vrae verf jou geloof in ’n hoek in, of nie!
“Doen jy genoeg vir die Here?” As ek dit vir jou sou vra, is ek seker jy sal dadelik sê: “Nee!”
Stephan Joubert
Mar 8, 2021


Sonder die regte “nee” kan daar nie ’n regte “ja” wees nie
Almal weet dit. Nogtans jaag massas mense hulleself dood op die paaie. Baie mense jaag hulleself ook stokflou in die res van die lewe. Wanneer ek soms vir mense vra om hulle leefspoed in kilometer per uur uit te druk, sê baie hulle leef ver anderkant 120 km/h. Dit is té hoog. Ons is nie masjiene nie. Ons is nie gemaak om aanhoudend buite die spoedgrens te leef nie. Iewers gaan ons gesondheid knak onder sulke snelhede, waarteen ons gedurig rondhardloop na wie weet waarheen. On
Stephan Joubert
Mar 1, 2021


Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus
In “Prince Caspian,” die tweede boek in die Narnia-reeks van die bekende skrywer C. S. Lewis, vind daar ‘n mooi gesprek tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies in hierdie verhaal plaas. As sy vir Aslan na ‘n lang tyd raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan haar: “That is because you are older, little one.” “Is jy dan nie groter nie?” vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy: “I am not. But every year you gr
Stephan Joubert
Feb 25, 2021


Die skaarsste item in 2021 is…
Een Amerikaanse studie, waarop ek onlangs my hand gelê het, bevind mediese kennis het in 1950 elke vyftig jaar verdubbel. In 1980 het dit versnel na elke tien jaar. Teen 2010 het dit drie en ’n halwe jaar geneem vir mediese kennis om te verdubbel, maar nou sal dit blykbaar elke 73 dae gebeur. Die spoed van kennisvermeerdering op alle terreine van die lewe is verbysterend. Ongelukkig groei wysheid nie ewe vinnig nie. Inteendeel. Ons weet meer en meer van alles, maar ons weet a
Stephan Joubert
Jan 25, 2021


Ook vir eendag
Ja, natuurlik gebeur geloof hier en nou. Ons sit nie ydel in die kerk rond en wag op beter dae nie. Ons is elke dag besig om aan ‘n geestelike nalatenskap te werk, wat of navolgingswaardig is vir hulle rondom ons en hulle wat ná ons kom, of een wat liefs vergeet moet word.
Stephan Joubert
Dec 11, 2020


Bou ’n brug
Baie min mense hou meer stil om ’n motoris te help, wat langs die pad gestrand is nie. Dis te gevaarlik. Tog hoor ‘n mens orals van sulke goeie Samaritane. Ek onthou van iemand, wat my een keer vertel het hoe hy van sy bakkie deur gewapendes beroof is. Nadat hulle met sy voertuig daar weg is, het hierdie man hulpeloos rondgestaan. 'n Taxibestuurder het van sy moeilikheid gehoor. Toe stap hy nader en sê: “Ek het al my passasiers laat uitklim. Sê net waarheen jy wil gaan, dan n
Stephan Joubert
Nov 30, 2020


Gepaste gebooie vir ons aangepaste “normale“ lewe
Ons almal is deur die coronavirus gedwing om ’n groot deel van ons lewe op sosiale mediaplatforms deur te bring. Baie van ons se besighede, kuiers en kerk het hierheen geskuif. Sosiale media is nie net digitale pleisters tot alles weer na “normaal” terugkeer nie. Leer daarom om dit reg te gebruik, want dit gaan deel van ons realiteit in die toekoms wees.
Stephan Joubert
Oct 15, 2020


Die naakte waarheid
Het jy ook al van “die naakte waarheid” gehoor? Interessante uitdrukking, of hoe? Dis seker omdat leuens altyd klere aanhet. Of dalk omdat halwe waarhede graag met pantoffels rondloop. Ook omdat wit leuentjies toe al die tyd pikswart is. In elk geval, die waarheid hoef nooit opgetooi te word nie. Dit kan helder lig hanteer. Dit steek nooit iets weg nie. Waarheid is oop en bloot, sigbaar, deursigtig, want dit word deur die Gees gedra en bevestig.
Stephan Joubert
Oct 2, 2020


Moet nooit moeg word om te bid nie
George Müller (1805 - 1898) was as seun 'n dief en 'n leuenaar wat hom na sy bekering in Engeland as evangelis gevestig het. In Bristol sien hy en sy vrou die nood van weeskinders en vra die Here vir £1,000 en die regte mense om 'n weeshuis te begin. Binne vyf maande is dit voorsien.
Elmarie van der Westhuizen
Sep 16, 2020


Respek vir die Here - het jy dit?
Nee, geloof is nie iets wat ek net in my vryetyd beoefen nie. Ek doen nie net Christenskap wanneer ek die dag daarna voel nie. My lewe is voltyds die Here se eiendom. Daar is geen middelgrond nie. Die Here duld nie ‘n halfgebakte 50/50 geloof waar ek die helfte van die tyd doen wat God sê en die ander helfte doen wat ekself wil nie.
Stephan Joubert
Sep 4, 2020


So, jy sê jy staan op die Bybel….
Die Bybel is ons anker. Dit is die Boek waarop ons staan. Maar ek het agtergekom dit is ’n ander vraag hoeveel mense weet regtig wat in die Bybel staan. Self is ek dwarsdeur my katkisasie jare in die kerk sonder om ooit een enkele Bybelboek deur te werk. Ja, ek het hulle almal se name geken, maar dit is omtrent al. Vir myself was die Bybel min of meer die Groot Verseboek. Hiervan gepraat, ek onthou my tannie het so ’n klein boksie met Bybelversies langs haar bed gehad. As ons
Stephan Joubert
Aug 31, 2020


Is jy deel van die ge-dreigdes en die be-dreigdes?
Ek het agtergekom min of meer elke tweede preek, praatjie en plasing op sosiale media platforms dreig ons om iets te doen vir die Here, so asof niemand dit reeds doen nie. Ons moet opstaan, uitstaan, aanmeld, praat… Dis al. Geen getuienis word ooit gehoor van gelowiges wat elke dag volspoed aan diens is vir Christus nie. Geen dreiger sien hulle ooit raak nie.
Stephan Joubert
Aug 24, 2020


Hy sorg dat dit werk
As mens so rondom jou kyk en sien hoedat kerke by die dag kwyn, dan wil jy vra: “Waar gaan dit alles heen?” En dan wonder jy dalk ook in jou hart hoe jyself sal staande bly tot op die einde? Maar die goeie nuus is dat God nooit die werke van sy hande laat los nie. Hyself bring mense tot geloof en Hyself bly enduit deur sy Gees by ons elkeen. In Filippense 1:6 skryf Paulus op ‘n treffende manier dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal deurvoer tot op die dag
Stephan Joubert
Aug 21, 2020


So maak jy jou lewe eenvoudiger
Dit is een ding om te sê die Here is jou Herder, soos wat Psalm 23 leer. Maar dit is iets anders om te sê jy kom niks kort nie. Moenie met ’n verbruikersmentaliteit opgeskeep sit nie. Moenie ’n voltydse tekort-kommer wees nie - nie as Psalm 23 jou leef-psalm is nie. Hoe? Wel, verwyder ’n klomp onnodige “stuff” uit jou lewe. Kom klaar met minder dinge.
Stephan Joubert
Aug 10, 2020
bottom of page
