top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


2023: Staan op!
Dr Koos Greeff, ’n tentmaker predikant by die NG Gemeente, Vredenburg, het onlangs, soos net hy kan, uit Esegiël 1 en 2 gepreek en my brein
Liezel Lüneburg
Dec 27, 2022


Hoeveel onse in jou pond?
“Hoeveel onse is daar in jou pond?” Dit is die vraag wat my ma gewoonlik vir my gevra het wanneer ek besluit het ons behoort iets te doen. My kinders verstaan nog minder van onse en ponde as ek, so hulle het die vraag vereenvoudig: “Wie almal?”
Siegfried Louw
Dec 13, 2022


Kersfees
Elke jaar as die Kersversierings en groot Kersbome in die winkels verskyn, raak ek opgewonde. Ek hou van Kersfees. Dit is ‘n besondere tyd van die jaar. Die kleure is warm en uitnodigend, dis bekend en maak jou hart sommer warm. Hier in Afrika, waar ons ‘n somerkersfees hou, is dit so ‘n bietjie anders as in die noordelike halfrond. Ons beplan volgens die weer en ons spyskaarte verskil dalk, maar ons is lief om ook die feesdag voluit te vier.
Marietjie Joubert
Nov 29, 2022


Vasbyt … amper daar!
Groot was my verbasing toe ek aan die begin van Oktober sien dat winkelsentrums reeds Kersfeesversierings het. Toe die skole ‘n week later begin en ons tydens ‘n personeelvergadering hoor wat alles tydens die vierde kwartaal moet gebeur, het ek dadelik angstig geraak. Ek dink hierdie tyd van die jaar is almal gespanne oor wat nog moet gebeur. Ons is oormoeg of dalk uitgebrand, omdat die jaar so vinnig tot ‘n einde haas. Net toe ek goed moedeloos was oor alles wat nog moet vo
Helena Smith
Nov 15, 2022


ESKOM bring nie die lig nie
Suid-Afrika is vanaf Januarie 2022 tot en met die begin van Oktober reeds met 1 949 ure beurtkrag, wat oor 81 dae gestrek het, lamgelê. Dit is skrikwekkend en mense is nie net kwaad nie, maar ook doodsbenoud – die voorspelling vir 2023 lyk selfs erger en permanente donkerte lyk nou nie meer so onwaarskynlik nie.
Liezel Lüneburg
Nov 1, 2022


Drie hallo’s
Drie klein kinders het my in een enkele week met hulle spontaneïteit oorrompel. Dit gebeur in presies dieselfde week waartydens ek moeg en moedeloos voel oor die agterdog tussen verskillende groepe mense in ons land. Ek het begin leer om maar net voor my te kyk en te maak of ek niks en niemand sien nie.
Siegfried Louw
Oct 18, 2022


Lente
So met die lente in die lug en die bietjie somerhitte, wat ons beleef, voel dit altyd dié tyd van die jaar dat ek vir soveel dinge wil dankie sê. Ek is glad nie ‘n wintermens nie. Ek hiberneer, sit onder ‘n kombers, is onaktief, doen net wat ek moet doen en hoop die res sal sommer self gedoen word. Die oomblik wat die bome begin bot en die helder groen blare verskyn, voel dit asof daar skille van my lyf afval. Ek ontwaak so saam met die lente. Ek ontvries.
Marietjie Joubert
Oct 4, 2022


Deur watter bril kyk jy na jouself en ander?
Tydens ‘n onlangse vakansie pak ek my sak langs my swembadstoel en sien ‘n lens van ‘n sonbril op die stoel lê. Ek sê vir my man: “Siestog, iemand se sonbril se lens het uitgeval.” Hy reageer toe deur vir my te sê dat ek my sonbril moet afhaal en daarna kyk. Groot was my verrassing toe ek sien dat ek net een lens in my sonbril het. Ek weet glad nie vir hoe lank ek so deur die een sonbrillens gekyk het nie!
Helena Smith
Sep 20, 2022


'n Boodskap aan moedelose moeders
Opvoeder en dissiplineerder, kok, taxibestuurder, versorger, sieketrooster, dokter en verpleegster, kreatiewe ontwerper van skooltake, toespraakskrywer, helper met huiswerk, geestelike ondersteuner en biegmoeder, bewaarder van goeie sedes, bidder en, in baie gevalle, broodwinner. Blykbaar gaan ’n ma, wat twee seuns grootgemaak het, reguit hemel toe en in die geval van enigiets meer as twee, gaan die bure aan alkante saam. Ek sou wel “seuns” met “kinders” vervang, want om ʼn do
Liezel Lüneburg
Sep 6, 2022


Mrs. Harris Goes to Paris (“Spoiler alert”)
In Mrs. Harris Goes to Paris (2022) is daar ʼn oomblik wanneer die fliek twee bekende landmerke in Frankryk vir ons wys. Die een is die Eiffel-toring, wat seker die bekendste konstruksie in Parys is. Die ander gebou is die Sacré Coeur, ʼn kerkgebou op een van die hoogste plekke in die stad.
Siegfried Louw
Aug 23, 2022


Swak keuses wat jou naam skade doen
As Christen word ‘n mens soms onder ‘n vergrootglas dopgehou. Elke ding wat jy doen, word gesien en bespreek. Hierdie besprekings gaan definitief nie oor hoe oulik jy as Christen optree nie. Jy word aan flarde geskeur en nog geskop vir die doodskoot ook. Kortom, jou dade en optrede word dopgehou. Die slegte is dat ons verkeerde keuses maak en dan dra ons die gevolge van ons dade.
Marietjie Joubert
Aug 9, 2022


