top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!
Die Here werk anders as aardse bouers. As Hy die dag die tender op jou lewe uitgereik het om daar te kom bou en die tender ook aanvaar, dan kan jy maar weet: Hy verskuif nooit weer nie! Die Here werk lewenslank aan elke aardse bouperseel van Hom. Nooit hou Hy op om te beitel aan jou lewe nie, ook nie aan ander Christene s’n, waar Hy reeds werkspersele ingerig het nie. Op elke gelowige se aardse bouperseel is daar ‘n permanente hemelse bouprojek aan die gang. Nuwe geestelike k
Stephan Joubert
Jan 15, 2021


Die tweede hemelse Spesialis
Hier’s ‘n tweede stukkie goeie nuus, saam met verlede week s’n dat Jesus ons op die markplein van die sonde kom koop het. Dit is dat, nadat Hy ons gekoop het, Hy ons dadelik oorgegee het in die hande van die spesialisnuutmaker binne die Drie-eenheid - die Heilige Gees.
Stephan Joubert
Jan 8, 2021


Gekoop!
Paulus gebruik ‘n aantal aangrypende beelde oor Jesus en die Gees se werk in 1 Korinthiërs 6:18 - 20. Hy sê eerstens in vers 20 dat ons gekooptes is. Ons behoort nie langer aan onsself nie. Dis presies wat dit beteken as jy iets vir jouself gekoop het, nie waar nie? Dan is daardie item die eiendom van jouself as die nuwe eienaar. Nou ja, Jesus het ons op ‘n dag op die markplein van die sonde raakgeloop, toe ons bankrot in ons eie sondes daar uitgehang het. Toe het Hy ons met
Stephan Joubert
Jan 1, 2021


Al timmerend!
N. P. van Wyk Louw het iewers ’n aangrypende gedig oor ’n beiteltjie geskryf. Hierin vertel hy van ‘n klein beiteltjie wat aan ’n groot rots kap. Aanvanklik lyk dit nie asof die beiteltjie hond haaraf met die stuk klip gaan maak nie. Dan, uit die bloute, breek dit in duisende stukke. Ongesiens het die aanhoudende gekap van die beitel sy werk gedoen. Die Heilige Gees werk ook so. Hy kap dikwels stilweg, maar aanhoudend in mense se lewens.
Stephan Joubert
Dec 25, 2020


Op die Gees se snykant
Ek het ‘n voorneme vir die res van my lewe: om daagliks saam met Paulus uit te roep: “Vir my is om te lewe Christus.” Ek wil hê die evangelie moet my slyp en ek wil op die snykante begin leef. Middelmatigheid moet verbode taal in my woordeskat wees. Ander se vreugde en nood moet my hartklop wees en integriteit voor God my voltydse passie. Nee, ek wil nie langer “redelik” wees nie, dan is ek maar net “redelik” toegewyd. Radikaal uitverkoop aan die Heer – dis wat van nou af in
Stephan Joubert
Dec 18, 2020


Ook vir eendag
Ja, natuurlik gebeur geloof hier en nou. Ons sit nie ydel in die kerk rond en wag op beter dae nie. Ons is elke dag besig om aan ‘n geestelike nalatenskap te werk, wat of navolgingswaardig is vir hulle rondom ons en hulle wat ná ons kom, of een wat liefs vergeet moet word.
Stephan Joubert
Dec 11, 2020


My geestelike nalatenskap
Watter geestelike erfporsie laat jy na aan almal, wat met jou te doen het? Teveel mense werk hulle morsdood om ‘n aardse erfporsie na te laat, wat slegs met materiële dinge te doen het. Wat laat ons egter na as navolgers van Jesus? Kyk net na die nalatenskap van Petrus en die ander apostels in Handelinge 5. Hulle lewens het getuig dat Christus die Here is. Dit het almal dadelik besiel.
Stephan Joubert
Dec 4, 2020


