top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Staan op vir dit waarin jy glo
Marietjie Joubert skryf in haar nuwe My Lewe nuusbrief hoe dit sal lyk as ons opstaan vir ons geloof.
Marietjie Joubert
May 18, 2021


Watter troetelsondes bring skeiding tussen jou en God?
In die gelykenis van die verlore seun (Lukas 15:12 - 31) lees ons van ‘n jong man, wat nie tevrede met sy huidige omstandighede is nie. Hy vra vir sy erfporsie en gaan dan na ‘n ver land. Die Joodse gehoor, wat na hierdie gelykenis geluister het, het besef dat “ver land” na baie meer verwys as net ‘n ver plek. ‘n Ver land sou beteken dat dit ‘n plek was waar heidense nasies gewoon het. Dit was dus duidelik: hierdie seun het nie net sy rug op sy pa gedraai nie - hy het sy rug
Helena Smith
May 4, 2021


Gerubs op wiele
Esegiël is nie ’n maklike teks om te verstaan nie. Dit is nie soseer die boodskap wat moeilik is nie, maar eerder die beskrywings van die kragtige visioene, wat my maag op ’n knop laat trek. Tog breek die Gees dikwels ook die moeilike verse soos ’n ryp granaat oop, sodat ek die sappige vrug kan eet en persoonlike betekenis in ’n spesifieke gedeelte vind. So is dit ook met Esegiël 1.
Liezel Lüneburg
Apr 20, 2021


Tydskrifrak
Die laatmiddag verkeer voel aggressief. Die een helfte van die motors probeer voor die ander helfte indruk. Verontwaardig probeer die ander keer. Niemand het lus om hiér te wees nie. Ek moet gou by die supermark vir melk stop. In die wandelgang praat byna niemand met mekaar nie. Sweterige maskers suig aan sommige se kenne vas. Niemand het krag oor om kwaai te probeer wees met diegene met die uisteekneuse nie. Skoenhakke klak moegerig teen die teëls. Meer as die helfte van die
Siegfried Louw
Apr 6, 2021


Jy moet jou naaste liefhê soos jouself
Die afgelope tyd het ek weer diep bewus geword van hierdie gebod. Hierdie is die grootste gebod! Soms dink ek dit gaan by die een oor in en dan sommer by die ander oor uit. Dit haak nêrens vas nie. Ons het nie velcro tussen die ore nie.
Marietjie Joubert
Mar 23, 2021


Carpe diem!
Ek weet nie of jy ook soms so voel nie, maar partykeer voel dit vir my asof ek net deur die dag tjommel. Ek doen net die minimum wat van my verwag word en stap geen ekstra myle nie. Onlangs op so n tjommeldag kyk ek na ‘n video van ‘n inspirerende jong onderwyser, Dalton Barends. Hierdie jong man het my laat besef dat ek dankbaar moet wees dat ek gesond is en in hierdie pandemietyd lewe. Hy het my weer laat besef dat ek elke dag moet aangryp.
Helena Smith
Mar 9, 2021


Respek (of eerder ‘n verlies daaraan)
Ek wonder die laaste ruk oor respek. Seker maar omdat respek so dun gesaai is in ʼn samelewing, waar ons daagliks gekonfronteer word met erge misdaad, korrupsie, lippetaal sonder konstruktiewe optrede, rassehaat, xenofobie en nog meer as wat enige mens kan verduur. Volg maar net die skokkende getuienis voor die Zondo-kommissie en dit is genoeg om enige gevoelens van respek te blus.
Liezel Lüneburg
Feb 23, 2021


Jazz en Vonke
Lank gelede het ek Sondae tydens middagete in ʼn hotel by die see klavier gespeel. Ek kon nooit lekker uitvind of ek die mense rustig gemaak het en of ek hulle vinniger laat eet het nie. Maar een ding het ek oor foute agter die klawers geleer: As jy ʼn fout maak, herhaal dit ʼn paar keer. Dan noem jy dit “jazz”.
Siegfried Louw
Feb 9, 2021


Gelukkige Nuwe Jaar
Ag, ek is so lief vir ABBA se musiek. Vanaand, terwyl ek hier in Desember skryf, dink ek oor die jaar wat verby is. Ons almal het soos gewoonlik uitgesien na die nuwe jaar en die beloftes wat dit inhou. Met Nuwejaarsdag het ons almal die mooiste wense vir ons familie en vriende uitgespreek.Ons sou dalk selfs na ABBA se liedjie “Happy new year” geluister het.
Marietjie Joubert
Jan 26, 2021


2020: Lesse vir die toekoms
“Life is difficult.” So begin dr. M. Scott Peck, ‘n psigiater, sy boek, The road less travelled. Ek dink almal van ons kan na 2020 sê dat die lewe inderdaad moeilik is. Ons is almal geraak deur Covid 19. Almal van ons het die inperking beleef. Sommige mense het dalk hul werk verloor en ander se salaris is dalk dramaties gesny. Party van ons het geliefdes aan die dood afgestaan. Sommiges was vir lank afgesny van hul geliefdes, wat ver woon.
Helena Smith
Jan 12, 2021
![Wat Tenet ons oor Kersfees leer [Spoiler alert!]](https://static.wixstatic.com/media/nsplsh_47697657744f6747794159~mv2_d_6000_4000_s_4_2.jpg/v1/fill/w_443,h_250,fp_0.50_0.50,q_30,blur_30,enc_avif,quality_auto/nsplsh_47697657744f6747794159~mv2_d_6000_4000_s_4_2.webp)
![Wat Tenet ons oor Kersfees leer [Spoiler alert!]](https://static.wixstatic.com/media/nsplsh_47697657744f6747794159~mv2_d_6000_4000_s_4_2.jpg/v1/fill/w_310,h_175,fp_0.50_0.50,q_90,enc_avif,quality_auto/nsplsh_47697657744f6747794159~mv2_d_6000_4000_s_4_2.webp)
Wat Tenet ons oor Kersfees leer [Spoiler alert!]
Christopher Nolan se nuutste fliek, Tenet, het mense aan die gons. Soos met sy ander flieks, durf jy dit nie waag om die fliek te onderbreek vir ʼn glasie water nie. Elke oomblik tel, as jy die legkaart teen die einde wil verstaan.
Siegfried Louw
Dec 15, 2020