Aanbidding: Wie of wat?
Een deel van ‘n kerkdiens, wat vir my heerlik is, is die lofprysing en aanbidding. Ek sing hartlik saam en geniet die kalmte en rustigheid, wat dit vir my bring. Nadat ek onlangs die boek, “The air I breathe”, van Louie Giglio gelees het, het ek agtergekom dat ek nie regtig geweet het waaroor lofprysing en aanbidding regtig gaan nie. Ek het agtergekom dat lofprysing en aanbidding nie net net tot die kerk beperk is nie, maar dat ek ‘n lewe van aanbidding moet lei.
Helena Smith
Jul 26, 2022


“Bevoorregting”: Polities verkeerd
Ek is bevoorreg. Tot so ʼn mate dat ek elke slag, as ek iemand in ellendige omstandighede sien, met groot hartseer skuldig voel: Die gogo met vier Pick ‘n Pay-sakkies in haar hande en ʼn huilende baba op die rug; die gryskop madala, wat op twee afgeleefde krukke aansukkel, twee kilometer van die staatshospitaal af; die leerder, wat met ʼn kortbroek aan en sonder ʼn baadjie in sig, deur die dik, wit ryp skool toe stap; en die magdom mense wat elke middag vir die bus staan en wag,
Liezel Lüneburg
Jul 12, 2022


Selfs wanneer jy nie kyk nie
Dit neem lank voordat ek hom gewaar. ʼn Mens kyk nou nie juis kniehoogte in ʼn skare in, met die verwagting om iets sinvol te sien nie. Die tienergroepe en hulle leiers is vrolik. Hulle drom rondom die nagmaaltafel saam om hulle sap en broodjies te kry. Dit is die einde van die kwartaal en dit is hoog tyd vir hierdie kuiernagmaal. Groepleiers maak seker elkeen kry ʼn glasie en ʼn stukkie droë brood. Lofprysingsmusiek speel in die agtergrond. Die gewemel rondom die tafel kry nie e
Siegfried Louw
Jun 28, 2022


Gebed
Gebed is om ten diepste ‘n verhouding met God te hê. Wanneer ‘n mens in ‘n verhouding staan met iemand, praat jy gereeld, jy luister na daardie persoon, jy vertrou die persoon en jy deel dinge met hom of haar. Elke persoon beleef sy of haar gebedslewe op verskillende maniere. Party mense bid in die oggend. Ander verkies stiltetyd in die aand. Sommige mense kan nie lank bid nie en bid verskeie kere kort deur die dag. Dit maak nie saak hoe jy dit aanpak nie, die geheim is net d
Marietjie Joubert
Jun 14, 2022


Jy is deel van God se storie
Vir baie lank het ek geworstel met die vraag: wat is God se doel met my lewe? Waar pas ek by God se storie in? Ek was ‘n vrou, ‘n ma, ‘n onderwyseres en vriendin, maar soms het dit gevoel asof ek nog iets moes doen om my lewensdoel te vervul. Toe kom wys God my dat alles eintlik so eenvoudig is, dat ek in my daaglikse handel en wandel my doel kan uitleef.
Helena Smith
May 31, 2022


Rassisme: Kaktus in die vrugteslaai
Daar is min dinge so lekker soos vrugteslaai: Mango, papaja, spanspek, kersies, bloubessies, macadamianeute en mintblare, bedruip in tropiese vrugtesap. Voeg nou ʼn paar kaktusse by en meng dit goed en die sappige, stroopsoet vrugteslaai verander in ʼn oneetbare spul op die komposhoop…
Liezel Lüneburg
May 17, 2022


Eerste Ervarings
Nie alle eerstes is lekker nie. ʼn Eerste see-vakansie, valskermsprong, halfmarathon of musiekkonsert is gewoonlik lekker. Of om jou eie eerste motor vir die eerste keer te bestuur. Natuurlik is dit ook lekker om vir die eerste keer op jou eie die paaie in te vaar nadat jy jou bestuurslisensie gekry het.
Siegfried Louw
May 3, 2022


Van swaarkry na vreugde
Soms loop die lewe vreemde draaie. ‘n Mens verstaan nie altyd hoekom nie. Die enigste ding waarvan ek seker kan wees, is dat Jesus Christus my redder is. Wanneer jy voor ‘n geliefde se siekbed staan, worstel jy soms met moeilike vrae. Hierdie vrae het nie noodwendig antwoorde nie. Ek het tot die slotsom gekom dat ek dit nie moet vra nie. Hierdie gewaarwording het toe vir my vrede gegee. Wat help dit ek vra vrae wat nie antwoorde het nie? Dit veroorsaak net meer vrae en bring
Marietjie Joubert
Apr 19, 2022


Ek kry arms vol krag by God
“Africa is a tough country,” sê een van my skoonseuns spelenderwys vir sy eenjarige dogtertjie, wat pas begin loop het, as sy struikel en val. Ons kan daaroor lag, maar die waarheid is dat die lewe “tough” en moeilik is. Op hierdie oomblik is Rusland besig om die Oekraïne binne te val, petrolpryse styg, werk is skaars en mense kry emosioneel swaar. Rondom my is daar baie mense, wat sonder hoop is. Teen my spieël is ‘n bordjie wat sê: “Hope is the only thing stronger than fear
Helena Smith
Apr 5, 2022


Moet ’n Christen nuus lees?
Die afgelope ruk hoor ek hoe al meer mense verklaar dat hulle nie meer nuus lees of kyk nie, want dit maak hulle net depressief, moedeloos en angstig. ʼn Predikant het selfs so ʼn ruk gelede gevra of ek hom sal inlig oor aktuele sake waaroor daar gepreek moet word, want hy lees nie meer nuus nie en weet nie mooi wat aangaan nie.
Liezel Lüneburg
Mar 22, 2022
bottom of page
