top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


’n Kaal kruis en ’n leë graf vertel alles oor my geloof
Jesus se kruis is nie so “dierbaar” soos wat ons dink nie. Paulus noem die kruis van Jesus ‘n plek van vervloeking (Galasiërs 3) en ’n plek van swakheid (2 Korintiërs 13). Tog is dit juis daar aan die hout van Golgota dat God se genade die hemelse walle eens en vir altyd oorstroom. In Jesus se lyding word God se redding vir altyd oopgesluit. Verstaan jy nou hoekom die dood Hom nie gevange kon hou nie? Wanneer Jesus se lyf daar aan die kruis stukkend gebreek word en Hy die hek
Stephan Joubert
Dec 5


Ken Jesus se nuwe wet
“Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi.” Dit is groot woorde hierdie. Jesus sê dit in Johannes 8 wanneer ’n klompie Jode ’n vrou met klippe wil doodgooi. Sy het owerspel gepleeg en volgens Levitikus 20:10 en Deuteronomium 22:22-24 was steniging die voorgeskrewe straf. Hulle wou eers weet wat Jesus sou doen. Maar Hy het aanvanklik niks gesê nie en net met Sy vinger in die sand geskryf. Uiteindelik, toe hulle aanhou, het Jesus die sondeloses uitgedaag om die eer
Stephan Joubert
Jul 7


Vry, uiteindelik!
Nuwe wette geld nou sedert die Gees se koms. Die wet, wat sonde en dood gebring het, waarna Paulus in Romeine 7 verwys, se dae is getel. Daa
Stephan Joubert
Apr 28, 2023


Vyf boustene vir 2022
Hier aan die begin van 2022 kies ek van voor af om my lewe op God se Woord te bou. Met alles in myself gaan ek in hierdie nuwe jaar die volgende glo en uitleef:
Stephan Joubert
Jan 10, 2022


Van bekering een tot bekering twee (deel 1)
My eerste bekering was belangrik, léwensbelangrik. Maar my tweede bekering is lewenstransformerend. Die eerste een, toe ek kop-aan-Kop in Jesus vasgeloop het, het my bevry van my eie verlorenheid. Toe het Jesus oor al my skuld geskryf: AFBETAAL. Van toe af het geglo dat ek die ewige lewe het.
Stephan Joubert
Nov 15, 2021


Moenie volgorde met rangorde verwar, wanneer liefde ter sprake is nie
Die Nuwe Testament verskaf nie ‘n lys van wie ons moet liefhê en wie ons mag haat nie. Dit is net mooi andersom. Ons moet almal liefhê: gelowiges en nie-gelowiges, familie en nie-familie, jonk en oud, oulik en minder oulik, vriend en vyand. Maklik? Nee! Maar dit is nooit die vraag in die Bybel nie. Al vraag is of ons dit doen. Ons het nie ’n keuse watter mense meer of minder waarde vir ons het, wanneer dit oor ons geloof gaan nie. 1 Johannes 3 sê ons is leuenaars as ons sê o
Stephan Joubert
May 31, 2021


Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders
Om te buig voor God vra ’n kniebuiging. Om Hom te volg vra ’n totale koersverandering van jou ganse lewe. Om te buig voor God is ’n verklaring. Om Hom te volg is ’n voltydse manier van leef.
Om te buig voor die Here vra ’n oomblik of twee van jou tyd. Om Hom te volg vra al jou tyd en jou voltydse lojaliteit.
Stephan Joubert
Oct 5, 2020
bottom of page