Maak ‘n verskil van een
Vandag is alweer op ons. Nee, dit het nie uit die bloute op ons afgekom nie. Ons het dit eintlik lankal sien aankom - gister reeds. Gaan dit ‘n opwindende dag wees? Gaan jy vandag die hele dag lank ‘n lewende verskil van een wees, soos Petrus en die ander apostels voor die Joodse Raad? Gaan jy in die Naam van die Here as ‘n een-man-weermag of ‘n een-vrou-weermag aanmeld?
Stephan Joubert
Nov 27, 2020


Dit kos guts om alleen te staan
Petrus se lewe na Pinksterdag was radikaal anders. Hy het dapper in die openbaar opgestaan om oor die Here Jesus te getuig, selfs voor die Joodse Raad! In die teenwoordigheid van al die Joodse leiers vertel hy van Jesus wat gesterf het, maar ook opgewek is. Petrus sê trouens dat hy nie anders kan as om te doen wat hy doen nie, omdat hy meer gehoorsaam aan God as aan mense moet wees. Ware woorde! Ongelukkig leef vele kerklikes hierdie woorde van vers 29 nie elke dag uit nie, w
Stephan Joubert
Nov 20, 2020


Goddelike hulp
Christenskap verander nie jou lewe met die swaai van ‘n towerstaf in ‘n maklike opsie nie. As jy dink dat die Gees se inwoning in jou lewe bedoel is om dit vir jou probleemloos en veilig te maak om die Here te dien, dan mis jy die punt. Dít doen Hy beslis nie. Inteendeel, die Gees gaan jou dalk nog op plekke bring, waar jy nie wil wees nie, soos Petrus en die ander apostels, wat in die tronk beland het, omdat hulle openlik oor Jesus praat.
Stephan Joubert
Nov 13, 2020


Jaloesie is die Gees se vyand
Waar die Gees werk, raak mense magneties. Hulle liefdevolle woorde en Geesgevulde dade gryp ander aan die hart. Hulle nederigheid en opregtheid is magneties. Presies dit het in Jerusalem met die apostels gebeur. Mense van oraloor het begin praat oor die groot dinge, wat hulle in die Here se Naam doen. Ook het hulle gemeente aanhou met groei. Toe gebeur die onvermydelike: jaloesie het sy aaklige kop uitgesteek! Die Joodse Raad het weer kennis geneem van die groot invloed van d
Stephan Joubert
Nov 6, 2020


Bid en gebruik medisyne
Ons bid graag vir groot siektes, soos kanker en hartprobleme, maar vir ‘n kopseer of ‘n maagkramp drink ons sommer ‘n pilletjie en vergeet daarvan. Wat gaan ons maak as die slim mense op ‘n dag medikasie ontwikkel, wat kanker kan klop? Gaan ons dan nog ernstig daarvoor bid? Of gaan ons sommer net die medikasie gebruik en daarvan vergeet, terwyl ons dan weer vir ander “groot” siektes bid?
Stephan Joubert
Oct 30, 2020


Wonders is nie op sigself ‘n doel nie
Een van die belangrikste lesse oor die gawes van die Gees, wat Paulus in 1 Korintiërs 12-14 oor die werk van die Gees vir ons leer, is dat die regte gebruik van die gawes belangriker is as die blote besit daarvan. Dieselfde geld ook vir wonderwerke, soos genesing. Om enige gawe te beoefen sonder om dit tot eer van God en tot voordeel van ander mense te doen, is om dit sleg te misbruik. Wonders is nooit ‘n doel opsigself nie. Jesus se wonderwerke was in die eerste plek die ope
Stephan Joubert
Oct 23, 2020


Wonderwerker-God
‘n Verdelende aspek van die Gees se werk tussen gelowiges in ons hedendaagse lewe is wonderwerke. Party mense maak daarop aanspraak dat hulle bediening propvol buitengewone wonderwerke is, soos spesiale genesings en kragtige werke, terwyl ander weer van mening is dat die Gees se wonders, soos dié waarvan Handelinge vertel, met die apostels se sterwe tot ‘n einde gekom het. Ekstremiste binne die eerste groep ignoreer dikwels mediese behandeling as ‘n teken van ongeloof en ekst
Stephan Joubert
Oct 16, 2020


