top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Is lelike taal die nuwe normaal?
Toe ek onlangs deur ’n boekwinkel stap, sien ek dit is die nuwe modegier om kragwoorde in boektitels te gebruik. Daar is darem nog ’n paar ** tussen die letters, maar almal weet tog wat daar staan. Toe dink ek baie mense praat in elk geval so - politici, sportafrigters, filmsterre, komediante, gewone mense (sic!) … Is sulke taal nou die nuwe normaal?
Stephan Joubert
Mar 11, 2021


God laat ons snak na ons asem
In sy boek, The arithmetic of life and death (2001), kyk George Shaffner vanuit ‘n wiskundige hoek na die lewe. Hy bereken onder andere dat die wiskundige moontlikheid vir jouself om daardie 23 kromosome, waaroor jyself beskik, van jou ma te geëerf het, gelyk is aan een in tien miljoen. Dieselfde geld vir die 23 kromosome wat jy van jou pa gekry het. As jy hierdie twee vermenigvuldig, kom jy tot die slotsom dat vir jou, om jyself te kon wees, gelyk is aan die wiskundige moont
Stephan Joubert
Feb 1, 2021


Bou Jesus se legkaart met jou lewe
Ons lewe is ook soos ‘n legkaart waaraan ons elke dag ’n paar stukkies bou. Dit is baie belangrik dat ons moet weet hoe die groter prentjie van hierdie legkaart waaraan ons bou lyk. As ons dít nie weet nie bou ons dalk vir jare lank aan ’n lewensdroom net om op ’n goeie dag agter te kom dit is toe al die tyd die verkeerde prentjie. Kom ons leer by die apostel Paulus. Hy het sy eie lewe se legkaart geskoei op Christus. In Filippense 2:5 - 11 deel hy hierdie visie van sy Heer,
Stephan Joubert
Dec 28, 2020


Lag, dit is ’n opdrag!
Jordin Sparks skryf iewers: “If I don't laugh at least 20 times a day, it hasn't been a good day.” aie mense sal dadelik sê dit is naïef. Nogtans kry die meeste volwassenes dit sonder veel inspanning reg om 20 keer per dag te kla, te bekommer, of negatief te praat. In ’n nuwe boek oor die impak van humor (“Humour, Seriously”, 2020) verwys Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas juis na navorsing wat bevind dat vierjariges sowat 300 keer per dag lag, terwyl dit veertigjariges ’n voll
Stephan Joubert
Dec 7, 2020


Opoffer is deel van die normale Christelike lewe
Jonathan Whalon was ’n offisier aan boord van ’n walvisboot. In 1864 moes hy met plaaslike inwoners iewers op die Marquesas-eilande gaan onderhandel om vars voorrade vir hulle skip te kry. Toe hy voet aan wal sit, arresteer die stamhoof genaamd Mato hom. Hy was van mening Whalon is ’n slawehandelaar, wat sy mense wou kom vang om hulle as slawe te verkoop.
Stephan Joubert
Oct 22, 2020


Die Here vat my soos wat ek is, maar lós my nooit soos wat ek is nie
Ek sê partykeer grappenderwys ek hou van alle mense. Ek hou van sommiges se gesig en van ander se rug. Ek hou van party mense as hulle kom en van ander mense weer as hulle gaan. Die feit bly, daar is altyd plek in my hart vir nog iemand om nie van te hou nie. Dit lyk vir my ek het ’n eindelose kapasiteit vir liefdeloosheid. Tog lyk dit nie of ek dieselfde ruim kapasiteit vir liefde het nie. Dit is vir my makliker om eerder ander mense se droogmakery raak te sien, as al die mo
Stephan Joubert
Oct 19, 2020


Oppas vir “the look”
Ons almal ken dit. Ek praat van daardie kyk! Of soos wat die Engelse dit noem: “the look!” Dit is wanneer iemand jou middeldeur kyk. Of jou stukkend kyk. Of jou vuil kyk. Of jou aanstaar. Of jou op en af kyk. Of jou uitkyk. Die Franse denker, Jean Paul Sartre, het gesê sulke kyke bring ’n diep verleentheid, “a sense of shame,” oor jou. Jy weet sulke kyke beoordeel jou. Dit weeg jou.
Stephan Joubert
Jul 6, 2020


“UNLESS…” “TENSY…!”
The Lorax is ’n kinderboek uit die pen van Dr Seuss. Dit vertel van ’n seuntjie wat met “The Oncler” gesels. Laasgenoemde het al die Trufulla bome in ’n vallei afgekap om “Thneeds” te maak, kledingstukke wat almal wou hê. Die Lorax was een van die bewonertjies van hierdie vallei wat gesmeek het dat die “Oncler” dit nie alles afkap nie. Maar hy het nie geluister nie. Toe die laaste boom afgekap is, het die Lorax in die lug verdwyn. Daar waar hy gestaan het ’n hopie klippie agt
Stephan Joubert
Jul 2, 2020


