top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Meer as oppervlakkige kennis gevra
Om maar net klakkeloos te sê die Bybel is God se Woord, is lankal nie meer genoeg nie! Dit was inderwaarheid nog altyd onvoldoende. Sulke belydenisse moet keer op keer opgevolg word met die regte kennis van daardie einste Woord, wat die hartklop van die Christelike geloof vorm. Jy en ek moet self weer ontdek dat die Christendom nie gebou is op naïewe waarhede, wat deur primitiewe mense geglo is nie. Hulle geloof was ook nie net ‘n gewaagde sprong in die donkerte nie. Ware gel
Stephan Joubert
Aug 5, 2022


Nie net woorde nie
Ons leef in ‘n wêreld van informasie-oorlading. Kan jy glo dat ‘n naweekuitgawe van die bekende New York Times meer inligting bevat as wat ‘n gemiddelde persoon tydens sy of haar ganse leeftyd in die sewentiende eeu moes baasraak. Daagliks word daar meer as vyf biljoen SMS’e rondgestuur, sewe miljoen webblaaie tot die internet toegevoeg, 500,000 virtuele “blogs” op MySpace bygevoeg en noem maar op. Inligting oorspoel ons van alle kante en dit lê ons lam. So bevind navorsers.
Stephan Joubert
Jul 22, 2022


Lesse vir die kerk uit Handelinge
In Handelinge kry ons ‘n patroon wat die hedendaagse kerk kan navolg. Daar is uiteraard baie lesse wat die kerk kan leer.
Coen Slabber
Mar 23, 2022


Praat reg namens God
Die reg om namens God te praat, het indiwidue nog altyd deur die geskiedenis op hulle skouers geneem. Profetiese figure, wat alleen teenoor die ganse samelewing staan met ‘n sterk woord van die Here se kant af, is bekend in die Ou Testament. Om God se stem te wees, is egter ‘n moeilike saak. Dit is meestal ‘n tipe “teenoor”- posisie. God en Sy profeet, wat staan teenoor die massa; die hemelse spreekbuis teenoor vals stemme. Maar wie mag namens God Sy saak stel? In die Bybel i
Stephan Joubert
Mar 18, 2022


Hier is twee dinge wat God vir ewig onthou oor jou
God onthou, maar Hy onthou nie alles oor ons nie. Dit het ons in verlede week se Goeie Nuus vir mekaar gesê. Met name kies Hy om nie daardie sondes te onthou wat in Jesus se Naam by Sy voete neergesit is nie. Maar dit beteken nie God is vergeetagtig wat ander dinge betref nie. Hy het ’n langtermyngeheue. Hy onthou alles, wat Hy wil onthou, vir ewig. In die Bybel leer ek dat daar ten minste twee dinge is wat God tot in ewigheid oor ons onthou. Die eerste ding is dat Hy vir alt
Stephan Joubert
Feb 14, 2022


Vyf boustene vir 2022
Hier aan die begin van 2022 kies ek van voor af om my lewe op God se Woord te bou. Met alles in myself gaan ek in hierdie nuwe jaar die volgende glo en uitleef:
Stephan Joubert
Jan 10, 2022


Glo anderkant stilstaan verby
Die koningin sê vir Alice in die bekende kinderverhaal: “It takes all the running you can do, to keep in the same place. If you want to get somewhere else, you must at least run twice as fast as that!” Presies net so! Dit verg baie energie en krag om vinniger te beweeg. Ek lees juis iewers hoe een fietsrykenner reken enige ernstige fietsryer moet meer as 60% ekstra krag insit net om 20% vinniger te kan ry. Dit is presies ook hoe die res van die lewe werk, ons geloof ook.
Stephan Joubert
Dec 13, 2021


