top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Alles in 'n naam
Gister ontmoet ek toe mos vir Khanyisa. Sy het ons bestelling vir ons ontbyt kom neem. Ons is besig met allerhande feesvierings. Ek voel altyd so in my skik as ek die betekenis van iemand se naam kan herken, want dit is gewoonlik lekker om dan daaroor te gesels. “You are the one who brings light wherever you go,” glimlag ek. Ja, sowaar, daar doen haar gesig presies dit. Dit is eers haar oë wat onmiddellik begin glinster. Dan breek haar mond trots oop en haar tande glinster sa
Siegfried Louw
Jan 11, 2022


Kom na my toe
Op 27 November 2021 word SA wakker met die nuus dat daar ‘n nuwe variant van die coronavirus is. Dit voel vir my of ek op ‘n ander planeet wakker word. Corona, Delta en Omnikron klink soos ver planete in ‘n afgeleë sonnestelsel. Vriende van Down Under laat weet hulle kan nie meer kom kuier nie. ‘n Dierbare vriendin uit Londen sit gestrand, want sy kan nie terugvlieg na haar gesin nie. Alles klink soos ‘n fliek uit die buitenste ruimte. Op Sondagaand, 28 November, hou ons pres
Marietjie Joubert
Dec 21, 2021


Sien jy die arm, hartseer of eensame Jesus raak?
Agnes Bonxha Bojaxhiu, ‘n eenvoudige, maer, vroutjie vol plooie, is een van my rolmodelle. Sy is beter bekend as Moeder Teresa, ‘n non, wat in Indië onder siekes, armes en weeskinders gewerk het. Die omstandighede waarin sy gewerk het, was haglik en vuil. Soms het sy honger gely, omdat sy haar kos met die armes gedeel het. Toe iemand haar eenkeer vra waarom sy dit doen, het sy gesê: “Ek sien Jesus in elke mens. As ek iemand sien wat honger is, dink ek ek moet vir hom kos gee
Helena Smith
Dec 14, 2021


Jesus Christus: Vigilante of wetsgehoorsame?
Op ’n keer ry Jesus Christus Jerusalem op ʼn donkie binne. Paasfees is om die draai en Hy is op pad na sy Vader se huis. ’n Onaangename verrassing wag by die tempel: Duisende drom saam. Die lawaai is oorverdowend en die gejil en gekibbel maak aanbidding in die voorhof onmoontlik. Wie gee nou om of die heidene kan aanbid of nie? Woekeraars en verkopers verleen ’n vlooimarkagtige atmosfeer en almal is vrolik, in ’n vakansiebui.
Liezel Lüneburg
Nov 30, 2021


Sampioene
Ek is baie lief vir sampioene. Een van die mooiste geluide in die kombuis, is die ptsjhhhhh-geluid wat opgekerfde oestersampioene maak wanneer hulle die warm pan se bodem tref. My liefde vir sampioene het veroorsaak dat ek ʼn spesiale emmertjie aangeskaf het waarin ek kweekmedium, soos strooi, moet sit. Ek moet met groot geduld en afwagting deur ʼn hele proses gaan om uiteindelik die vrug van die organisme te kan geniet: die sampioen self.
Siegfried Louw
Nov 16, 2021


Woorde wat genees
Wanneer ‘n mens elke dag met tieners werk, kan dit soms ‘n uitdaging wees. Ons ken almal tieners se nukke en grille. Ons ken ook hulle humeure en vry sê. Om met ‘n klaskamer vol van tieners te werk, bly daagliks ‘n voorreg, maar ook ‘n geweldige uitdaging. Jy weet hoe dit soms in jou huis gaan, wat nog te sê in ‘n klaskamer vol van daardie ouderdom. ‘n Mens moet mooi dink en mooi praat om nie leerders te beledig of jou humeur te verloor nie.
Marietjie Joubert
Nov 2, 2021


