top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hou op om die probleem te wees
Wat sou jy antwoord as iemand jou vra: “Wat is verkeerd met die wêreld vandag?” ’n Engelse koerant het blykbaar aan die begin van die vorige eeu ’n vraelys na ’n paar bekende outeurs uitgestuur. Hulle moes net hierdie een vraag beantwoord: “What’s wrong with the world today?”
Stephan Joubert
Jun 28, 2021


Wanneer het jy genoeg op jou naam?
So, wanneer is genoeg genoeg? Volgens die meeste mense op aarde is genoeg altyd meer as dit wat hulle tans op hulle eie naam het. Dit maak nie saak of hulle brandarm of skatryk is nie - hulle wil altyd meer hê as wat hulle tans het. Dis geen wonder nie dat Prediker 5 sê daardie mens vir wie geld alles is, nooit genoeg het nie. Net nog so ’n bietjie ekstra, dan sal hulle gelukkig wees. Of sommer nog baie ekstra! Dit is hoekom selfs die rykste mense op aarde ook nie aldag tevre
Stephan Joubert
Jun 24, 2021


“Die oom bid my hamburger koud”
“Pappa, die oom bid my hamburger koud!” Dit was een dogtertjie se woorde tydens ’n lewenslange gebed van een van die grootmense net voor ’n ete. Toe was daar omtrent konsternasie. Van sulke lang gebede gepraat - ek onthou hoedat die bekende prediker, D. L. Moody, een keer ‘n lewenslange bidder onderbreek het. Aan die einde van een van sy dienste het iemand in die gehoor opgestaan en baie lank gebid. Later het Moody toe opgestaan en vir die ander mense gesê dat, terwyl hierdie
Stephan Joubert
Jun 21, 2021


Ek is nie ’n voltydse tekortkommer nie
“Ek het meer as genoeg.” Het jy al ooit gehoor dat iemand dit sê? Die meeste mense het nooit genoeg nie. Ons kort altyd nog iets. Nee wag, ons kort baie! Ons is voltydse tekortkommers. Ons is nie regtig eerlik met onsself, wanneer ons sê Psalm 23 is ons gunsteling psalm nie. Want ons struikel al oor die eerste vers, wat sê: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” Ons kort enigiets vanaf beter werk, meer veiligheid, tot groter geluk… Om nie te praat van ’n beter skool,
Stephan Joubert
Jun 17, 2021


Het Jesus dalk afgetree?
Toe ek een keer in my kinderdae vir my oupa vra wat hy doen, het hy geantwoord: “Nie te veel nie, want ek is met pensioen.” Ek het nie verstaan wat dit beteken nie. Toe verduidelik my oupa vir my dat hy afgetree het. Dadelik vra ek toe vir hom of Jesus ook op pensioen is. Hy wou weet hoekom ek so iets vra. Ek het toe verduidelik dat dominee vir ons vertel het Jesus se werk was afgehandel, nadat Hy aan die kruis gesterf het. “Dit is hoekom Hy nou met pensioen in die hemel moet
Stephan Joubert
Jun 14, 2021


Die Bybel is nie “Die Groot Verseboek vir Godsdienstiges” nie
Die meeste van ons is dwarsdeur die Sondagskool sonder om ooit een Bybelboek baas te raak. Ek onthou ekself moes ’n klompie Bybelverse memoriseer en die stories van Moses, Dawid, Jona en Jesus baasraak. In die belydenisklas is ek geleer van belydenisskrifte en van leerstukke, soos “die doop” en “die uitverkiesing.” Maar nooit het enigiemand my geleer hoe om Genesis, Jeremia, Romeine, Openbaring en die res van die Bybelboeke onder die knie te kry nie.
Stephan Joubert
Jun 10, 2021


Om dapper by die dood verby te stap
Feodor Dostoyevski (1821-1881) was ’n beroemde Russiese skrywer en denker. 23 Desember 1849 was amper die einde van sy lewe. As lid van ‘n vereniging, wie se publikasies die Russiese tsaar bedreig het, is hy ter dood veroordeel. Saam met ander gevangenes sou Dostoyevski in St. Petersburg deur ’n vuurpeleton tereggestel word. Minute voor sy teregstelling het ’n amnestiedokument van die tsaar egter daar opgedaag en sy lewe is gespaar. Kort hierna skryf Dostoyevski ’n brief vir
Stephan Joubert
Jun 7, 2021