Doen die Bybel in drie sinne
Ek kan die hele Ou Testament in drie sinne vertel, sê iemand vir Len Sweet, ’n Amerikaanse teoloog en skrywer. Toe doen hy dit: “Ander volke het ons probeer doodmaak.” “Deur die Here se goedheid het ons oorleef.” “Kom ons eet!” Toe sê die persoon vir Len hy kan ook die Nuwe Testament in drie sinne opsom: “God sê: Ek het jou lief in Christus.” “Ek vergewe jou.” “Kom ons eet!”
Stephan Joubert
Nov 29, 2021


Niemand is te gering nie
Dis sleg dat daar sulke vals onderskeide in die kerk tussen geestelike leiers en gewone mense bestaan. Of tussen mense, wat groot sigbare dinge vir die Here doen, en Christene, wat stilweg vir God werk. Of tussen mense met opspraakwekkende gawes om wonders te doen en diegene met die minder opspraakwekkende gawes. Dis mensgemaakte onderskeidings. Maar helaas is hierdie sienings baie lewendig in die kerk. Te veel mense sien hulleself as minderwaardig teenoor ander Christene, om
Stephan Joubert
Oct 22, 2021


God trek nie klipharde strepies nie
“Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal. U het dit neergelê en hy kan dit nie oorskry nie.” So sê Job in Job 14:5. Nee, dit is nie een of ander Bybelse leerstuk, wat Job hier uitspel nie. Inteendeel! Hy is in hoofstuk 14 besig om God aan te kla. Hy meen God is onregverdig, want Hy het blykbaar een of ander onwrikbare plan in plek, waarvan Job die slagoffer is. Job voel hy is soos ’n marionet aan ’n toutjie in God se hande. Dit lyk vir hom of God doen
Stephan Joubert
Oct 11, 2021


Leef binne-in Jesus se verhaal
Thomas Aquinas (1225 -1274) word beskou as een van belangrikste denkers en teoloë, wat die wêreld nog opgelewer het. Hy was legendaries vir sy harde werk en vir sy skerpsinnige nadenke. Sy nederigheid en sy toewyding aan God was ook wyd en syd bekend. Teen die einde van sy kort, maar invloedryke lewe, het Aquinas God egter so intens beleef dat hy nie woorde oorgehad het om hieroor te praat nie. Aquinas het die laaste paar maande van sy lewe in stilte deurgebring. Sommiges mee
Stephan Joubert
Sep 9, 2021


Is God nog aan die stuur van sake?
“Hoekom gaan party mense dood aan Covid, maar ander mense oorleef?” “Het God hulle lewe se strepies getrek?” Hierdie tipe vrae is deesdae volop. Wel, daar is geen abstrakte gesprek aan die gang in die Bybel oor hoekom God die dood partykeer toelaat en ander kere nie. Of oor getrekte strepies nie. Deur die eeue heen het die kerk egter vasgeval in sulke gesprekke, wat rondom die Christendom afgespeel het oor die noodlot, voorsienigheid, en dies meer. Van toe af is gelowiges met
Stephan Joubert
Sep 6, 2021


Dinge wat Jesus gesê het, wat ons vergeet
Waarom noem julle My ‘Here, Here’ maar julle doen nie wat Ek sê nie? (Lukas 6:46). As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen. (Johannes 13:17)
Coen Slabber
Jul 21, 2021


Die Bybel is nie “Die Groot Verseboek vir Godsdienstiges” nie
Die meeste van ons is dwarsdeur die Sondagskool sonder om ooit een Bybelboek baas te raak. Ek onthou ekself moes ’n klompie Bybelverse memoriseer en die stories van Moses, Dawid, Jona en Jesus baasraak. In die belydenisklas is ek geleer van belydenisskrifte en van leerstukke, soos “die doop” en “die uitverkiesing.” Maar nooit het enigiemand my geleer hoe om Genesis, Jeremia, Romeine, Openbaring en die res van die Bybelboeke onder die knie te kry nie.
Stephan Joubert
Jun 10, 2021