Die vraag is nie of dit maklik is nie…
Dit is nie aldag maklik om ’n Christen te wees nie. Baie mense sê dit. Jesus stem saam. Trouens, Hy het ’n paar keer gesê mens moet dit juis ook weet voordat jy kies om Hom te volg. In Lukas 14 vertel Hy padlangs dat mens die prys van dissipelskap vooraf moet bereken. Iemand wat ’n gebou oprig moet tog voor die tyd bereken of hy genoeg geld en boumateriaal het.
Stephan Joubert
Jun 18, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Almal deel in die fees
Almal is ingesluit. Christenskap is inklusief. Dit is nie net vir ‘n paar uitgesoektes bedoel nie. Nee, almal is in Jesuse se genade visier - jonk en oud, naby en ver, Jode en nie-Jode. Jesus sluit niemand uit nie. As die Gees kom, moet almal eenvoudig in sy feesvierings deel. Daarom dat die hele wêreld na die moeder van alle partytjies uitgenooi is. Daar is nog genoeg plek oor by hierdie feesmaal, soos wat Jesus in Lukas 14 vertel.
Stephan Joubert
May 8, 2020


Jesus doen sy beloftes!
Die Gees is Jesus se geskenk aan ons in sy plek. Soos wat Hy beloof het toe Hy op aarde was, sou Hy by die Vader die Gees ontvang as Hy sy ereplek langs die Vader inneem. Dan sou Jesus die Gees oor al sy mense uitgiet. Presies dit het op Pinksterdag gebeur. Ook vir jou en my geld hierdie aangrypende geskenk uit die hemel. God se Gees is die grootste gawe van God hier in die eindtyd om die kerk op koers te hou. Die Gees waarborg Christus se persoonlike teenwoordigheid by ‘n ie
Stephan Joubert
Apr 24, 2020


Die grootste evangelis in Japan is…
Die vroeë kerk, en miljoene ander Christene deur die eeue, se helder geloof was magneties mooi. Hulle het inderdaad ’n gesonde infeksie veroorsaak, daardie soort waaroor C. S. Lewis skryf in sy klassieke werk ‘Mere Christianity:’ (1952) “He (Christ) came to this world and became a man in order to spread to other men the kind of life He has—by what I call ‘good infection.’” Die uitdaging voor ons is hoe ons almal ’n gesonde infeksie kan veroorsaak vir die Here. En hoe ons dit
Stephan Joubert
Apr 13, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020


Hoor God
Om God in jou eie taal te hoor, is om nuwe taal te hoor. Nee, God praat nie maar net in ons bestaande tale nie. Hy gee terselfdertyd ook ‘n
Stephan Joubert
Mar 27, 2020


Almal word vol
Die Gees is nie vir enkelinge bedoel nie, maar vir almal. Die Gees verdeel nie, maar verenig. Hy onderskei nie tussen Christene nie
Stephan Joubert
Mar 20, 2020


Pinksterdag!
Pinkster is die Joodse oesfees. Min het die Christene daardie oggend in Jerusalem gedink die oes op daardie dag sou ‘n hemelse een wees. Wan
Stephan Joubert
Mar 6, 2020


Wanneer God herders afdank…
God was niks beïndruk met die godsdienstige leiers van Israel nie. In Esegiël 34 vertel Hy dat Hy kwaad is vir sy herders omdat hulle geduri
Stephan Joubert
Mar 5, 2020


Nuusmakers versus meningsvormers - kies jou kant!
Jare gelede het die redakteur van een koerant vir my gesê hy dink nie juis aan die kerk as meningsvormers nie. Hulle is egter nuuswaardig wa
Stephan Joubert
Feb 24, 2020


Een toegangspad
‘n Toeganspad is lewensbelangrik. Sonder ‘n ingang na jou huis of kantoor toe, gaan jy nooit daar uitkom nie. Wel, dieselfde geld vir die pa
Stephan Joubert
Feb 21, 2020


Mure val
Vroeër, toe ons nie Christene was nie, was ons daar buite in die koue. So vertel Paulus in Efesiërs 2:11-18. Maar toe gebeur daar ‘n wonderwerk. Toe kom haal Jesus ons daar uit die donker van ons eie verlorenheid. En toe doop Hy ons in sy nuwe liggaam in deur die Heilige Gees. Van daardie dag af het ons ‘n toekoms. Jesus se kruisdood het dit alles moontlik gemaak.
Stephan Joubert
Feb 14, 2020
bottom of page