Die Here sien jou raak
Word jy dalk jaar na jaar oorgesien vir ‘n bevordering by jou werk, al voel dit vir jy asof jy dit verdien? Voel dit dalk vir jou asof jou huweliksmaat jou nie raaksien nie en jou afskeep? Dalk voel dit vir jou asof jou kinders jou nie genoeg waardeer nie.
Helena Smith
Oct 19, 2021


Verlies en die menslike toestand
Verlies hang soos ’n grou, digte mis oor die mensdom. Nie net verlies aan geliefdes nie, maar verlies aan gesondheid, vryheid van beweging en finansiële stabiliteit. Ook beheer oor emosies, hoop en somtyds geloof. Dan is daar die skreiende verlies aan menslike kontak en aanraking. Selfs die algemene verlies aan “common sense”, takt en begrip wanneer brandpunte bespreek word.
Liezel Lüneburg
Oct 5, 2021


Maatslag
Het jy al ooit bestuur terwyl jy nies? As jy teen 120km per uur ry en jy nies, bestuur jy byna 20 meter met jou oë gesluit. Dit is één ding om te sê jy kan iets toe-oë doen. Dit is ʼn ander ding om ʼn een-ton-voertuig te bestuur terwyl jy nie kan sien nie. Gewoonlik is dit in orde, want jy onthou hoe daardie twintig meter voor jou gelyk het.
Siegfried Louw
Sep 21, 2021


Mirjam se lied
Op verskeie plekke in die Bybel lees ons van vroue, wat die Here se lof besing. Ons lees van die lofsang van Maria, nadat sy gehoor het sy is swanger met die seun van God. Ons lees van die lofsang van Hanna, nadat sy Samuel na die tempel toe gebring het om saam met Eli agter te bly. Hanna het hom afgebid van die Here en uit dankbaarheid kom offer by die tempel.
Marietjie Joubert
Sep 7, 2021


Hoe reageer jy as jou wêreld geskud word?
In Julie vanjaar is die inperkingsmaatreëls verskerp, daar was proteste en plundery in Kwazulu Natal en Gauteng en boonop was dit yskoud in die meeste dele van die land. Dit was nie net die spreekwoordelike storm in 'n teekoppie nie, dit was érg! In 'n groot gedeelte van Pretoria was daar toe ook 'n kragonderbreking gedurende een van die koudste weke van die dekade. Toe ek 'n vriendin, wat ook deur die kragonderbreking geraak is, vra hoe dit gaan, was haar ongelooflike posit
Helena Smith
Aug 24, 2021


Julie 2021: Suid-Afrikaners onder die besembos
Julie 2021 sal nog lank onthou word as ’n tyd van uiterstes. Verwoesting, wanorde, anargie, vrees, verslaentheid, wanhoop, pyn en lyding, desperaatheid, geweldige armoede en hongersnood. Eers was daar die derde Covid-vlaag en toe die gebeure in KwaZulu-Natal en elders. En moenie vergeet van die aanvang van die geregtelike ondersoek na die Life Esidimeni-gebeure, wat weer wonde oopkrap en elkeen van ons pynlik bewus maak van die hartseer, ongeregtigheid en onregverdigheid, wat
Liezel Lüneburg
Aug 10, 2021


Vashou
Die een Maandag was besonder gewoon. Daar was geen pandemie nie. Geen inperkings nie. Geen vreemde nuus nie. Niks opwindends nie. Selfs die politieke nuus was vervelig en voorspelbaar. My vrou het na haar chemo-sessie kom lê. Sommerso in die studeerkamer, op die oopslaanbank.
Siegfried Louw
Jul 27, 2021


Nuwe Hoop
Terwyl ek besig is om hierdie te skryf, staan die land se Covid 19-syfers in Gauteng op 47,7% uit ‘n 100 mense wat Covid-positief is. Dit is absoluut skrikwekkend en ontstellend. Ons ken almal iemand, wat in isolasie is. Ons is bang, onseker, kwaad, gefrustreerd, raadop, dalk siek of aan die herstel. Dalk is jy hartseer oor geliefdes, wat van jou weggeneem is! Ek voel ontneem van my sosiale lewe en my vriende.
Marietjie Joubert
Jul 13, 2021