Moenie ‘n geheime lewe leef nie
Dis verstommend hoeveel mense se geheime lewens deesdae op een of ander manier op die lappe kom. Jy kan nie die TV of radio aanskakel nie, of jy hoor van een of ander persoon wat vir dekades bedrog gepleeg het, of van een of ander indiwidu, wat jare lank seksuele oortredings gepleeg het. Hoe is dit moontlik dat mense lank met twee lewens kan wegkom? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat jy dit nie met God moet probeer nie. Hy laat dit nie toe nie!
Stephan Joubert
Oct 9, 2020


Die naakte waarheid
Het jy ook al van “die naakte waarheid” gehoor? Interessante uitdrukking, of hoe? Dis seker omdat leuens altyd klere aanhet. Of dalk omdat halwe waarhede graag met pantoffels rondloop. Ook omdat wit leuentjies toe al die tyd pikswart is. In elk geval, die waarheid hoef nooit opgetooi te word nie. Dit kan helder lig hanteer. Dit steek nooit iets weg nie. Waarheid is oop en bloot, sigbaar, deursigtig, want dit word deur die Gees gedra en bevestig.
Stephan Joubert
Oct 2, 2020


Praat waarheid
Ons is soms te sag op die waarheid. Ons skroom nie om leuens te vertel om ons uit verknorsings te kry nie. Wanneer ons vergeet om iets vir iemand te doen, dan sê ons maklik iets soos: “ek het jou in die hande probeer kry, maar jy was nooit tuis nie.” As ons onverwags in iemand vasloop wat ons nie eintlik wil sien nie, raak ons woorde kwyt soos: “Ek dink baie aan jou.” Is dit die waarheid? Of dalk ‘n noodleuen? Wel, feit is, daar is nie iets soos noodleuens nie, dis als net le
Stephan Joubert
Sep 25, 2020


Liefde versus naakte vrees- ken jy die verskil?
Waar die Gees aan die werk is, raak mense regtig vry. Dis trouens een van die kenmerke van sy werk dat Hy mense van kop tot tone vrymaak om God lief te hê. Wanneer slaafse godsdiens egter nog die oorhand het, verander mense in oordeelsaankondigers. Hulle sien gewoonlik God se straf om elke hoek en draai. In sulke kontekste triomfeer sondesnuffelaars en kenners van al die nuutste oordele wat God binnekort gaan losgelaat het op almal wat nie na Hom luister nie. Daar is predikin
Stephan Joubert
Sep 18, 2020


Die regte soort respek gevra
Nadat Annanias en Safira tragies gesterf het, het daar ‘n groot eerbied vir die Here oor die Jerusalemgemeente neergedaal. Ja, dit is belangrik om respek vir God te hê. Hy is heilig. Sy Gees onderstreep dit in ons lewens elke dag. Maar eerbied beteken nie naakte vrees nie. Eerbied is gelyk aan respek en agting. Vrees wat nie met liefde gepaard gaan nie, is die verkeerde soort vrees. Om vir God bang te wees bloot net om sy straf te ontsnap, is die verkeerde rede om Hom te dien
Stephan Joubert
Sep 11, 2020


Respek vir die Here - het jy dit?
Nee, geloof is nie iets wat ek net in my vryetyd beoefen nie. Ek doen nie net Christenskap wanneer ek die dag daarna voel nie. My lewe is voltyds die Here se eiendom. Daar is geen middelgrond nie. Die Here duld nie ‘n halfgebakte 50/50 geloof waar ek die helfte van die tyd doen wat God sê en die ander helfte doen wat ekself wil nie.
Stephan Joubert
Sep 4, 2020


Geen lisensie vir droogmaak nie
Die feit dat die Gees van die Here geloof in my werk en my elke keer kom opsoek as ek die spoor byster raak, gee nie aan my ‘n lisensie om in die sonde rond te lê nie. Glad nie. Ek is die Here se permanente eiendom. En sy eiendom leef nooit soos die opposisie nie. Ons klere is immers gewas in die bloed van die Lam, soos wat Openbaring 7 sê. Ons is duur gekoop en die prys is klaar betaal. Daarom moet ons God verheerlik in elke daad, woord en gedagte.
Stephan Joubert
Aug 28, 2020
bottom of page