Waarheid of nie?
As ‘n onskuldige klein dogtertjie het ek een middag vir my ma ‘n leuen vertel. Ek het heerlik by maatjies gaan speel en heeltemal van die tyd vergeet. Dit was in veilige tye -dit was nie die probleem nie. Ek het gejok oor waar ek gaan speel het. Toe my ma my uiteindelik opspoor en my by die verkeerde dam se eende vind, was daar groot moeilikheid. Ek onthou hoe ek die aand op my bed gesit en gebid het dat my ma nooit weer so vreeslik kwaad vir my moet wees nie. Ek vra toe vir
Marietjie Joubert
Dec 1, 2020


Volumeknoppie
Ek het gehoor van ʼn spreker wat in sy toespraak vir homself by een plek ʼn kantaantekening gemaak het: “Swak argument. Praat harder”. Verloor is vir niemand lekker nie. Of dit jou sportspan of die party is waarvoor jy gestem het, wen is net altyd lekkerder. Ons voel natuurlik dieselfde oor ʼn argument. Wie het nou lus om verkeerd bewys te word, wanneer jy ʼn argument verloor? Voeg ʼn skeut adrenalien by ʼn lewendige argument en die volumeknoppie van die gesprek word gou-gou oopged
Siegfried Louw
Nov 17, 2020


Die wedloop van die lewe
Tydens die grendeltydperk was ek een van daardie mal mense wat elke dag in die tuin geoefen het. Dit het begin met ‘n bietjie draf en dan ‘n bietjie stap. Later kon ek vir ongeveer ‘n uur lank stadig draf. Ek bedoel STADIG, want, glo my, ek is geen Olimpiese atleet nie.
Helena Smith
Nov 3, 2020


Goeie Bedoelings
Ek dink deesdae baie aan my oorlede moeder. Sy was ‘n yster in my lewe. Haar storie en hoe sy ons grootgemaak het, beslaan ‘n groot deel van
Ivor Swartz
Oct 20, 2020


Van vervelig na opwindend
In 'n Australiese studie lees ek dat die gemiddelde mamma 228 vrae op 'n dag beantwoord. Kinders vra vrae. Hulle wil weet en leer. Vierjarige dogtertjies vra die meeste vrae, ongeveer 390 per dag. Mammas moet bronne van inligting wees en moet al die vrae kan beantwoord.
Marietjie Joubert
Oct 6, 2020


Wankel
Die water uit my bottel proe soet. Ek los my fiets teen die witkaree sodat die asem makliker kan terugkeer. Met die volgende watersluk gewaar ek die ou man oorkant die pad. Hy betree ʼn houtleer. So een plankie op ʼn slag, met ʼn ruspose na elke klim. Sy bruin broek is netjies geplooi. Die groen kerkhemp is nie meer oral ewe groen nie en sit ook nie meer oral ewe gemaklik nie. Maar ook die hemp het geen plooi nie.
Siegfried Louw
Sep 22, 2020


Moet nooit moeg word om te bid nie
George Müller (1805 - 1898) was as seun 'n dief en 'n leuenaar wat hom na sy bekering in Engeland as evangelis gevestig het. In Bristol sien hy en sy vrou die nood van weeskinders en vra die Here vir £1,000 en die regte mense om 'n weeshuis te begin. Binne vyf maande is dit voorsien.
Elmarie van der Westhuizen
Sep 16, 2020


My bors brand
Ons almal ken daai gevoel wanneer jy te nagekom word en jy kan min daaraan doen, of wanneer iemand jou aanvat in die openbaar, of wanneer jy
Ivor Swartz
Sep 8, 2020


Vriendskap
Ons leef in vreemde tye. Die Korona virus het ons lewens omgekeer. Ons worstel met verlange na baie dinge. Vir party is dit ‘n ou wyntjie of ‘n koue bier om die braaivleisvuur. Vir ander is dit die verlange na geliefdes, kinders of ouers. Een ding is egter gemeenskaplik. Ons verlang na ons vriende. In Eksodus 33 praat die Here met Moses. Hulle praat van aangesig tot aangesig soos vriende. Moses het nie die Here se gesig gesien nie. God het Moses egter so hoog aangeslaan as Sy
Marietjie Joubert
Aug 25, 2020


Sywurms
“Nee, Pappa, ek soek meer van die kleiner blare,” beduie sy met haar wysvingertjie. Ek het self gereken dat die groter blare beter is, maar Wysvingertjie weet duidelik beter. Haar pa skud sy kop en begin eerder nader aan die takke se punte pluk. “Hulle is sagter en sappiger vir die wurmpies,” verduidelik sy blinkoog vir my. Die kuiltjie in haar linkerwang duik op. “Hulle los heeltemal op in die kokon,” giggel sy.
Siegfried Louw
Aug 11, 2020
bottom of page
