top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die drie geestelike realiteite van leiding aan personeel
So baie konferensies en boeke oor leierskap praat van die regte kultuur, wat in organisasies geskep moet word. Dis veral belangrik ten opsig
Roedolf Botha
Mar 20, 2024


Kersfees gaan oor meer as “seisoenwense”
Seasons Greetings - hierdie woorde is tans in elke winkel te sien en te hoor. Kerksfeeskaartjies en e-posboodskappe basuin dit ook uit. Kers
Stephan Joubert
Dec 14, 2023


Gesonde families is gelyk aan ’n gesonde samelewing
Op ’n dag is die beroemde psigiater, Viktor Frankl (1905-1997), in kennis gestel dat sy visum gereed was om na die VSA toe te emigreer. Dit was gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe hy en sy familie in Wenen gewoon het. Vervolging van Jode was toe daar in Oostenryk aan die orde van die dag. Op pad terug huis toe met sy visum, kom daar toe groot twyfel in sy hart. Wat sal van sy ouers word? Moet hy hulle oorlaat aan hulle eie lot daar in Wenen? Toe hy tuiskom, tref hy sy pa in
Stephan Joubert
Jun 5, 2023


Eregaste by vandag
In een toneel in Alice in Wonderland daag Alice op by die Mad Hatter se teepartytjie. Sy hoor dan dit is ‘n “very merry unbirthday party.” Almal wat nie verjaar op daardie dag nie, is genooides! Toe die Mad Hatter uitvind dit is ook Alice se “unbirthday”, sê hy dadelik vir haar dat dit darem ‘n baie klein wêreld is, want dit is ook sy “unbirthday”. Toe vier hulle al te lekker fees.
Stephan Joubert
Feb 13, 2023


Jy is nie een-alleen nie
In die 2005 film, “Batman begins”, wonder polisiekommisaris Gordon van Gotham City hoe hy op sy eie kan opstaan teen al die magte van die duisternis in sy stad. Batman sluit dan by hom aan en sê: “Now we are two!” Net so! Twee vaar beter as een. Dit leer Prediker 4 ons. Op ons eie is ons te min, maar as nog iemand aanmeld vir diens, raak dinge sommer stukke beter.
Stephan Joubert
May 19, 2022


Tevredenheid gewaarborg
Daardie frase wat vroeër jare gebruik is om baie produkte mee te bemark: “tevredenheid gewaarborg” (“satisfaction guaranteed”) het stilweg verdwyn. Min mense is deesdae tevrede met hulleself, met die lewe, met ander en selfs met God. Hulle is verveeld, geïrriteerd, kwaad en onvervuld. Niks of niemand kan enige tevredenheid meer aan hulle bied nie. Dalk het die Rolling Stones dit doer in 1965 goed saamgevat toe hulle gesing het: “I can get no satisfaction.” Hulle is reg, ten m
Stephan Joubert
Mar 14, 2022


Jou familie kyk vir jou
“Don’t worry that children never listen to you; worry that they are always watching you.” Hierdie woorde van Robert Fulghum is tydloos waar. Ouers is altyd lewende preke vir hulle kinders - goed of sleg. Uiteraard wil alle ouers, wat op die Here se pad leef, graag goeie voorbeelde vir hulle kinders, kleinkinders en vir die res van die familie wees. Daarom dat sulke ouers gedurig vir hulle kinders leer daar is iets soos reg en verkeerd. Daar is baie ja’s in sulke Godvresende o
Stephan Joubert
May 27, 2021


Alleenheid is nie alleen nie
Alleenheid is nie dieselfde as om alleen te wees nie. Om alleen te wees is soms goed en nodig, veral vir die introverte tussen ons. Alleenheid of eensaamheid is egter iets anders. Dit is daardie pynlike gevoel van sosiale isolasie. Dit is om gediskonnekteerd te wees van ander mense. Drie navorsers genaamd Holt-Lunstad, Smith en Layton het in ’n onlangse studie bevind dat iets soos ernstige oorgewig jou kans op ‘n vervroegde dood met 20% verhoog; dat ernstige alkoholverbruik j
Stephan Joubert
Apr 30, 2020
bottom of page
