top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Godsdienstige kontroleurs moet uit die pad staan
Paulus se woorde in 1 Korintiërs 14 oor die gawes word dikwels verkeerd gebruik om alle vorme van spontaniteit in die kerk aan bande te lê. Een of ander diepgewortelde behoefte aan kerklike beheer verander geestelike leiers op te veel plekke in geestelike polisiemanne, wat eksklusief wil besluit wie’s in en wie’s uit en wat’s reg en verkeerd. Nou ja, natuurlik moet sonde by die kerklike hekke gestuit word, soos wat Paulus in Handelinge 20 vra. Maar dit gebeur altyd by wyse va
Stephan Joubert
Apr 15, 2022


Gaan vir die beste
Gaan vir die beste gawes – so skryf Paulus. Wat bedoel hy? Wel, soos wat ons gister gesien het, stel Paulus nie ten diepste so baie belang in daardie geestelike gawes, wat slegs indiwidue in hul eie verhouding met die Here opbou nie. Nee, die eintlike punt van kerkwees is nie my eie geloofsopbou nie, maar die opbou van ander. Nee, wag, jy het dit nie mooi gehoor nie. Kom ek sê dit weer: die belangrikste gawes in die kerk is daardie wat ander gelowiges opbou! Dit gaan oor ande
Stephan Joubert
Mar 4, 2022


Bou ander se geloof op
Die Heilige Gees verander my vanaf ’n selfsugtige wese, wat dink dat die ganse heelal om my draai, in iemand wat agterkom dat God en ander mense op die ou end belangriker as ekself is. Eintlik is alle Christene ewe belangrik vir die Here. Daar’s nie een Christen, wat so ‘n paar treë nader aan die Here staan as iemand anders nie. Ek leef maar net asof alle ander mense belangriker as ekself is, maar die feit is dat ons almal gelyk is in God se oë.
Stephan Joubert
Feb 25, 2022


Gebruik hulle reg
Wat ’n voorreg dat die Heilige Gees by elkeen van ons juis daardie hemelse geskenke kom aflaai, wat ons nodig het om regtig bruikbaar in Sy diens te wees. Ongelukkig het baie Christene nog nooit die geskenkpapier van hulle hemelse geskenke afgehaal nie. Andere weer haal die papier slegs vir ’n rukkie af, net om dit daarna weer in ’n kas weg te pak om stof te vergader. Ons moet dadelik ophou hiermee. Ons moet ons gawes daagliks gebruik en dit ook reg doen.
Stephan Joubert
Feb 18, 2022


Stilte
Geraas is ‘n doodnormale deel van die meeste van ons se lewe. Ons motorradio gaan sommer vanself aan, wanneer ons die motor aansluit. Boonop oorspoel TV’s, DVD’s, iPods en wat nog alles ons wêreld van vroeg tot laat met geraas, beelde en klank. Stilte maak ons eintlik bang. Ons verban dit die meeste van die tyd eenkant toe. Tog praat die Here dikwels in stilte. Hy skree nooit bokant ons mensgemaakte geraas uit om ons aandag te kry nie. Hy kompeteer ook nie met die geluide en
Stephan Joubert
Feb 11, 2022


Dit vat alles
Die liefde, wat die Gees in ons harte werk, swem teen alle strome in. Wanneer ander die handdoek ingooi, stap die liefde verder. Wanneer almal van die skip afspring, bly die liefde aan boord tussen al die sterwendes en gewondes. Wanneer almal sê dis klaar met ons, sien die Here se soort liefde die klein straaltjies van hoop, wat vanuit die hemel in ons donkerte bly skyn. Die liefde kan onreg verdra en nogtans glimlag. Dit kan uitgeskel en beledig word en steeds in sagtheid an
Stephan Joubert
Feb 4, 2022


Liefde verander my
Die liefde van die Gees verander die manier waarop ons na ander kyk. Terwyl hierdie wêreld vir die meeste mense na ’n tronk lyk, verstel die Heilige Gees ons visie sodat ons die wêreld as ’n kunsgalery begin sien, met die mense rondom ons as God se eie handewerke. Ongelukkig het die sonde groot skade aan baie mense aangerig, maar die Heilige Gees help ons om verby dit alles te kyk. In hierdie proses raak ons dan ook betrokke by mense. Ons dien hulle ten einde die lewe se krap
Stephan Joubert
Jan 7, 2022


