top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Wanneer het jy genoeg op jou naam?
So, wanneer is genoeg genoeg? Volgens die meeste mense op aarde is genoeg altyd meer as dit wat hulle tans op hulle eie naam het. Dit maak nie saak of hulle brandarm of skatryk is nie - hulle wil altyd meer hê as wat hulle tans het. Dis geen wonder nie dat Prediker 5 sê daardie mens vir wie geld alles is, nooit genoeg het nie. Net nog so ’n bietjie ekstra, dan sal hulle gelukkig wees. Of sommer nog baie ekstra! Dit is hoekom selfs die rykste mense op aarde ook nie aldag tevre
Stephan Joubert
Jun 24, 2021


Ek is nie ’n voltydse tekortkommer nie
“Ek het meer as genoeg.” Het jy al ooit gehoor dat iemand dit sê? Die meeste mense het nooit genoeg nie. Ons kort altyd nog iets. Nee wag, ons kort baie! Ons is voltydse tekortkommers. Ons is nie regtig eerlik met onsself, wanneer ons sê Psalm 23 is ons gunsteling psalm nie. Want ons struikel al oor die eerste vers, wat sê: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” Ons kort enigiets vanaf beter werk, meer veiligheid, tot groter geluk… Om nie te praat van ’n beter skool,
Stephan Joubert
Jun 17, 2021


Ek het méér as genoeg
Ek onthou hoe ‘n bekende Amerikaanse “celebrity” ‘n paar jare gelede iets gesê het, wat meer verstommend is as die “groot” uitdrukkings, waarvoor hy bekend geraak het, soos bv.: “I’ll be back.” Of daardie immergroene: “Hasta la vista, baby!” Ja, jy weet van wie ek praat. Dit is daardie kleurryke liggaamsbouer-akteur-politikus, Arnold Schwarzenegger. O ja, ek praat van die volgende opmerking wat hy kwyt geraak het, toe hy mense wou oortuig dat ekstra geld hulle nie gelukkiger
Stephan Joubert
Feb 8, 2021


Ek is nie ’n verbruikerslaaf nie
Die Engelse praat van “affluenza.” “Eindelose oordaad” sou dalk ‘n gepaste Afrikaanse ekwivalent wees. “Affluenza” word graag deur kritici gebruik, wanneer hulle na daardie eindelose verbruikersmentaliteit of “consumerism”, waarin ons wêreld vasgevang is, verwys. In teenstelling met die beroemde Franse filosoof, René Descartes, wat op sy dag gesê het: “Ek dink, daarom is ek,” sê baie mense vandag: “Ek verbruik, daarom is ek!” “Homo consumericus,”
Stephan Joubert
Dec 10, 2020


So maak jy jou lewe eenvoudiger
Dit is een ding om te sê die Here is jou Herder, soos wat Psalm 23 leer. Maar dit is iets anders om te sê jy kom niks kort nie. Moenie met ’n verbruikersmentaliteit opgeskeep sit nie. Moenie ’n voltydse tekort-kommer wees nie - nie as Psalm 23 jou leef-psalm is nie. Hoe? Wel, verwyder ’n klomp onnodige “stuff” uit jou lewe. Kom klaar met minder dinge.
Stephan Joubert
Aug 10, 2020


Influistering van die Heilige Gees
Dit was deur middel van hierdie Skrifgedeelte dat die Heilige Gees haar herinner het aan ‘n gesin daar naby wat finansieel swaarkry. Gelukkig het sy op hierdie ‘fluisterstem’ gereageer, want die destydse tienerseun getuig dekades later hoedat iemand se gehoorsaamheid vir sy gesin tot seën was met ‘n geskenkpakkie kruideniersware. So versterk ons mekaar se geloof en tree ons as God se instrument op om in mekaar se behoeftes te voorsien.
Elmarie van der Westhuizen
Jul 22, 2020


Die groot gevaar
Dis dalk waarom ons hierdie Korona tyd ook so traumaties beleef. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd kan ons nie bloot doen wat ons wil, wanneer ons wil nie. Ons vryheid word beperk. Aan die een kant is dit regtig sleg want ons mense is nie gemaak om in isolasie te leef nie en mense betaal duur aan gevoelens van sinneloosheid, depressie en terneergedruktheid.
Roedolf Botha
Jul 21, 2020


As jy vir twee dinge moet bid…
Spreuke 30:7-9 bevat een van die min gebede in die boek Spreuke. Die Spreukeskrywer bid net vir twee dinge. Die eerste een is opregtheid. Hy weet God kan leuens en onwaarhede nie uitstaan nie. Of valsheid nie. Tweedens bid hy ook vir ’n doodgewone lewe- hy wil nie te arm of te ryk wees nie. Die rede: rykes steun graag op hulle rykdom. Hulle het niks of niemand nodig nie, ook nie vir God nie. Daarom verloën party van hulle die Here. Armes, daarteenoor, kry dikwels so swaar dat
Stephan Joubert
May 7, 2020


Dit gaan nie oor geld nie, dit gaan oor onsself
Vrygewigheid is die wagwoord vir enige Christen. Dit behoort spontaan, aanhoudend en maklik te gebeur. Toe nie! Suinigheid wen
Stephan Joubert
Feb 20, 2020


Soek ons na God, of soek ons net goeters by God?
Baie bidders is nie regtig op soek na ’n dieper verhouding met die Here nie, hulle soek net na antwoorde op hulle vrae, en na deurbrake. God
Stephan Joubert
Jan 30, 2020
bottom of page
