top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Almal deel in die fees
Almal is ingesluit. Christenskap is inklusief. Dit is nie net vir ‘n paar uitgesoektes bedoel nie. Nee, almal is in Jesuse se genade visier - jonk en oud, naby en ver, Jode en nie-Jode. Jesus sluit niemand uit nie. As die Gees kom, moet almal eenvoudig in sy feesvierings deel. Daarom dat die hele wêreld na die moeder van alle partytjies uitgenooi is. Daar is nog genoeg plek oor by hierdie feesmaal, soos wat Jesus in Lukas 14 vertel.
Stephan Joubert
May 8, 2020


Jesus doen sy beloftes!
Die Gees is Jesus se geskenk aan ons in sy plek. Soos wat Hy beloof het toe Hy op aarde was, sou Hy by die Vader die Gees ontvang as Hy sy ereplek langs die Vader inneem. Dan sou Jesus die Gees oor al sy mense uitgiet. Presies dit het op Pinksterdag gebeur. Ook vir jou en my geld hierdie aangrypende geskenk uit die hemel. God se Gees is die grootste gawe van God hier in die eindtyd om die kerk op koers te hou. Die Gees waarborg Christus se persoonlike teenwoordigheid by ‘n ie
Stephan Joubert
Apr 24, 2020


Die grootste evangelis in Japan is…
Die vroeë kerk, en miljoene ander Christene deur die eeue, se helder geloof was magneties mooi. Hulle het inderdaad ’n gesonde infeksie veroorsaak, daardie soort waaroor C. S. Lewis skryf in sy klassieke werk ‘Mere Christianity:’ (1952) “He (Christ) came to this world and became a man in order to spread to other men the kind of life He has—by what I call ‘good infection.’” Die uitdaging voor ons is hoe ons almal ’n gesonde infeksie kan veroorsaak vir die Here. En hoe ons dit
Stephan Joubert
Apr 13, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020


Hoor God
Om God in jou eie taal te hoor, is om nuwe taal te hoor. Nee, God praat nie maar net in ons bestaande tale nie. Hy gee terselfdertyd ook ‘n
Stephan Joubert
Mar 27, 2020


Almal word vol
Die Gees is nie vir enkelinge bedoel nie, maar vir almal. Die Gees verdeel nie, maar verenig. Hy onderskei nie tussen Christene nie
Stephan Joubert
Mar 20, 2020


Pinksterdag!
Pinkster is die Joodse oesfees. Min het die Christene daardie oggend in Jerusalem gedink die oes op daardie dag sou ‘n hemelse een wees. Wan
Stephan Joubert
Mar 6, 2020


Wanneer God herders afdank…
God was niks beïndruk met die godsdienstige leiers van Israel nie. In Esegiël 34 vertel Hy dat Hy kwaad is vir sy herders omdat hulle geduri
Stephan Joubert
Mar 5, 2020


Nuusmakers versus meningsvormers - kies jou kant!
Jare gelede het die redakteur van een koerant vir my gesê hy dink nie juis aan die kerk as meningsvormers nie. Hulle is egter nuuswaardig wa
Stephan Joubert
Feb 24, 2020


Een toegangspad
‘n Toeganspad is lewensbelangrik. Sonder ‘n ingang na jou huis of kantoor toe, gaan jy nooit daar uitkom nie. Wel, dieselfde geld vir die pa
Stephan Joubert
Feb 21, 2020


Mure val
Vroeër, toe ons nie Christene was nie, was ons daar buite in die koue. So vertel Paulus in Efesiërs 2:11-18. Maar toe gebeur daar ‘n wonderwerk. Toe kom haal Jesus ons daar uit die donker van ons eie verlorenheid. En toe doop Hy ons in sy nuwe liggaam in deur die Heilige Gees. Van daardie dag af het ons ‘n toekoms. Jesus se kruisdood het dit alles moontlik gemaak.
Stephan Joubert
Feb 14, 2020


Hoe om anderkant die “bubble wrap” vir Jesus te leef (... en goed te getuig)
Ek weet nie wat is die regte woord vir “bubble wrap” in Afrikaans nie. Maar jy weet waarvan ek praat. Ek bedoel daardie plastiese verpakking
Stephan Joubert
Feb 10, 2020


Een maak een
Eenheid is die hartklop van God. Hy is een. Hy wil ook sy EEN-heid met ons deel. God wil nie alleen wees nie. Hy wil sy hart met ons deel. God se eenheid met sy Seun en die Gees, soos wat Jesus dit in Johannes 17 ook vir ons afbid, moet konkreet met ons gedeel word. Daarom dat die Gees gekom het om ons almal een te laat wees.
Stephan Joubert
Jan 31, 2020
bottom of page