Moenie volgorde met rangorde verwar, wanneer liefde ter sprake is nie
Die Nuwe Testament verskaf nie ‘n lys van wie ons moet liefhê en wie ons mag haat nie. Dit is net mooi andersom. Ons moet almal liefhê: gelowiges en nie-gelowiges, familie en nie-familie, jonk en oud, oulik en minder oulik, vriend en vyand. Maklik? Nee! Maar dit is nooit die vraag in die Bybel nie. Al vraag is of ons dit doen. Ons het nie ’n keuse watter mense meer of minder waarde vir ons het, wanneer dit oor ons geloof gaan nie. 1 Johannes 3 sê ons is leuenaars as ons sê o
Stephan Joubert
May 31, 2021


Leierskapslesse geleer uit ‘n pandemie
Ons ken die speletjie van toutrek. Daar is duidelike wenners en verloorders. Toutrek is nie die manier om sake tydens ‘n globale pandemie te hanteer nie. Tog lyk dit asof ons land en die wêreld in ‘n globale toutrekkompetisie is. Kerkleiers word in verskillende rigtings getrek as gevolg van verskillende sienings oor waar ons tans in die pandemie is en hoe om daarop te reageer.
Coen Slabber
Apr 21, 2021


Wees ’n goeie tyd-uitkoper in 2021
’n Lywige 8,760 ure het toe deur 2020 se groot uurglas geloop. Dit was ’n jaar propvol onsekerhede en vreemde uitdagings. Hoe ons ook al oor die afgelope jaar voel, in 2021 moet ons met ses ratte vorentoe leef. Ons kan nie in neutraal rondstaan nie. Ons moenie in trurat probeer leef nie (nie dat die meeste mense 2020 sou wou oorhê nie). Verlede jaar sal definitief nie in die toekoms kwalifiseer vir “die goeie ou dae” nie. Hoe leef ons effektief en reg in 2021? Jeremia 31:21 r
Stephan Joubert
Jan 18, 2021


Lag, dit is ’n opdrag!
Jordin Sparks skryf iewers: “If I don't laugh at least 20 times a day, it hasn't been a good day.” aie mense sal dadelik sê dit is naïef. Nogtans kry die meeste volwassenes dit sonder veel inspanning reg om 20 keer per dag te kla, te bekommer, of negatief te praat. In ’n nuwe boek oor die impak van humor (“Humour, Seriously”, 2020) verwys Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas juis na navorsing wat bevind dat vierjariges sowat 300 keer per dag lag, terwyl dit veertigjariges ’n voll
Stephan Joubert
Dec 7, 2020


God programmeer my lewe nie vooruit met vervaldag en al nie
“My tyd is in U hand.” So sê die psalmskrywer in Psalm 139. Dit beteken nie ek is soos ’n robot vooruit geprogrammeer met ‘n vervaldag en al nie. Ek loop nie rond met ’n stempel iewers op my, wat lees: “Vervaldag op dag X van die jaar 20YZ” nie. Of: “GEBRUIK VOOR DAG X”
Stephan Joubert
Oct 26, 2020


Van vervelig na opwindend
In 'n Australiese studie lees ek dat die gemiddelde mamma 228 vrae op 'n dag beantwoord. Kinders vra vrae. Hulle wil weet en leer. Vierjarige dogtertjies vra die meeste vrae, ongeveer 390 per dag. Mammas moet bronne van inligting wees en moet al die vrae kan beantwoord.
Marietjie Joubert
Oct 6, 2020


Wat sê die Bybel oor leierskap?
Daar is baie boeke beskikbaar om Christen-leiers te help. Natuurlik moet ons hulle lees en uit hulle leer, maar die beste gids vir belangrike sake, soos leierskap, bly die Bybel. Die Bybel is nie ons persoonlike boek oor leierskap nie, maar daar is baie Bybelse tekste wat ons baie van leierskap leer. Die Bybel is nie primêr ‘n handboek oor leierskap nie.
Coen Slabber
Sep 30, 2020
bottom of page