Om te lewe met die regte gesindheid
Ek is ‘n onderwyseres en daarom is ek mal oor Vrydae. O, om net op ‘n Vrydagmiddag ‘n kuier met ‘n vriendin in te haal! Om op ‘n Vrydagaand net luilekker voor die televisie te ontspan! Verlede Vrydagaand het ek koud gekry, daar was beurtkrag, die positiewe Covid-getalle het gestyg en boonop moes ek baie skoolwerk gedurende die naweek doen. Kort voor lank was ek in ‘n swartgallige bui en het oor alles gekla.
Helena Smith
Jun 29, 2021


2.5 miljoen geleenthede
Hongerte is ’n gevoel, wat ek goed ken: ’n Maag wat luid protesteer, hongerpyne en dan gevoelens van lighoofdigheid, naarheid en bewerasie. Gelukkig kreun die yskas, spensrakke en vrugtebakke onder die kos. Daar is egter ’n gevoel, wat ek, dank die Vader, glad nie ken nie: Om permanent dood van die honger toe te kyk hoe my kinders huil, omdat daar nie kos in die huis is nie.
Liezel Lüneburg
Jun 15, 2021


Aan wie se kant is God?
Al lyk sportbyeenkomste by skole deesdae anders, weet jy sommer gou-gou watter ouers is aan watter skool of span se kant. So van anderkant die heining moet hulle skree. Vlae, pette en krete verseker ons aan wie se kant watter ouers is. Af en toe is ‘n mens dankbaar vir die fisiese afstand wat mense moet handhaaf, want nie al die ouers lyk asof hulle hulself kan inhou wanneer nodig nie.
Siegfried Louw
Jun 1, 2021


Staan op vir dit waarin jy glo
Marietjie Joubert skryf in haar nuwe My Lewe nuusbrief hoe dit sal lyk as ons opstaan vir ons geloof.
Marietjie Joubert
May 18, 2021


Watter troetelsondes bring skeiding tussen jou en God?
In die gelykenis van die verlore seun (Lukas 15:12 - 31) lees ons van ‘n jong man, wat nie tevrede met sy huidige omstandighede is nie. Hy vra vir sy erfporsie en gaan dan na ‘n ver land. Die Joodse gehoor, wat na hierdie gelykenis geluister het, het besef dat “ver land” na baie meer verwys as net ‘n ver plek. ‘n Ver land sou beteken dat dit ‘n plek was waar heidense nasies gewoon het. Dit was dus duidelik: hierdie seun het nie net sy rug op sy pa gedraai nie - hy het sy rug
Helena Smith
May 4, 2021


Gerubs op wiele
Esegiël is nie ’n maklike teks om te verstaan nie. Dit is nie soseer die boodskap wat moeilik is nie, maar eerder die beskrywings van die kragtige visioene, wat my maag op ’n knop laat trek. Tog breek die Gees dikwels ook die moeilike verse soos ’n ryp granaat oop, sodat ek die sappige vrug kan eet en persoonlike betekenis in ’n spesifieke gedeelte vind. So is dit ook met Esegiël 1.
Liezel Lüneburg
Apr 20, 2021


Tydskrifrak
Die laatmiddag verkeer voel aggressief. Die een helfte van die motors probeer voor die ander helfte indruk. Verontwaardig probeer die ander keer. Niemand het lus om hiér te wees nie. Ek moet gou by die supermark vir melk stop. In die wandelgang praat byna niemand met mekaar nie. Sweterige maskers suig aan sommige se kenne vas. Niemand het krag oor om kwaai te probeer wees met diegene met die uisteekneuse nie. Skoenhakke klak moegerig teen die teëls. Meer as die helfte van die
Siegfried Louw
Apr 6, 2021
bottom of page
