top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Sien jy die arm, hartseer of eensame Jesus raak?
Agnes Bonxha Bojaxhiu, ‘n eenvoudige, maer, vroutjie vol plooie, is een van my rolmodelle. Sy is beter bekend as Moeder Teresa, ‘n non, wat in Indië onder siekes, armes en weeskinders gewerk het. Die omstandighede waarin sy gewerk het, was haglik en vuil. Soms het sy honger gely, omdat sy haar kos met die armes gedeel het. Toe iemand haar eenkeer vra waarom sy dit doen, het sy gesê: “Ek sien Jesus in elke mens. As ek iemand sien wat honger is, dink ek ek moet vir hom kos gee
Helena Smith
Dec 14, 2021


Gawes word gebruik tot voordeel van ander
Die tweede beginsel wat ter sprake is as Paulus oor die gawes van die Gees praat, is dat gawes altyd tot voordeel van ander mense gebruik word. Ek speel nie meer die hoofrol in my eie lewe sedert ek ‘n Christen geword het nie. My gawes is nie daar vir my eie gebruik of vir my eie voordeel nie. Ek is uitgeskryf uit hierdie rol. En ek het heelhartig saamgestem dat dit gebeur. Nee, ek wil nie meer die sentrum van my eie bestaan wees nie. Daardie plek het die Here lankal oorgenee
Stephan Joubert
Dec 3, 2021


Nuwe gawes?!
Is dit nie ‘n fout dat ons vandag nog eens by 1 Korintiërs 12:11 stilstaan nie? Nee, want daar’s nog iets wat ons hier moet leer. Dit hou verband met die vraag of God in ons dag nuwe gawes deur Sy Gees gee, of nie. Anders gestel: is die gawes, wat Paulus hier in vers 8 -10 noem, ‘n onveranderlike lys? Die antwoord is geleë in vers 11, naamlik dat die Gees aan elkeen gee, soos Hy wil. Dit berus met ander woorde nie by ons om te besluit watter gawes die enigste groepie gawes is
Stephan Joubert
Oct 15, 2021


Wat ‘n wonderlike reënboog van genade!
Wanneer die Here my vrymaak sodat my aandag onselfsugtig begin wegskuif na ander mense toe, dan ontdek ek ‘n splinternuwe wêreld. Dan loop ek in God se reënboog van genade vas, as ek sien hoe Hy mense met unieke gawes oorlaai. Dan sien ek hoe Hy aan een gelowige ‘n besondere gawe van wysheid gee om op die regte tyd die regte ding te sê. Of hoe die Gees aan iemand anders die vermoë gee om die regte insig in God se wil te hê. Ook sien ek midde in Sy genadereënboog mense, wat di
Stephan Joubert
Oct 1, 2021


Alles is spesiaal
Die Heilige Gees gee aan elkeen van ons een of meer genadegawes. Hierdie genadegawes sluit die sogenaamde “buitengewone” dinge in, soos die doen van wonders, asook “gewone” dinge, soos dienslewering, omgee en onderrig. Maar eintlik is dit maar net ons as mense wat sulke onderskeidings maak. Die volle waarheid is dat alles, wat God gee, spesiaal en kosbaar is. Elke ontvanger behoort sy of haar gawes as buitengewoon te beskou. Dit kom immers van God af. Volgens die Bybel is daa
Stephan Joubert
Aug 27, 2021


Ligloop vir stilstaan
Wees elke dag op die regte pad, op God s’n. Laat die Gees jou begerig maak om só te leef dat jou lewe vir God soos ‘n aangename geur is. Leef in die Lig. Plaas jou hand in Syne. As jy dit nie daagliks doen en voluit saam met Hom stap nie, dan raak jy ‘n dag op ‘n slag agter. As jy net aan jou eie oorvol program aandag gee en nou en dan afskeeptyd vir God opsy sit, dan moet jy nie verbaas wees dat jy geestelik uitgeput raak nie. Of dat jy ‘n geestelike verkeersknoop op die hoo
Stephan Joubert
Jul 16, 2021


Dit is nou ons diensbeurt
Klagtes oor die jeug wat buite beheer is, of politici wat korrup is, is niks nuuts nie. Doer in 1913 het professor G.T.W. Patrick in “The Popular Science Monthly” geskryf dat hy in ‘n museum in Istanbul ’n inskripsie raakgeloop het van die Chaldese koning, Naram Sin (2254-2218 vC). Hy het dit as volg vertaal: “We have fallen upon evil times… Politics are very corrupt. Children are no longer respectful to their parents.”
Stephan Joubert
Mar 25, 2021