Die liefde dra alles
Ons het reeds twee belangrike beginsels geleer oor die regte gebruik van die gawes. Die eerste een is dat die Gees se gawes veroorsaak dat ons bely Christus is die Here. Tweedens word dit aan ons gegee tot voordeel van ander gelowiges. Derdens is dit die doel van die gawes om te gedy en te groei binne die bedding van God se liefde.
Stephan Joubert
Dec 31, 2021


Omgee: So maak mens
‘Wat is daarin vir my?’ Dis die eerste vraag wat mense gewoonlik vra, as hulle ‘n transaksie sluit. Soms word mense se geloof ook beïnvloed deur sulke vrae. Paulus het egter ‘n ander roete gekies. Hy het die vraag verander van: “Wat gaan ek daaruit kry?” na “Watter voordeel gaan ander uit my gawes kry?” Dis ‘n reuse skuif. Paulus was nie in diens van die evangelie ter wille van homself nie. Dit het oor God gegaan en oor ander mense. Hulle het meer as hyself saak gemaak. As hy
Stephan Joubert
Dec 10, 2021


Gawes word gebruik tot voordeel van ander
Die tweede beginsel wat ter sprake is as Paulus oor die gawes van die Gees praat, is dat gawes altyd tot voordeel van ander mense gebruik word. Ek speel nie meer die hoofrol in my eie lewe sedert ek ‘n Christen geword het nie. My gawes is nie daar vir my eie gebruik of vir my eie voordeel nie. Ek is uitgeskryf uit hierdie rol. En ek het heelhartig saamgestem dat dit gebeur. Nee, ek wil nie meer die sentrum van my eie bestaan wees nie. Daardie plek het die Here lankal oorgenee
Stephan Joubert
Dec 3, 2021


Al wat saak maak, is Christus
Om mense tevrede te hou, is een van die vermoeiendste dinge, wat daar is. Vra maar vir onderwysers, verkoopsassistente, leraars, werktuigkundiges, sjefs, tuinwerkers, huiswerkers … Baie mense is eintlik met niks tevrede nie. Jesus self het op ‘n dag in Matteus 11 gesê dat nóg Hyself, nóg Johannes die Doper dit kon regkry om mense tevrede te stel - nou hoe sal jy en ek dit dan ooit regkry? Maar dis gelukkig ook nie ons werk as ons Jesus se volgelinge is nie. Hy roep ons daarom
Stephan Joubert
Nov 26, 2021


Hoe werk die Gees se gawes?
Om te keer dat gelowiges nie hulle gawes tot hul eie voordeel gebruik nie, bied Paulus in 1 Korintiërs 12-14 ‘n omvattende “handleiding” oor hoe die Here se gawes reg gebruik moet word. Hierdie beginsels is só belangrik dat Paulus sê dat ons liewers moet ophou om ons gawes te beoefen, as ons dit nie hiervolgens gebruik nie. Gedurende die volgende paar dae gaan ons hierby stilstaan. Hoor egter weer wat Paulus se uitgangspunt is: ons moet ons gawes reg gebruik. Vir die Here is
Stephan Joubert
Nov 12, 2021


Ter wille van mekaar
Binne elke liggaam kan daar maar net twee oë en twee ore en een neus wees. Die voet kan nie sê: “Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie.” Elke ledemaat, hoe onbenullig sy taak ook al mag lyk, help om die liggaam reg te laat funksioneer. As ’n ledemaat beseer word, beïnvloed dit die werking van al die ander ledemate. As een ledemaat siek is, trek al die ander ledemate swaarder. Die ganse liggaam se funksionering word soms gekniehalter deur een swak sk
Stephan Joubert
Nov 5, 2021


Nuwe gawes?!
Is dit nie ‘n fout dat ons vandag nog eens by 1 Korintiërs 12:11 stilstaan nie? Nee, want daar’s nog iets wat ons hier moet leer. Dit hou verband met die vraag of God in ons dag nuwe gawes deur Sy Gees gee, of nie. Anders gestel: is die gawes, wat Paulus hier in vers 8 -10 noem, ‘n onveranderlike lys? Die antwoord is geleë in vers 11, naamlik dat die Gees aan elkeen gee, soos Hy wil. Dit berus met ander woorde nie by ons om te besluit watter gawes die enigste groepie gawes is
Stephan Joubert
Oct 15, 2021


