top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Geskenkuitdeler
Lees gerus Stephan Joubert se nuutste Heilige Gees artikel "GeskAs deel van die Heilige Gees se “liggaamsbouprogram” om Sy kerk uit die intensiewe eenheid te kry, deel Hy geskenke aan ons uit, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 12:1 - 11 vertel. Paulus noem hierdie geskenke genadegawes (“charismata” in Grieks). Elke Christen ontvang minstens een gawe by die Here. Nou ja, net ter wille van duidelikheid: Gawes is al ons talente wat ons tot God se eer en tot ander se voordeel gebru
Stephan Joubert
Aug 13, 2021


Mobiliseer om die Groot Opdrag te voltooi
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees en hulle te leer om alles te onderhou, wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd . (Matteus 28:18 – 20)
Coen Slabber
Mar 10, 2021


Wonders is nie op sigself ‘n doel nie
Een van die belangrikste lesse oor die gawes van die Gees, wat Paulus in 1 Korintiërs 12-14 oor die werk van die Gees vir ons leer, is dat die regte gebruik van die gawes belangriker is as die blote besit daarvan. Dieselfde geld ook vir wonderwerke, soos genesing. Om enige gawe te beoefen sonder om dit tot eer van God en tot voordeel van ander mense te doen, is om dit sleg te misbruik. Wonders is nooit ‘n doel opsigself nie. Jesus se wonderwerke was in die eerste plek die ope
Stephan Joubert
Oct 23, 2020


Wonderwerker-God
‘n Verdelende aspek van die Gees se werk tussen gelowiges in ons hedendaagse lewe is wonderwerke. Party mense maak daarop aanspraak dat hulle bediening propvol buitengewone wonderwerke is, soos spesiale genesings en kragtige werke, terwyl ander weer van mening is dat die Gees se wonders, soos dié waarvan Handelinge vertel, met die apostels se sterwe tot ‘n einde gekom het. Ekstremiste binne die eerste groep ignoreer dikwels mediese behandeling as ‘n teken van ongeloof en ekst
Stephan Joubert
Oct 16, 2020


Kuns is ook een van God se stemme
Daar word vertel dat ’n Nazi offisier een keer ’n besoek gebring het aan die beroemde kunstenaar Pablo Picasso. Dit was tydens die Duitse magte se besetting van Parys gedurende die tweede wêreldoorlog. Hy was gefassineer deur Picasso se “Guernica.” Dit is ’n skildery wat die lyding van mense en diere in hierdie Spaanse dorp uitbeeld na afloop van ’n Duitse en Italiaanse bombardement. “Is dit jou werk?” het die offisier vir Picasso gevra. “Nee, dit is julle werk!” het Picasso
Stephan Joubert
Sep 24, 2020


Talente - soos wonderlike musiekinstrumente
David Fulton is die stigter van Fox Software en 'n amateur violis. Hy versamel ook sedert die vroeë 1980’s skaars Stradivarius viole en het op ‘n stadium 22 viole gehad. Een van sy gunsteling Stradivarius viole is "La Pucelle", ‘n goeie viool wat goed bewaar is. Toe Vuillaume, een van die vorige eienaars in die middel van die 1800’s die viool gekoop het, het hy gesien dat dit nog nooit gebruik is sedert dit die hande van Stradivarius verlaat het nie.
Elmarie van der Westhuizen
Aug 5, 2020


Almal word vol
Die Gees is nie vir enkelinge bedoel nie, maar vir almal. Die Gees verdeel nie, maar verenig. Hy onderskei nie tussen Christene nie. Nee, as Hy kom, kom Hy oor almal. Elkeen wat Jesus ken, is 24/7 binne sy visier. Ons almal is sy witbroodjies. Die Gees werk nie net in “groot” Christene nie. Sedert Pinksterdag is ons almal sy permanente woonplek en werkplek. Nou het die Gees gekom om te bly en om ons almal tot ‘n nuwe span saam te snoer.
Stephan Joubert
Mar 20, 2020
bottom of page