Goeie Bedoelings
Ek dink deesdae baie aan my oorlede moeder. Sy was ‘n yster in my lewe. Haar storie en hoe sy ons grootgemaak het, beslaan ‘n groot deel van
Ivor Swartz
Oct 20, 2020


Koop tyd reg uit
Tyd loop. Tyd vlieg. Tyd is min. Tyd wag vir niemand nie. Tyd het nie brieke nie. Tyd gaan vinnig verby…
Stephan Joubert
Jul 23, 2020


Nie ‘n honderd nie, dan een!
Is dit regtig so moeilik om vir een ander persoon gedurende die volgende 24 uur om te gee? Is dit so swaar om Jesus se verteenwoordiger by een van sy geliefdes te wees as Hy jou vra om dit te doen? Is dit onmoontlik om Spreuke 19:17 se woorde waar te maak dat om vir iemand in nood te help is om ‘n lening aan die Here te maak? Natuurlik nie. Dis wat Geesgevulde mense doen. Hulle harte en hande is oop.
Stephan Joubert
Jul 17, 2020


Diens tel
Kerkwees beteken vir Geesgevuldes nie om nog meer betrokke te raak by die eredienste en Bybelstudies van hul plaaslike kerk nie. Te veel mense dink dat groter toewyding aan die Here in dieselfde asem beteken dat jy nog meer dinge elke week by die kerk moet bywoon. Nou ja, daars niks mee verkeerd om sulke kerklike aksies te ondersteun nie. Inteendeel! Maar dis nog lank nie genoeg nie. Eers wanneer Christene wegstap van kerklike persele af en in die regte wêreld daarbuite begin
Stephan Joubert
Jul 10, 2020


Ons oortredings is nie ons stokperdjies nie
“Jy stel my teleur.” Hoeveel keer het jy nie al sulke woorde gehoor nie? Dalk het jy dit al self gebruik. Wel, ons almal doen dit met God. Ons stel Hom teleur. Ons breek sy hart. Maar die goeie nuus is dat Hy dit lankal verreken het. Hy weet alles van ons af, ook dat ons Hom maar weer iewers op die pad vorentoe in die steek sal laat. Die Here weet ons is net mense wie se ja teenoor Hom nie aldag ja is nie.
Stephan Joubert
Jun 22, 2020


Gee tot jy dit voel
Jare gelede het ‘n prediker een keer in ‘n preek gesê dat as ons ou klere na die kerk toe bring, dan moet ons seker maak dis silwerskoon. En as ons gebruikte goedere weggee, moet ons seker maak dis in ‘n goeie toestand. Die kerk is nie maar net ‘n gerieflike aflaaiplek vir rommel wat in ons pad is nie. Ook het hy bygevoeg dat Geesvervuldheid wys in die maniere hoe ons teenoor die armste mense optree.
Stephan Joubert
Jun 19, 2020


Oop harte = oop hande
Mededeelsaamheid is die wagwoord daar waar die Gees werk. Dit sien ek in die Jerusalemgemeente se optrede. Sonder dat iemand dit vir hulle gesê het, het die deure van hulle harte in mekaar se rigting oopgegaan. Vrygewigheid was nou die nuwe wagwoord. Hoe kon hulle aan hul eie besittings vasklou terwyl hul medebroers en suster in die Here broodgebrek gely het? Wat ‘n slegte advertensiebord sou hulle dan nie vir Christus wees nie. Daarom het die Gees hulle beursies laat oopgaan
Stephan Joubert
Jun 12, 2020


Nie statiese geboue nie
Die Gees bly gelukkig nie in statiese geboue nie. Kerkgeboue is maar net doodgewone strukture van sement en steen. God bly nie in sulke geboue agter as sy lewende huise dit verlaat nie. Allermins. Hy is saam onderweg met sy lewende kerk, elke dag! Hierdie voorreg om ’n lewende tempel van God te mag wees, is eksklusief aan die Heilige Gees se nuwe werk in ons lewe te danke. Jesus en die Gees se koms het geboue as heilige ruimtes oorbodig verklaar. Nou is kerkgeboue hoogstens b
Stephan Joubert
Feb 28, 2020
bottom of page