Soos wat Hy wil
Wat is nie alles opgesluit in hierdie enkele paar woorde van Paulus oor die Gees se werk nie: “Soos wat Hy wil.” Dis lewensbelangrike woorde hierdie, woorde, wat te dikwels in die kerk geïgnoreer word, wanneer daar oor die gawes van die Gees gepraat word. Hoor dit weer: die een Gees gee aan elkeen afsonderlik daardie gawes, wat nodig is, soos wat Hy wil. Nee, jy kan nie daardie gawes naboots, wat jy nie het nie. As jy nie die gawe van geestelike leierskap het nie, dan kan jy
Stephan Joubert
Oct 8, 2021


Wat ‘n wonderlike reënboog van genade!
Wanneer die Here my vrymaak sodat my aandag onselfsugtig begin wegskuif na ander mense toe, dan ontdek ek ‘n splinternuwe wêreld. Dan loop ek in God se reënboog van genade vas, as ek sien hoe Hy mense met unieke gawes oorlaai. Dan sien ek hoe Hy aan een gelowige ‘n besondere gawe van wysheid gee om op die regte tyd die regte ding te sê. Of hoe die Gees aan iemand anders die vermoë gee om die regte insig in God se wil te hê. Ook sien ek midde in Sy genadereënboog mense, wat di
Stephan Joubert
Oct 1, 2021


‘n Verskeidenheid uit die hande van Een
1 Korintiërs 12:4 - 6 is aangrypend. Dit vertel in geen onduidelike taal nie dat die drie-enige God self aktief by die uitdeel van die gawes aan Sy kinders betrokke is. Kyk net: in vers 4 verwys Paulus na die een Gees, wat ‘n verskeidenheid van genadegawes uitdeel. In vers 5 hoor ons van een Here, wat verskillende dienste uitdeel, terwyl vers 6 weer vertel van verskillende werkinge, wat van een God afkomstig is. Het jy die patroon raakgesien? Dit gaan oor Een wat baie gee. Ee
Stephan Joubert
Sep 24, 2021


Die regte mense kom ook in geskenkpapier
Wanneer mens oor die Gees en Christus se werk nadink, dan staan jy gedurig verstom. Veral wanneer jy in ‘n teks soos Efesiërs 4:7-16 vasloop, want hier vertel Paulus van Christus se triomftog. Nadat Hy hier op aarde getriomfeer het, het Hy Sy oorwinningstog in die hemel voortgesit. As bewys van Sy oorwinning het Jesus onder andere geskenke aan ons uitgedeel. Maar die mees verrassende van hierdie geskenke, wat Hy uitgedeel het, is dat dit mense is, nie dinge nie. Ons dink mees
Stephan Joubert
Sep 10, 2021


Baie geskenke vir baie mense
Wanneer die Here geskenke uitdeel, dan gee Hy nie klanksisteme, kerkgeboue, rekenaarskerms, elektroniese sangborde of musiekinstrumente aan die kerk nie. Nee, dan gee Hy lewende mense aan ander mense. Mense is die Gees se geskenke aan Sy kerk. Paulus noem hulle vervolgens in 1 Korintiërs 12:28 - 30 in volgorde van hulle impak: apostels, profete, leraars, wonderwerkers, genesers, helpers, ensovoorts. Nee, Paulus sê nie dat hierdie ‘n rangorde is, asof hierdie gawes tot statusv
Stephan Joubert
Sep 3, 2021


Alles is spesiaal
Die Heilige Gees gee aan elkeen van ons een of meer genadegawes. Hierdie genadegawes sluit die sogenaamde “buitengewone” dinge in, soos die doen van wonders, asook “gewone” dinge, soos dienslewering, omgee en onderrig. Maar eintlik is dit maar net ons as mense wat sulke onderskeidings maak. Die volle waarheid is dat alles, wat God gee, spesiaal en kosbaar is. Elke ontvanger behoort sy of haar gawes as buitengewoon te beskou. Dit kom immers van God af. Volgens die Bybel is daa
Stephan Joubert
Aug 27, 2021


Kyk die gawes van die Gees reguit in die oë
Daar is geen teenvoeter vir ‘n deeglike kennis van God se Woord nie. Om sinvol oor die Gees se gawes te praat en dit reg in jou eie lewe aan te wend, is dit noodsaaklik dat jy op hoogte moet wees met wat die Bybel hieroor sê. Daarom moet jy die volgende Bybeltekste asseblief deeglik gaan deurlees: 1 Petrus 4:6 - 8, Romeine 12:7 - 8; 1 Korintiërs 12:28 - 31; Efesiërs 4:11, en 1 Petrus 4:6 - 8. Hierdie is die vier vernaamste teksgedeeltes in die Bybel oor die gawes van die Gees
Stephan Joubert
Aug 20, 2021
bottom of page