Informasie is nog lank nie wysheid nie
“Wat is die doel van die lewe?” vra iemand in ‘n fliek. “Ek weet nie, maar Google dit gou, dan het jy die antwoord,” hoor hy toe by sy vriend. Inderdaad het die internet almal se kits-antwoordverskaffer geword. Dit is ons buitebrein, ons “outboard brain”, soos wat iemand skryf. “Vir wat moet ons so baie feite onthou? Ons kort net wifi, dan is al die antwoorde binne ons bereik,” reken ’n ander skrywer. Wel, daar is een groot probleem hiermee - informasie is nog lank nie wyshei
Stephan Joubert
Jun 3, 2021


Moenie volgorde met rangorde verwar, wanneer liefde ter sprake is nie
Die Nuwe Testament verskaf nie ‘n lys van wie ons moet liefhê en wie ons mag haat nie. Dit is net mooi andersom. Ons moet almal liefhê: gelowiges en nie-gelowiges, familie en nie-familie, jonk en oud, oulik en minder oulik, vriend en vyand. Maklik? Nee! Maar dit is nooit die vraag in die Bybel nie. Al vraag is of ons dit doen. Ons het nie ’n keuse watter mense meer of minder waarde vir ons het, wanneer dit oor ons geloof gaan nie. 1 Johannes 3 sê ons is leuenaars as ons sê o
Stephan Joubert
May 31, 2021


Jou familie kyk vir jou
“Don’t worry that children never listen to you; worry that they are always watching you.” Hierdie woorde van Robert Fulghum is tydloos waar. Ouers is altyd lewende preke vir hulle kinders - goed of sleg. Uiteraard wil alle ouers, wat op die Here se pad leef, graag goeie voorbeelde vir hulle kinders, kleinkinders en vir die res van die familie wees. Daarom dat sulke ouers gedurig vir hulle kinders leer daar is iets soos reg en verkeerd. Daar is baie ja’s in sulke Godvresende o
Stephan Joubert
May 27, 2021


Ek kort die regte oordeel, God s’n
“Wie is ek om te oordeel?” Dit is ’n gewilde sê-ding op sosiale media en elders. Mense sê dit graag vir mekaar. Beteken hierdie “geen oordeelbeleid” dat jy dus ’n vry hand gee aan almal om te doen wat hulle wil? Geld hierdie “geen oordeelbeleid” byvoorbeeld wanneer ander mense hulle kinders of huwelikmaats verneder en afkraak? Of fisies mishandel? Of as iemand heeltyd vulgêr of rassisties is? Moet jy sulke ding oop-oë miskyk, omdat jy nie wil oordeel nie? Of omdat jyself ook
Stephan Joubert
May 24, 2021


Ken die verskil tussen mense wat swaarkry en voltydse luiaards
“Keeping up appearances” is ’n ou Britse sitcom. Ek onthou een toneeltjie, wat in bykans elke episode afgespeel het, wanneer die seun sy ouers gebel het. Dan was die pa se eerste vraag altyd: “How much does he want?” Dalk weet jy ook hoe dit voel. Party mense ken jou net solank as wat jy vir hulle geld gee. Of as hulle dinge van jou wil hê. Maar as jy daardie kraantjie toedraai, hoor jy skielik dat jy nie meer omgee nie.
Stephan Joubert
May 20, 2021


Een van Jesus se lewende tekste
In haar boek: “Oranges are not the only fruit” skryf Jeanette Winterson: “The trick is to turn your own life into something that has meaning for people whose experience is nothing like your own.” So moet ons as navolgers van die Here vir Hom leef. Ons lewe moet ’n leesbare verhaal wees in die teenwoordigheid van mense, wat dieselfde én anders as onsself leef en glo. So by so is ons elkeen se lewe ’n oop boek. Ander mense lees ons gedurig. En ons lees hulle. Van ons kant af mo
Stephan Joubert
May 17, 2021


"Goed dankie" is nie altyd genoeg nie
Goed, dankie.” Hierdie twee woorde volg altyd op daardie standaardvraag: “Hoe gaan dit?” Maar wag net dertig sekondes of so, dan hoor jy die volle waarheid. Dan volg die normale sarsie klagtes en skete van diegene met wie dit so “goed, dankie” gaan. Dalk is dit die rede hoekom party mense dikwels ’n tweede keer vir jou vra: “Sê my, hoe gaan dit regtig met jou?” Wat antwoord ‘n mens dan? Jy wil tog nie heeltyd met jou hart op jou mou rondloop nie. Jy wil nie elke slag jou diep
Stephan Joubert
May 13, 2021


Gee al die spasie vir die hemelse Binnehuisversierder
Dit was die skrywer Franz Kafka, wat gesê het ’n goeie boek moet soos ’n byl wees om daardie bevrore oseaan binne-in ons elkeen oop te breek. Op sy beurt skryf Paulus in 2 Korintiërs 3:2-3 dat dit God se Gees is wat ons harde harte verander en oopbreek. Hy doen dit wanneer Hyself ons harte as Sy nuwe skryfpapier gebruik. Die Gees skryf nie meer op harde klip, soos daar in Moses se dae toe die wet nog op kliptafels was nie. Hy skryf hier binne-in ons. Met die Woord as Sy rigsn
Stephan Joubert
May 10, 2021


Staan jy in jou eie pad?
Partykeer is jyself jou eie grootste vyand en kritikus. Jy ooranaliseer alles wat jy doen. Jy is net nooit tevrede met dit wat jy sien nie. Jy kom net nooit oor jou eie dwarslat nie. Jy dink nooit jy is slim genoeg, oulik genoeg, of wat ook al genoeg nie. Die feit bly staan, dit is nie goed om so ’n vlymskerp kyk na jouself te hê nie. Aan die ander kant is dit ook nie goed om traak-my-nie-agtig te leef nie.
Stephan Joubert
May 6, 2021


Hoe moet ons dit verstaan dat Jesus “na drie dae” opgestaan het uit die dood?
In Matteus 12 sê Jesus vir ’n klomp godsdienstige leiers, wat wondertekens van Hom vra, dat Hyself drie dae en drie nagte in die aarde se hart sal wees. Baie mense gebruik vandag hierdie woorde om die tydperk van die kruisiging en opstanding anders te bereken as hoe die Nuwe Testament dit doen. Hulle kom na vore met nuwe dae, waarop sowel die kruisiging as die opstanding plaasgevind het. Groot fout! Markus 15:42 beskryf die dag, waarop Jesus gekruisig is, glashelder in Grieks
Stephan Joubert
May 3, 2021


In die Here se nabyheid gee die spoke pad
‘n Vrou het een keer vir die Engelse digter, Samuel Taylor Coleridge, gevra of hy in spoke glo. Toe antwoord hy so ewe: “With truth and simplicity – no, madam. I have seen far too many myself.” Dit herinner my vir ’n oomblik ook aan die dissipels se reaksie in Matteus 14. Terwyl hulle in die middel van die nag in ’n storm op die See van Galilea vasgekeer is, kom Jesus op die water na hulle toe aangeloop. Hulle verwar Hom egter met een of ander spookagtige figuur uit die onder
Stephan Joubert
Apr 29, 2021


God kyk ons raak
Ander mense se oë is altyd op ons. Of ons in ‘n tou staan by die winkel en of ons in ‘n geselskap sit - ander sien raak wat ons sê en doen. Ons is altyd binne mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself darem ook nie aan elke liewe kyk te steur nie. As party mense ons uitkyk, of as hulle ons op en af kyk, of as hulle ons middeldeur kyk, of as hulle stukkend kyk, is dit nie nodig om eindelose stres hieroor te hê nie. Anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Apr 26, 2021


Jesus het ons reg ingeëent
Onreinheid het reinheid elke keer uitgestof in die wêreld waarbinne Jesus opgetree het. Onreinheid was uiterlik. Liggaamlike siektes soos melaatsheid, menstruele siektes en ander infeksies het mense outomaties gediskwalifiseer vir deelname aan formele godsdiens. Al was hulle harte so rein soos sneeu, het dit net mooi niks gehelp nie. Enige kontak met heidene en sondaars en enige eet van kos, wat nie aan godsdienstige standaarde voldoen het nie, het mense ook gediskwalifiseer
Stephan Joubert
Apr 22, 2021


Word wyser. Doen dit op die Here se manier
Wysheid kom met die grysheid. So sê die ou spreekwoord. Spreuke 16:31 sê juis dat grys hare soos ’n kosbare kroon is vir mense wat weet hoe om reg te leef. Soms daag grysheid egter alleen op sonder al die nodige wysheid. Party mense word nie mooier ouer nie. Hulle raak sommer net omgesukkeld. Hulle is nukkerig en ongepoets. Hulle sê wat hulle wil, wanneer hulle wil. Hulle skryf venynige briewe in koerante. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid ge
Stephan Joubert
Apr 19, 2021
bottom of page
